Vandag se sportnuus

Rugby

  • Die Rugbykampioenskap word die naweek voortgesit wanneer Suid-Afrika teen Australië speel en Argentinië kom teen Nieu-Seeland te staan. Die Bokke is tans tweede op die punteleer.

1 Nieu-Seeland 16
2 Suid-Afrika 10
3 Argentinië 8
4 Australië 5 

Curriebeker

  • Ná die naweek se wedstryde is die Westelike Provinsie die voorloper op die punteleer.

1 WP 20
2 Sharks 20
3 Bulle 17
4 Leeus 16
5 Pumas 12
6 Griekwas 8
7 Vrystaat 2

Pro14

  • In die Pro14-reeks is die Glasgow Warriors en Leinster die twee voorlopers in onderskeidelik Konferensies A en B. 

Gholf

  • Die 2018-Ryderbeker tussen die spanne van Europa en Amerika begin Donderdag op die Le Golf National in Frankryk. Die VSA kon in 25 jaar nog nie dié titel in Europa wen nie. 
  • Ná die Spelerskampioenskap is Dustin Johnson weer eerste op die wêreldranglys.

1 Dustin Johnson
2 Justin Rose
3 Brooks Koepka
4 Justin Thomas
5 Francesco Molinari
13 Tiger Woods
36 Louis Oosthuizen      
44 Branden Grace
63 Charl Schwartzel 

Krieket

  • Suid-Afrika se vroue het gister in Bridgetown in hul eerste T20-wedstryd teen die Windies gespeel. Die Windies het met 17 lopies geseëvier om die voortou met 1–0 in die reeks van vyf wedstryde te neem. 

Tennis

  • Op die jongste mansranglys is Rafael Nadal van Spanje steeds gemaklik in die eerste plek.
  1. Rafael Nadal (SPA)
  2. Roger Federer (SWI)
  3. Novak Djokovic (SER)
  4. Juan Martin Del Potro (ARG)
  5. Alexander Zverev (DUI)
  6. Marin Cilic (KRO)
  7. Dominic Thiem (OOS)
  8. Grigor Dimitrov (BUL)
  9. Kevin Anderson (RSA) 

Motorwedrenne

  • Die Moto GP van Aragon (die 14de van die seisoen) is die naweek gejaag en Marc Marquez het met sy oorwinning sy voorsprong na 72 punte vergroot.

1 Marc Marquez (Repsol Honda) 246
2 Andrea Dovizioso (Ducati) 174
3 Valentino Rossi (Movistar Yamaha) 159
4 Jorge Lorenzo (Ducati) 130
5 Maverick Vinales (Movistar Yamaha) 130

  • In Moto2 is Suid-Afrika se Brad Binder (KTM) in die derde posisie op die punteleer.

1 Francesco Bagnaia 234
2 Miguel Oliveira 215
3 Brad Binder 144
4 Lorenzo Baldassarri 132
5 Alex Marquez 126 

Padwedlope

  • Irvette van Zyl het gister die Johannesburg-10 km-wedloop gewen nadat sy Sondag ook in die 10 km-wedloop tydens die Kaapstad Marathon geseëvier het. 

Netbal

  • In die Varsity-reeks is ronde sewe gister gespeel.

Tuks 87–46 UWC (Pta)
UJ 53–23 VUT Netball (Jhb)
Madibaz 46–36 Maties (PE)
Kovsies 68–51 Pukke (Bloem) 

Sokker

  • In die plaaslike Premierliga is Orlando Pirates tans die voorloper op die punteleer.

1 Orlando Pirates 14
2 Bidvest Wits 13
3 Kaizer Chiefs 13
4 Bloemfontein Celtic 13
5 SuperSport United 12

  • In die Engelse Premierliga is Liverpool ná ses wedstryde die voorloper.

1 Liverpool 18
2 Manchester City 16
3 Chelsea 16
4 Watford 13
5 Tottenham Hotspur 12
6 Arsenal 12

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.