Vandag se sportnuus

sportnuus-attoohSewesrugby

Die Blitsbokke was in aksie in die vyfde been van die Wêreldreeks in Las Vegas.

In die groepfase het die Blitsbokke al drie hul wedstryde gewen. In hul kwarteindstryd teen Australië het hulle ook geseëvier met 17-14. In die halfeindstryd teen die VSA was die Blitsbokke baas met 20-17. Die eindstryd teen Fidji is ook gewen met ʼn telling van 19-12. Daarmee het die Blitsbokke drie toernooie in ʼn ry gewen. Die VSA het derde geëindig en Nieu-Seeland vierde.

Superrugby

Nege Superrugby-wedstryde is die afgelope naweek gespeel.

sport1

Varsitybeker

Vandag se bepalings lyk so:

sport2 

Internasionale krieket

Die Proteas en Nieu-Seeland het in Auckland in die vyfde en finale eendagkragmeting van die reeks teen mekaar gespeel. Die Proteas het gemaklik met ses paaltjies gewen en die reeks met 3-2 gewen.

Nieu-Seeland 149 (41.1/50 bb)

Suid-Afrika 150/4 (32.2/50 bb)

Die eerste toets tussen die twee lande begin komende Woensdag.

Die tweede toets tussen Indië en Australië word in Bengaluru gespeel. Ná die tweede dag het sake só gestaan:

Indië 189

Australië 237/6 (106 ov)

Die tweede eendagwedstryd tussen die Wes Indiese Eilande en Engeland is in Antigua gespeel.

Windies 225 (47.5/50 bb)

Engeland 226/6 (48.2/50 bb)

Engeland wen met 4 paaltjies (10 balle oor)

Plaaslike krieket

Gister is twee wedstryde in die Momentum-eendagreeks gespeel:

Johannesburg

Lions 294/4 (49.5 bb)

Knights 234/9 (49 bb, teiken: 294)

Lions wen met 59 lopies (D/L metode)

Oos-Londen

Titans 324/6 (50 bb)

Warriors 289 (46.4/50 bb)

Titans wen met 35 lopies

Hokkie

Op Hartleyvale in Kaapstad het Suid-Afrika se manshokkiespan gister teen Duitsland in die somerreeks gespeel en het met 7-2 verloor. Ons speel vanaand om 18:00 teen Engeland in ons derde wedstryd van die reeks.

Gholf

Die Tshwane Ope-kampioenskap is by die Pretoria Buiteklub afgehandel.

sport3

In die VSA is die Mexikaanse kampioenskap ook iets van die verlede.

sport4

Tennis

By die Dubai Ope-tenniskampioenskap het die eerste gekeurde Andy Murray in die eindstryd met Fernando Verdasco afgereken deur hom met 6-3 en 6-2 te klop.

Sokker

Suid-Afrika het sy plek in die halfeindronde van die o.20-Afrika Nasiesbeker bespreek en ook in die o.20 FIFA Wêreldbeker bepreek ná ʼn 3-1 oorwinning oor Soedan.

Van die uitslae in die Engelse Premierliga:

Tottenham Hotspur    3 – 2     Everton

Liverpool                     3 – 1     Arsenal

In die plaaslike Premierliga was dit ʼn besige naweek en gister se uitslae lyk só:

Polokwane City           0 – 0     Baroka FC

Free State Stars          0 – 1     Highlands Park

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.