Vandag se sportnuus

Rugby

  • Twee wedstryde word dié naweek in die Rugbykampioenskap gespeel.

Saterdag

Suid-Afrika 17:05 Australië (Nelson Mandelabaai-stadion)

Sondag

Argentinië 00:40 Nieu-Seeland

Curriebeker

  • Net een wedstryd word die naweek in die Curriebeker-reeks afgehandel. Saterdag om 14:00 speel die Westelike Provinsie teen die Sharks op Nuweland in Kaapstad.

Pro14

  • Albei Suid-Afrikaanse spanne is die naweek in die buiteland in aksie.

Vrydag

Cardiff Blues 20:35 Cheetahs

Saterdag

Llanelli Scarlets 19:30 Kings

Gholf

  • Alle oë is dié week op die 2018 Ryder-beker gerig wanneer die spanne van Europa en Amerika mekaar in Frankryk pak. Dit sal die 42ste keer wees dat dié toernooi gespeel word. Die VSA is die huidige houers van die trofee. Dié toernooi word net elke twee jaar gespeel. Die VSA kon egter in 25 jaar nog nie die titel in Europa wen nie. Die openingsgeleentheid word môre op die Le Golf National in Frankryk gehou en die eerste wedstryde word Vrydag beslis.
  • Op die plaaslike front word die Sonskynreeks die week voortgesit met die Vodacom-toernooi op St Francis Links. Dié toernooi begin môre en duur tot Saterdag.

Tennis

  • Die Suid-Afrikaner Lloyd Harris het die vyfde gekeurde Gael Monfils op die Chengdu Ope in China geklop. Harris sal nou teen Bernard Tomic te staan kom.

Krieket

  • Suid-Afrika se vroue speel Vrydag in Bridgetown in hul tweede T20-wedstryd teen die Windies. Die Windies het die eerste van vyf wedstryde gewen.
  • Dean Elgar is ingesluit in die Proteas se groep vir die Eendag-reeks teen Zimbabwe. Elgar vervang Hashim Amla wat sukkel met ʼn besering. Die reeks begin Sondag in Kimberley.
  • Die 2018-seisoen se nuwe Vierdag-reeks begin vandag in Suid-Afrika met een wedstryd wat om 10:00 afskop. Die Titans speel teen die Dolphins op SuperSport Park. Farhaan Behardien sal as die kaptein van die Titans uitstap terwyl Keshav Maharaj die leiding neem van die Dolphins se span.

Motorwedrenne

  • Die aandag verskuif die week na die Russiese Formule Een Grand Prix wat Sondag in Sochi gejaag word. Ná die Singapoer Grand Prix (wat die 15de wedren van die seisoen was) is Lewis Hamilton (Mercedes) 40 punte voor Sebastian Vettel (Ferrari).

1 Lewis Hamilton (Mercedes) 281

2 Sebastian Vettel (Ferrari) 241

3 Kimi Raikkonen (Ferrari) 174

4 Valtteri Bottas (Mercedes) 171

5 Max Verstappen (Red Bull) 145

6 Daniel Ricciardo (Red Bull) 128

Kanovaart

  • Die Hansa Visrivier-kanomarathon word aanstaande week afgehandel en die geleentheid sal ook dien as die Nasionale K1-kampioenskap van Suid-Afrika. Die groot gunsteling is Andy Birkett wat onlangs gekroon is as die kampioen op die K1- en K2-Wêreldmarathonkampioenskap.

Netbal

  • Die Varsity-reeks se rondomtalie-ronde is afgehandel en die Kovsies het gemaklik bo aan die punteleer geëindig. Die vier boonste spanne kwalifiseer vir die halfeind op 1 Oktober.

1 Kovsies 31

2 Tuks 26

3 Madibaz 26

4 Maties 24

5 NWU 22

6 UWC 11

7 UJ 7

8 VUT 0

Sokker

  • In die plaaslike Premierliga word daar vanaand een wedstryd gespeel:

Baroka 19:30 Free State Stars.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.