Vandag se sportnuus

Rugby

  • Die Bokke het tweede in vanjaar se Rugbykampioenskap geëindig en was tien punte agter die All Blacks.

1 Nieu-Seeland 25
2 Suid-Afrika 15
3 Australië 9
4 Argentinië 8 

  • Op die wêreldranglys is Suid-Afrika steeds vyfde.

1 Nieu-Seeland 92.96
2 Ierland 90.12
3 Wallis 85.94
4 Engeland 85.68
5 Suid-Afrika 83.52
6 Skotland 83.02
7 Australië 82.86
8 Frankryk 79.10
9 Argentinië 78.01
10 Fidji 76.54 

Curriebeker

  • Die Westelike Provinsie is tans die voorloper op die punteleer.

1 Westelike Provinsie 25
2 Sharks 21
3 Bulle 17
4 Leeus 16
5 Pumas 12
6 Griekwas 8
7 Vrystaat 2

Pro14

  • In Konferensie A is die Glasgow Warriors die voorloper op die punteleer terwyl Leinster die botoon voer in Konferensie B. 

Netbal

  • Die Varsity-reeks se eindstryd is gisteraand in Bloemfontein gespeel.

Kovsies is as die kampioen gekroon nadat die span Tuks met 63-59 getroef het. Dit was die Kovsies se derde oorwinning in ses jaar. 

Gholf

  • Op die jongste wêreldranglys het Suid-Afrika nou net twee spelers in die top-50.

1 Dustin Johnson
2 Justin Rose
3 Brooks Koepka
4 Justin Thomas
5 Rory McIlroy
13 Tiger Woods
36 Louis Oosthuizen
46 Branden Grace 

Tennis

  • Op die jongste ranglys is Rafael Nadal steeds die topspeler in die wêreld.
  1. Rafael Nadal (SPA) 8 260
  2. Roger Federer (SWI) 6 900
  3. Novak Djokovic (SER) 6 445
  4. Juan Martin Del Potro (ARG) 6 130
  5. Alexander Zverev (GER) 4 755
  6. Marin Cilic (CRO) 4 535
  7. Dominic Thiem (AUT) 3 825
  8. Kevin Anderson (RSA) 3 640 

Motorwedrenne

  • Ná die Japannese Formule Een Grand Prix (wat die 17de wedren van die seisoen was) het Lewis Hamilton sy voorsprong na 67 punte vergroot.

1 Lewis Hamilton (Mercedes) 331
2 Sebastian Vettel (Ferrari) 264
3 Valtteri Bottas (Mercedes) 207
4 Kimi Räikkönen (Ferrari) 196
5 Max Verstappen (Red Bull) 173

  • In Moto GP lyk dit of die jaagtog na die wêreldkroon aan Marc Marquez gaan behoort.

1 Marc Marquez (Repsol Honda) 271
2 Andrea Dovizioso (Ducati) 194
3 Valentino Rossi (Movistar Yamaha) 172
4 Maverick Vinales (Movistar Yamaha) 146
5 Jorge Lorenzo (Ducati) 130 

Krieket

  • Australië en Pakistan se tweede dag van hul eerste toets is in Dubai afgehandel.

Pakistan 482
Australië 30/0 

  • Die eerste van drie T20-wedstryde tussen Suid-Afrika en Zimbabwe word vanaand om 18:00 op Buffalo Park in Oos-Londen gespeel. 
  • Die Proteas het die Eendag-reeks teen Zimbabwe gemaklik met 3-0 gewen. Suid-Afrika het onderskeidelik met vyf paaltjies, toe met 140 lopies en daarna met vier paaltjies geseëvier. Kagiso Rabada en Imran Tahir bevind hulle nou onder die toptien op die internasionale Eendag-ranglys vir boulers. 
  • In die Vierdag-reeks is dag een in twee wedstryde afgehandel.
    • Die Dolphins 268 teenoor die Knights se 24/2 (5 bb)
    • Lions 104 teenoor die Kobras se 204/2 (53 bb) 

Sokker

  • In Engeland se Premierliga is daar drie spanne op 20 punte ná agt wedstryde.

1 Manchester City 20
2 Chelsea 20
3 Liverpool 20
4 Arsenal 18
5 Tottenham Hotspur 18

  • In die plaaslike Premierliga is Wits die voorloper.

1 Bidvest Wits 17
2 Orlando Pirates 16
3 Kaizer Chiefs 14
4 SuperSport United 14
5 Bloemfontein Celtic 14
6 Polokwane City 14

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.