Vandag se sportnuus

Krieket

  • Die eerste van drie T20-wedstryde tussen Suid-Afrika en Zimbabwe is gisteraand op Buffalo Park in Oos-Londen gespeel en die Proteas het op ʼn drafstap gewen. Die Proteas het 160/6 aangeteken. Rassie van der Dussen het in sy debuutwedstryd 56 lopies van 44 balle gemoker. Zimbabwe is vir 126 lopies uitgehaal. Imran Tahir was uitstekend met die bal en het vyf paaltjies vir 23 lopies platgetrek. Die Proteas wen met 34 lopies en loop nou met 1-0 voor in dié reeks. 
  • Australië en Pakistan se 3de dag van hul eerste toets is in Dubai afgehandel.

Pakistan 482 en 45/3 (16.2 bb)
Australië 202

Pakistan se voorsprong is 325 lopies met 7 paaltjies staande in hul tweede beurt.

  • Die eendagreeks tussen Sri Lanka en Engeland begin vandag in Dambulla. 
  • In die plaaslike vierdagreeks is dag twee se spel in twee wedstryde afgehandel.
    • Die Dolphins 268 en 48/2 (13 bb) teenoor die Knights se 266.
    • Lions 104 en 11/0 na (5 bb) teenoor die Cobras se 529 

Rugby

  • Ná die Rugbykampioenskap verskuif die aandag nou na die laaste fase van die Curriebeker-reeks. Komende naweek word die laaste rondomtalie-wedstryde gespeel voordat die halfeindfase aanbreek.

Vrydag

Pumas 19:00 Leeus

Die Leeus se skrumskakel, Ross Cronje, het ʼn skoueroperasie ondergaan en sal vir die res van die seisoen op die kantlyn wees.

Saterdag

Griekwas 15:00 Sharks
Bulle 17:15 Westelike Provinsie

  • Intussen is 13 Springbokke vrygestel om Curriebeker‑diens te verrig.

Bulle

Trevor Nyakane
Marco van Staden
Ivan van Zyl
Embrose Papier 

Sharks

Sbu Nkosi 

WP 

Wilco Louw
Bongi Mbonambi
Sikhumbuzo Notshe
Damian Willemse
Ruhan Nel 

Leeus

Elton Jantjies
Lionel Mapoe
Aphiwe Dyantyi

Pro14

  • Die Cheetahs en die Kings is beide terug by die huis en speel komende naweek tuiswedstryde.

Vrydag

Kings 19:00 Llanelli Scarlets

Saterdag

Cheetahs 19:15 Cardiff Blues

Gholf

  • Die fokus is dié week op die Britse Meesters wat môre in Surrey Van die Suid-Afrikaners wat in aksie sal wees, sluit in Thomas Aiken, Haydn Potteous, Zander Lombard en Darren Fichardt. 
  • In die Amerikaanse PGA-reeks word die CIMB Classic dié week in Maleisië gespeel. Intussen is Brooks Koepka as die PGA-toer se speler van die jaar aangewys na ʼn stemming deur die spelers met toerlidmaatskap. 

Tennis

  • By die Sjanghai Meesters was daar in die ronde van 32 ʼn oorwinning vir (2)

Novak Djokovic. Twee gekeurde spelers is egter uitgeskakel. Hulle is (5) Marin Čilić en (6) Dominic Thiem. 

Motorwedrenne

  • Formule Een‑nuus is dat Sebastian Vettel bevestig het dat hy nie Ferrari gaan verlaat nie. Die aankondiging kom ten spyte van die feit dat die Ferrari-span die afgelope tyd verskeie strategiese foute begaan het en Mercedes se Lewis Hamilton vyf van die laaste ses wedrenne gewen het.
  • In Moto2 is Suid-Afrika se Brad Binder derde op die jongste punteleer.

1 Francesco Bagnaia (Kalex) 259
2 Miguel Oliveira (KTM) 231
3 Brad Binder (KTM) 157
4 Lorenzo Baldassarri (Kalex) 132 

Sokker

  • Die trekking vir die Telkom-uitdaagreeks is gedoen en die wedstryde word oor twee weke gespeel.

AmaZulu teen Cape Town City
Mamelodi Sundowns teen Bloemfontein Celtic
Polokwane City teen SuperSport United
Free State Stars teen Bidvest Wits
Orlando Pirates teen Chippa United
Kaizer Chiefs teen Black Leopards
Maritzburg United teen Highlands Park
Baroka teen Golden Arrows

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.