Vandag se sportnuus

Krieket

  • Die tweede van drie T20-wedstryde tussen Suid-Afrika en Zimbabwe word môre op Potchefstroom (18:00) gespeel. Die Proteas het die eerste wedstryd met 34 lopies gewen. Intussen is die ster-draaibalbouler, Imran Tahir, vrygestel van die laaste twee wedstryde teen Zimbabwe. 
  • Australië en Pakistan se eerste toets word in Dubai gespeel.

Pakistan 482 en 181/6 verklaar
Australië 202 en 136/3

Australië benodig nog 326 lopies met 7 paaltjies staande.

  • Die Eendagreeks tussen Sri Lanka en Engeland moes gister in Dambulla begin. Die wedstryd is egter afgelas weens reën. 
  • In die plaaslike Vierdagreeks is albei wedstryde op dag drie afgehandel.  
    • Die Dolphins 268 en 135 teenoor die Knights se 266 en 139/5. Die Knights wen met 5 paaltjies.
    • Lions 104 en 354 teenoor die Cobras se 529. Die Cobras wen met ʼn beurt en 71 lopies. 

Rugby

  • Wêreldrugby het aangekondig dat hy die nuwe voorgestelde Nasieskompetisie ondersteun. Altesaam 12 lande sal jaarliks teen mekaar meeding in die jare dat daar nie ʼn Wêreldbekertoernooi gespeel word nie. 
  • Die laaste rondomtalie-wedstryde van die Curriebekerreeks word die naweek afgehandel.

Môre

Pumas 19:00 Leeus

Saterdag

Griekwas 15:00 Sharks
Bulle 17:15 Westelike Provinsie

  • Die Bulle het intussen bekend gemaak dat die Blitsbok, Rosko Specman, aanstaande jaar vir die Bulle sal uitdraf. Specman sal egter steeds vir die Blitsbokke beskikbaar wees.

Pro14

  • Die Cheetahs en die Kings speel die naweek tuiswedstryde.

Môre

Kings 19:00 Llanelli Scarlets

Saterdag

Cheetahs 19:15 Cardiff Blues

Tennis

  • By die Sjanghai Meesters het Suid-Afrika se (7) Kevin Anderson maklik met 6-3 en 6-2 teen Mikhail Kukushkinna geseëvier om na die ronde van 16 deur te dring. Daar was in die ronde van 32 ook oorwinnings vir (1) Roger Federer, (3) Juan Martin del Potro en (4) Alexander Zverev. 

Gholf

  • Retief Goosen, wat twee Majors gewen het, sal aanstaande jaar in Wêreldgholf se Heldesaal opgeneem word. Ander Suid-Afrikaners wat dié eer te beurt geval het, is Gary Player, Bobby Locke en Ernie Els. 
  • Die Britse Meesters begin vanoggend in Jaco van Zyl van Suid-Afrika sal om 07:40 eerste op die bof wees. 
  • By die CIMB Classic in Maleisië is Chesson Hadley (-4) die vroeë voorloper in ronde een. 
  • Op die plaaslike front het die organiseerders van die Nedbank Uitdaging by Sun City (8 tot 11 November) aangekondig dat Europa se Ryderbeker-kaptein, Thomas Bjørn, vanjaar in aksie sal wees. Die prysgeld van die toernooi is meer as R100 miljoen. Sergio Garcia en Rory McIlroy sal ook hul stokke kom swaai. 

Sokker

  • Een internasionale wedstryd is gisteraand gespeel.

Italië 1–1 Oekraïne

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.