Vandag se sportnuus

Rugby

  • Die laaste rondomtalie-wedstryde van die Curriebekerreeks word vanaand en môre gespeel.

Vanaand

Pumas 19:00 Leeus

Môre

Griekwas 15:00 Sharks

Kyle Steyn sal Griekwas aanvoer terwyl Louis Schreuder as kaptein van die Sharks sal uitdraf.

Bulle 17:15 Westelike Provinsie

Die Bulle het Trevor Nyakane, Marco van Staden, Ivan van Zyl en Embrose Papier in hul span ingesluit terwyl Wilco Louw, Sikhumbuzo Notshe, Damian Willemse en Ruhan Nel in die WP se span opgeneem is.

Tennis

  • By die Sjanghai Meesters het Suid-Afrika se (7) Kevin Anderson in die ronde van 16 teen Stefanos Tsitsipas te staan gekom. Anderson het in skoon stelle met 6-4 en 7-6 gewen. Daar was ook oorwinnings in die ronde van 16 vir (1) Roger Federer, (2) Novak Djokovic en (4) Alexander Zverev. 

Krieket

  • Die tweede van drie T20-wedstryde tussen Suid-Afrika en Zimbabwe word vanaand om 18:00 op Potchefstroom gespeel. Daar word verwag dat spelers soos Tabraiz Shamsi en Robbie Frylinck dalk ʼn kans gegun gaan word om hul staal te toon. David Miller het verlede jaar op Potchefstroom die vinnigste honderdtal ooit in T20 aangeteken toe hy 100 lopies van net 35 balle gemoker het. Die Proteas loop met 1-0 voor in dié reeks. 
  • Australië en Pakistan se eerste toets is in Dubai afgehandel.

Pakistan 482 en 181/6 verklaar
Australië 202 en 362/8 (139,5 bb, teiken 462) UT Khawaja het 141 lopies van 302 balle bygedra.

Die wedstryd het onbeslis geëindig.

  • Die eerste toets tussen Indië en die Wes Indiese Eilande begin vandag in Uttarakhand.
  • Die tweede wedstryd in die Eendag-reeks tussen Sri Lanka en Engeland word môre in Dambulla gespeel. 
  • Die volgende wedstryd in die plaaslike Vierdagreeks begin vanoggend om 10:00 op SuperSport Park wanneer die Titans en die Warriors mekaar pak.

Op die jongste punteleer loop die Cobras met 21 punte voor.

1 Cape Cobras 49
2 Knights 28
3 Highveld Lions 28
4 Dolphins 20
5 Titans 14
6 Warriors 6 

Gholf

  • Die Britse Meesters se eerste ronde is gister in Surrey afgehandel.

1 Tommy Fleetwood -5
Eddie Pepperell -5
Matt Wallace -5
4 David Lipsky -4
Alexander Levy -4
Joakim Lagergren -4
Mike Lorenzo-Vera -4
Richard Mcevoy -4
9 Trevor Immelman -3
31 George Coetzee -1
     Richard Sterne -1 

  • By die CIMB Classic in Maleisië is die eerste ronde gister afgehandel.

1 Bronson Burgoon -9
2 Austin Cook -8
3 Scott Piercy -7
Billy Horschel -7
CT Pan -7
6 Louis Oosthuizen -6
20 Ernie Els -4 

Sokker

  • Vier internasionale wedstryde is gister afgehandel.

Frankryk 0 – 0 Ysland
Wallis 1 – 4 Spanje
Hongkong 0 – 1 Thailand
Argentinië 4 – 0 Irak

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.