Vandag se sportnuus

Rugby

  • Die laaste rondomtalie-wedstryde van die Curriebekerreeks is dié naweek gespeel en al drie wedstryde is deur die besoekende spanne gewen.

Pumas 21 – 33 Leeus
Griekwas 11 – 41 Sharks

Bulle 7 – 34 Westelike Provinsie (Dié wedstryd is reeds teen rustyd afgelas weens weerlig en swaar reën.) Die halfeindstryde word komende naweek beslis wanneer die Sharks teen die Leeus speel en die WP teen die Bulle.

Tennis

  • By die Sjanghai Meesters het Suid-Afrika se  Kevin Anderson (7) in die kwarteind pak gekry.  Die eindstryd is gister deur  Novak Djokovic (2) gewen toe hy vir  Borna Ćorić (13) met 6 – 3 en 6 – 4 afgestof het. 

Gholf

  • Die Britse Meesters is gister in nat en winderige toestande in Surrey afgehandel.

1 Eddie Pepperell -9
2 Alexander Björk -7
3 Jordan Smith -5
Lucas Herbert -5
22 Richard Sterne -0 

  • By die CIMB Classic in Maleisië het Marc Leishman met vyf houe as die oorwinnaar uit die stryd getree.

1 Marc Leishman -26
2 Emiliano Grillo -21
Chesson Hadley -21
Bronson Burgoon -21
5 Louis Oosthuizen -20
  Justin Thomas -20
Abraham Ancer -20
Charles Howell III -20
  Gary Woodland -20
43 Ernie Els -9 

Krieket

  • Die derde en laaste T20-wedstryd tussen Suid-Afrika en Zimbabwe is gister in Benoni vanweë reën afgelas sonder dat ʼn bal geboul is. Dié wedstryd is net voor 16:00 afgelas weens die deurdringende reën en ʼn sopnat buiteveld.  Imran Tahir is as die speler van die reeks aangewys na sy 5 paaltjies vir 23 lopies in die eerste wedstryd. Die Proteas wen daarmee dié reeks met 2 – 0 nadat hulle ook die Eendagreeks met 3 – 0 ingepalm het.
  • Die tweede toets tussen Indië en die Wes‑Indiese Eilande het gister ten einde geloop.

Wes‑Indiese Eilande 311 & 127
Indië 367 en 75/0 (16.1 bb, die teiken was 72 lopies)

Indië wen met 10 paaltjies en palm daarmee ook die reeks met 2 – 0 in.

  • Die tweede toets tussen Australië en Pakistan begin môre in Abu Dhabi. Die eerste toets het onbeslis geëindig.
  • Die tweede wedstryd in die eendagreeks tussen Sri Lanka en Engeland is in Dambulla gespeel.

Engeland 278/9
Sri-Lanka 140/5 (29 bb, teiken was 172)

Engeland wen met 31 lopies (D/L metode)

  • In die plaaslike vierdagreeks het die Titans en die Warriors se wedstryd gister sy derde dag op SuperSport Park beleef. Slegs agt balle kon die hele dag geboul word as gevolg van die reën.

Warriors 307
Titans 131/4 (42.1 bb)

Die Titans is 176 lopies agter met 6 paaltjies staande in hul eerste beurt. 

Sokker

  • Twee internasionale wedstryde is gister afgehandel.

Skotland 1 – 3 Portugal
Thailand 1 – 0 Trinidad

  • Saterdag het Bafana Bafana ʼn groot oorwinning in hul Afcon-kragmeting behaal toe hulle die Seychelle met 6 – 0 kaf gedraf het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.