Vandag se sportnuus

Rugby

  • Die Curriebekerreeks se halfeindstryde word komende naweek beslis wanneer die Sharks teen die Leeus speel en die WP teen die Bulle. Op die finale punteleer het die Westelike Provinsie eerste geëindig met die Sharks tweede en die Leeus derde.

1 Westelike Provinsie 30

2 Sharks 26

3 Leeus 21

4 Bulle 17

5 Pumas 12

6 Griekwas 8

7 Vrystaat 2

Tennis

  • Ná die Sjanghai Meesters is Novak Djokovic nou tweede op die jongste wêreldranglys.

1 Rafael Nadal 7 660

2 Novak Djokovic 7 445

3 Roger Federer 6 260

4 Juan Martin del Potro 5 860

5 Alexander Zverev 5 025

6 Marin Cilic 4 185

7 Dominic Thiem 3 825

8 Kevin Anderson 3 775

  • Intussen het dit bekend geword dat Juan Martin del Potro die res van die seisoen gaan misloop nadat hy ʼn fraktuur aan sy knie in Sjanghai opgedoen het.

Gholf

  • Ná die Britse Meesters en die CIMB Classic in Maleisië is Dustin Johnson steeds die voorste speler in die wêreld.

1 Dustin Johnson

2 Justin Rose

3 Brooks Koepka

4 Justin Thomas

5 Rory McIlroy

37 Louis Oosthuizen

47 Branden Grace

Krieket

  • KSA het aangekondig dat AB de Villiers (Tshwane Spartans) deel sal wees van vanjaar se Mzansi Superliga. Ses spanne sal van 16 November tot 16 Desember sake uitspook. Die ander vyf Ikone is Hashim Amla (Durban Heat), Faf du Plessis (Paarl Rocks), Kagiso Rabada (Jozi Stars), JP Duminy (Cape Town Blitz) en Imran Tahir (Nelson Mandela Bay Giants). Oorsese spelers wat reeds aangedui het dat hulle sal speel, sluit in Chris Gayle, Dwayne Bravo, Dawid Malan en Eoin Morgan.
  • Ná die reekse teen Zimbabwe is Suid-Afrika sesde op die wêreld se T20-ranglys en vierde op die Eendagranglys.

T20-ranglys

1 Pakistan 132

2 Indië 124

3 Australië 122

4 Engeland 117

5 Nieu-Seeland 116

6 Suid-Afrika 111

 

Eendagranglys

1 Engeland 127

2 Indië 122

3 Nieu-Seeland 112

4 Suid-Afrika 110

5 Pakistan 101

6 Australië 100

  • Die tweede toets tussen Australië en Pakistan begin vandag in Abu Dhabi Die eerste toets het onbeslis geëindig.
  • Die derde wedstryd in die Eendagreeks tussen Sri Lanka en Engeland word môre in Pallekele gespeel.
  • In die plaaslike Vierdagreeks het die Titans en die Warriors se wedstryd op SuperSport Park onbeslis geëindig.

Warriors 307 en 166/2 (31 bb)

Titans 267

Punte: Warriors 14.1, Titans 13.3

Hokkie

  • Suid-Afrika se manspan tref voorbereidings vir die Wêreldbeker wat in Desember in Indië gespeel word. Die Proteas sal onder hul nuwe afrigter, Mark Hopkins, eers vier opwarmingswedstryde teen Frankryk in Johannesburg speel ter voorbereiding van die Wêreldbeker.

Die Suid-Afrikaanse groep bestaan uit: Tim Drummond (kaptein), Dayaan Cassiem, Taylor Dart, Tyson Dlungwana, Jethro Eustice, Rhett Halkett, Tommy Hammond, Keenan Horne, Julian Hykes, Gowan Jones, Peabo Lembethe, Mo Mea, Owen Mvimbi, Bili Ntuli, Taine Paton, Rassie Pieterse, Austin Smith en Nic Spooner.

Sokker

  • Bafana Bafana speel vandag in sy wegwedstryd teen die Seychelle. Suid-Afrika het die eerste kragmeting met 6–0 gewen.
  • Agt internasionale wedstryde word vandag gespeel.

Oesbekistan 00:00 Katar

Japan 00:35 Uruguay

China 14:00 Sirië

Ecuador 17:30 Oman

Denemarke 19:45 Oostenryk

Argentinië 19:45 Brasilië

België 20:45 Nederland

Swede 20:45 Slowakye

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Suki Keuger ·

Die Junior Olympiese spele is aan die gang. Ons Jano Esterhuizen het gisteraand spies gegooi. Enige nuus daaroor?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.