Vandag se sportnuus

Rugby

  • Die Curriebekerreeks se halfeindstryde word komende naweek beslis. Beide wedstryde word Saterdag afgehandel.

Sharks 14:30 Leeus (Kings Park‑stadion in Durban)
Westelike Provinsie 17:00 Bulle (Nuweland in Kaapstad)

  • Lionel Mapoe en Elton Jantjies gaan in Durban vir die Leeus uitdraf. Daar word gewag om te hoor of spelers soos Malcolm Marx, Franco Mostert, Warren Whiteley en Aphiwe Dyantyi ook Saterdag vir die Leeus kan diens doen.
  • Damian de Allende en Sergeal Petersen het gisteraand elk twee toekennings by die WP se toekenningsaand ontvang.

Tennis

  • Kevin Anderson en Raven Klaasen het seker gemaak dat hulle vanjaar by die ATP-toerfinaal in Londen in aksie sal wees. Net die top agt enkel- en dubbelspelspelers of pare neem jaarliks in November aan dié gesogte kompetisie deel. 
  • Lloyd Harris het in Portugal aangekom waar hy hom by die Suid-Afrikaanse Davisbekerspan gaan aansluit vir dié naweek se kragmeting teen Portugal. 

Gholf

  • Die aandag verskuif dié week in Europa na die Andalucia Valderrama‑meesters wat môre in Spanje begin.
  • In die Amerikaanse PGA-reeks val die kollig op die CJ-bekertoernooi wat op die Jeju‑eiland in Korea gespeel word.
  • In Suid-Afrika word die Vodacom-toernooi op die Parys‑gholfklub in die Vrystaat afgehandel. 

Krieket

  • Suid-Afrika en die Mzansi Superliga het slegte nuus ontvang. Die veelsydige JP Duminy sal ʼn skoueroperasie moet ondergaan wat beteken hy sal vir ʼn geruime tyd op die kantlyn wees. Duminy sal nie die toer na Australië meemaak nie en hy sal ook nie aan die eerste Mzansi Superliga deelneem nie.
  • Die tweede toets tussen Australië en Pakistan het gister in Abu Dhabi begin.

Pakistan 282
Australië 20/2 (7 bb)

Ná dag een is die Aussies met 262 lopies agter met 8 paaltjies staande.

  • Die derde wedstryd in die eendagreeks tussen Sri Lanka en Engeland word vandag in Pallekele gespeel.
  • In die plaaslike vierdagreeks begin die volgende drie wedstryde komende Maandag. Die Cape Cobras is tans gemaklik voor op die punteleer.

Punteleer

1 Cape Cobras 49
2 Knights 28
3 Highveld Lions 28
4 Titans 27
5 Warriors 21
6 Dolphins 20 

Motorwedrenne

Die Japannese MotoGP (die vierde laaste wedren van die jaar) word Sondag (07:00) in Motegi in Japan gejaag. In die Moto2-afdeling is Suid-Afrika se Brad Binder tans derde op die punteleer.

1        Francesco Bagnaia (Kalex) 259
2        Miguel Oliveira (KTM) 231
3        Brad Binder (KTM) 157

Die Amerikaanse Formule Een Grand Prix word Sondag (20:10) afgehandel. Dit sal die vierde laaste wedren van die seisoen wees. 

Sokker

  • Bafana Bafana het gister in hul wegwedstryd teen die Seychelle gespeel. Bafana het dié keer met 0 – 0 gelykop gespeel nadat hulle verskeie geleenthede verbrou het. Suid-Afrika het die eerste kragmeting met 6 – 0 gewen.
  • Agt internasionale wedstryde is gister gespeel.

Oesbekistan 2 – 0 Katar
Japan 4 – 3 Uruguay
China 2 – 0 Sirië
Ecuador 0 – 0 Oman
Denemarke 2 – 0 Oostenryk
Argentinië 0 – 1 Brasilië
België 1 – 1 Nederland
Swede 1 – 1 Slowakye

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.