Vandag se sportnuus

Rugby

  • Die Curriebeker-reeks se halfeindstryde word Saterdag gespeel. Die eindstryd sal aanstaande naweek afgehandel word. Die finale spanne vir Saterdag se kragmetings word vandag bekend gemaak. Daar word verwag dat die WP tot vyf veranderinge aan sy span kan aanbring wanneer verskeie Bokke hul terugkeer na die span sal maak.

Saterdag

Sharks 14:30 Leeus (Kings Park Stadion in Durban)
Westelike Provinsie 17:00 Bulle (Nuweland in Kaapstad)

  • Bath, die Engelse klub, oorweeg tans of hy Francois Louw se kontrak gaan hernieu wanneer dit aanstaande jaar verval. Louw is reeds 33 jaar oud.
  • Rhyno Smith (Sharks) en Sintu Manjezi (Griekwas) word aan die Cheetahs geleen om hul spelersgroep te vergroot.

Tennis

  • Suid-Afrika speel komende naweek in Lissabon in die Davisbeker Euro-Afrika groep een-uitspeelwedstryd teen Portugal. Dié stryd begin môre. 
  • By die Kremlin-bekertoernooi in Rusland is (2) Karolina Plíšková asook (3) Sloan Stephens albei in die ronde van 16 uitgeskakel. 

Gholf

  • In Europa slaan die spelers vanoggend af in die Andalucia Valderrama Meesters in Spanje. Agt Suid-Afrikaners sal in aksie wees. Dit sluit in Jacques Kruyswijl, Haydn Porteous, Richard Sterne en Zander Lombard. 
  • In die Amerikaanse PGA-reeks val die kollig op die CJ-beker wat op die Jeju-eiland in Korea gespeel word. Louis Oosthuizen was onder die vroeë voorlopers in die eerste ronde.

1 Doyeob Mun -3
Byeong Hun An -3
Danny Willett -3
4 Louis Oosthuizen -2

  • In Suid-Afrika begin die Vodacom-toernooi vanoggend by die Parys-gholfklub in die Vrystaat. Jaco Van Zyl, Jaco Ahlers en Neil Schietekat is van die spelers wat hul stokke sal swaai. 
  • Ernie Els het bekend gemaak dat hy van 29 November tot 2 Desember aan die Mauritius Ope sal deelneem. 

Krieket

  • Chris Morris, Farhaan Behardien en Dwaine Pretorius maak hul terugkeer na die Proteaspan vir die drie Eendagwedstryde (4, 9 en 11 November) en een T20-wedstryd (17 November) teen Australië.
  • Die ses spanne vir die Mzansi Superliga is gister gefinaliseer. Dié kompetisie skop op 16 November af en duur tot 16 Desember.
  • Die tweede toets tussen Australië en Pakistan het gister sy tweede dag in Abu Dhabi beleef.

Pakistan 282 en 144/2 (44 bb)
Australië 145

Na dag twee is Pakistan 281 lopies voor met agt paaltjies staande.

  • Die derde wedstryd in die Eendagreeks tussen Sri Lanka en Engeland is gister in Pallekele gespeel.

Sri Lanka 150/9
Engeland 153/3 (18.3/21 bb, teiken was 151)

Engeland wen met 7 paaltjies met 15 balle oor.

Motorwedrenne

  • Die Japanse MotoGP (die vierde laaste wedren van die jaar) word Sondag (07:00) in Motegi in Japan gejaag.
  • Die Amerikaanse Formule Een Grand Prix word Sondag (20:10) afgehandel. Dit sal die vierde laaste wedren van die seisoen wees. Intussen het die organiseerders van die Formule Een-reeks aangekondig dat daar aanstaande jaar 21 wedrenne sal wees. Die seisoen begin aanstaande jaar op 17 Maart en eindig op 1 Desember. 

Sokker

  • Die Engelse Premierliga word dié naweek voortgesit. Die top-drie spanne het almal 20 punte ná agt wedstryde.

1   Manchester City 20
2   Chelsea 20
3   Liverpool 20
4   Arsenal 18
5   Tottenham Hotspur 18

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.