Vandag se sportnuus

maroela-media-sportnuus-01Tennis

Novak Djokovic het Andy Murray se lopie van 28 agtereenvolgende wedstrydoorwinnings beëindig deur hom in die eindstryd van die Katar Ope in Doha te klop. Djokovic het die aksiebelaaide drie uur lange wedstryd met 6-3, 5-7 en 6-4 gewen.

In die jaarlikse Hopman-bekerkompetisie vir gemengde spanne in Perth, Australië, het Frankryk met die louere wegstap. Kristina Mladenovic en Richard Gasquet het Coco Vandeweghe en Jack Sock van die VSA in die eindstryd in Perth geklop.

Intussen is aangekondig dat Kevin Anderson van Suid-Afrika nie aan die Australiese Ope sal deelneem nie as gevolg van ʼn skouerbesering.

Vrouetennis

Die Brisbane Internasionale titel is deur Karolina Pliskova verower.

Krieket

In Suid-Afrika begin die derde en finale kriekettoets teen Sri Lanka Donderdag 12 Januarie. Suid-Afrika het reeds die reeks gewen nadat hul die tweede toets in Kaapstad met 282 lopies gewen het.

Australië

Die derde en laaste toets tussen Australië en Pakistan is deur die Aussies met 220 lopies gewen. Daarmee wen hulle die reeks met 3 – 0.

T20-krieket

Nieu-Seeland en Bangladesj het gister op die Bay Ovaal in Tauranga in die derde T20-wedstryd kragte gemeet en Nieu-Seeland het skoonskip in die reeks gemaak.

NZ 194/4 (20 bb)
Bangladesj 167/6 (20 bb)
Nieu-Seeland wen met 27 lopies.

Sunfoil-krieketreeks

Bloemfontein:

Die wedstryd tussen die Knights en Titans is as gevolg van reën afgelas sonder dat ʼn bal geboul kon word.

Op Kingsmead in Durban:

Warriors 231
Dolphins 361/4
Wedstryd onbeslis geëindig

Op Oudtshoorn

Lions 126 & 383
Cape Cobras 273 & 239/4 (43.3 bb, teiken was 237)
Cape Cobras wen met 6 paaltjies

TydrenNuus

Die 39ste Dakar-tydren se sesde skof is die naweek gekanselleer ná swaar reën. Gister was ʼn rusdag.

Motorafdeling:

Stephan Peterhansel is met 1 min 9 sek voor sy Peugeot-spanmaat Sebastien Loeb. Loeb is al nege keer aangewys as tydrenkampioen.

Motorfietsafdeling:

Die Engelsman Sam Sunderland op sy KTM geniet ʼn voorsprong van 7 min 7 sek oor die Portugese jaer Paulo Gonçalves.

Gholf

Die Amerikaanse PGA-reeks se Toernooi van Kampioene is in Hawaii voltooi.

1Justin Thomas-22F-467676769270
2Hideki Matsuyama-19F-369686670273
3Jordan Spieth-16F-872697065276
32Branden Grace+1F+273747175293

Vrouegholf

Die SuperSport-Vroueuitdaging op Huddle Park in Johannesburg is deur Suid-Afrika se Kim Williams gewen. Die finale voorlopersbord het só gelyk.

209 – Kim Williams 70 70 69
210 – Melissa Eaton 73 69 68
211 – Kiran Matharu 74 67 70

Sokker

Uitslae in die Engelse FA-beker lyk so:

Tottenham Hotspur2 – 0Aston Villa
Chelsea4 – 1Peterborough United
Middlesbrough3 – 0Sheffield Wednesday
Liverpool0 – 0Plymouth Argyle
Cardiff City1 – 2Fulham

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Jaybee ·

Dankie Maroela dat julle ons so op hoogte hou van die sport nuus. Dit is iets om na uit te sien as daar nie lewendige sport uitsendings is nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.