Vandag se sportnuus

Rugby

  • Alle oë is op die halfeindstryde van die Curriebekerreeks gerig wat môre beslis word. 

Sharks 14:30 Leeus (Kings Park Stadion in Durban)

  • Vir die Sharks sal Thomas du Toit vaskop speel en Daniel du Preez agsteman. Agterlangs is Marius Louw weer die binnesenter terwyl Robert du Preez losskakel is en Curwin Bosch speel heelagter.
  • Die Leeus het die Springbokke, Elton Jantjies, Aphiwe Dyantyi en Warren Whiteley, in hul span ingesluit. Malcolm Marx en Franco Mostert is nie gekies nie weens SA Rugby se rusreëls vir spelers.

Westelike Provinsie 17:00 Bulle (Nuweland in Kaapstad)

  • Vir die WP skuif Damian Willemse na losskakel. Die vier ander veranderinge is Dillyn Leyds (heelagter) en Juarno Augustus (agtsteman) wat terug is ná beserings. Dan Kriel (senter) en Bongi Mbonambi (haker) is terug nadat hulle ʼn ruskans gehad het.
  • Die Bulle het vir Trevor Nyakane loskop gekies met Dayan van der Westhuizen op vaskop. Duncan Mathews speel regtervleuel met Johnny Kotze (binne) en Dylan Sage (buite) die twee senters.

Tennis

  • Suid-Afrika se Davisbeker-kwalifiseringswedstryd teen Portugal begin vandag in Lissabon. Indien Suid-Afrika wen, sal hulle in Februarie aan ʼn verdere kwalifisering deelneem om te kyk of hulle ingesluit sal wees in die nuwe Davisbeker-formaat van 2019. 

Gholf

  • In Europa is die eerste ronde van die Andalucia Valderrama Meesters in Spanje vroeg gestaak weens weerlig.

1 Ashley Chesters -5
2 Grégory Bourdy -4
3 Alvaro Quiros -3
Gonzalo Fdez-Castaño -3
Jason Scrivener -3
Sergio Garcia -3
7 Darren Fichardt -2 

  • In die Amerikaanse PGA-reeks is die tweede ronde van die CJ-Beker in Korea reeds aan die gang. Die vroeë voorloper is Chez Reavie.

1 Chez Reavie -7
2 J.J. Spaun -4
Brooks Koepka -4
Scott Piercy -4
15 Ernie Els -1
Louis Oosthuizen -1

  • In Suid-Afrika is die Vodacom-toernooi se eerste ronde by die Parys Gholfklub in die Vrystaat voltooi.

1 Luke Jerling -6
 Jonathan Agren -6
3 Garth Mulroy -5
Doug McGuigan -5
 Keith Horne -5 

Krieket

  • Die tweede toets tussen Australië en Pakistan het gister sy derde dag in Abu Dhabi beleef.

Pakistan 282 en 144/2 (44 bb)
Australië 145 en 47/1 (12 bb, teiken is 538)

Ná dag drie benodig Australië 491 lopies met 9 paaltjies staande.

  • Die vierde wedstryd in die Eendagreeks tussen Sri Lanka en Engeland word môre in Kandy gespeel. Engeland loop met 2-0 voor in dié reeks.

Motorwedrenne

  • Die Japannese MotoGP (die vierde laaste wedren van die jaar) word Sondag (07:00) in Motegi in Japan gejaag. Die oefenrondes begin vandag terwyl die kwalifisering môre afgehandel word.
  • Die Amerikaanse Formule Een Grand Prix (die vierde laaste wedren van die seisoen) word Sondag (20:10) afgehandel. Lewis Hamilton (Mercedes) kort Sondag net agt punte meer as Sebastian Vettel (Ferrari) om as kampioen gekroon te word. Die baan in Austin het in 2012 sy eerste Grand Prix aangebied. Die baan is 5.513 km lank en die wedren sal oor 56 rondes beslis word (308.405 km). Die baanrekord van 1:37.766 staan agter die naam van Sebastian Vettel (2017). 

Sokker

  • Engelse Premierliga word die naweek voortgesit. Môre word daar agt wedstryde gespeel.

Chelsea 13:30 Manchester United
AFC Bournemouth 16:00 Southampton
Wolverhampton Wanderers 16:00 Watford
Newcastle United 16:00 Brighton & Hove Albion
West Ham United 16:00 Tottenham Hotspur
Manchester City 16:00 Burnley
Cardiff City 16:00 Fulham
Huddersfield Town 18:30 Liverpool

  • Die Telkom-Uitdaagtrofee se eerste vyf wedstryde van die naweek word môre afgehandel.

Baroka 15:30 Golden Arrows
Free State Stars 15:30 Bidvest Wits
Mamelodi Sundowns 18:00 Bloem Celtic
Orlando Pirates 20:15 Chippa United
Maritzburg United 20:15 Highlands Park

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.