Vandag se sportnuus

Rugby

  • Die halfeindstryde van die Curriebekerreeks is Saterdag beslis. Die eindstryd word komende naweek tussen die WP en die Sharks gespeel.

Sharks 33–24 Leeus (Kings Park Stadion in Durban)

Westelike Provinsie 35–32 Bulle (in ekstra tyd op Nuweland in Kaapstad)

  • Intussen is ʼn voorlopige Springbokoefengroep vir die komende uitgaande toer na Brittanje en Frankryk bekend gemaak. Spelers wat by die eindstryd van die Curriebeker betrokke is, is nie in ag geneem nie. Duane Vermeulen, Trevor Nyakane en Lood de Jager maak hul terugkeer na die groep terwyl die Springbok met die meeste ondervinding, Beast Mtawarira, nie in ag geneem is nie weens ʼn besering.

Motorwedrenne

  • Die Japannese MotoGP (die vierde laaste wedren van die jaar) is gister op die Motegi Twin Ring-baan in Japan gejaag. Die wedren is deur Marc Marques (Repsol Honda) gewen wat met dié oorwinning as die 2018-Wêreldkampioen gekroon is. Dit is Marques se vyfde wêreldtitel in ses jaar. Cal Crutchlow (Honda) was tweede en Alex Rins (Suzuki) derde.
    • In Moto2 het Suid-Afrika se Brad Binder sesde geëindig en hy is tans derde op die punteleer. Steven Odendaal was 20ste.
    • In Moto3 het Darryl Binder derde oor die eindstreep gejaag.
  • Die Amerikaanse Formule Een Grand Prix (die vierde laaste wedren van die seisoen) is gisteraand afgehandel. Die wedren is deur Ferrari se Kimi Räikkönen gewen (sy laaste oorwinning was in 2013) met Max Verstappen (Red Bull) tweede en Lewis Hamilton (Mercedes) derde. Sebastian Vettel (Ferrari) was vierde en Valtteri Bottas (Mercedes) vyfde. Hamilton sal tot komende naweek in Mexiko moet wag om te kyk of hy die wêreldtitel kan wen.

Tennis

  • Suid-Afrika het die naweek ʼn groot pak slae in die Davisbeker-kwalifiseringswedstryd teen Portugal in Lissabon gekry. Portugal het Suid-Afrika met 4-0 verslaan. Daarmee is Suid-Afrika gerelegeer na die tweede Euro/Afrika-sone.
  • Die WTA se jaareindfinaal het gister afgeskop.

Elina Svitolina (6) klop Petra Kvitova (4) met 6-3 en 6-3.

Karolina Pliskova (7) klop Caroline Wozniacki (2) met 6-2 en 6-4. 

Gholf

  • In Europa sal die derde en laaste ronde van die Andalucia Valderrama Meesters vandag in Spanje voltooi word weens weerlig en reën.

1 Sergio Garcia -10

2 Lee Westwood -7

3 Shane Lowry -6

Gonzalo Fdez-Castaño -6

31 Christiaan Bezuidenhout +1

     Thomas Aiken +1

  • In die Amerikaanse PGA-reeks is die CJ-Beker in Korea afgehandel.

1 Brooks Koepka -21

2 Gary Woodland -17

3 Ryan Palmer -15

Rafa Cabrera Bello -15

29 Louis Oosthuizen -6

36 Ernie Els -5

  • In Suid-Afrika het die Vodacom-toernooi by die Parys Gholfklub in die Vrystaat Saterdag geëindig.

1 Garth Mulroy -10

2 Chris Cannon -9

Fredrik From -9

4 Keith Horne -8

  • Intussen het Lee Westwood, Louis Oosthuizen en Charl Schwartzel al drie bevestig dat hulle by die Nedbank-uitdaging van 8 tot 11 November by Sun City in aksie sal wees.

Krieket

  • Die tweede toets tussen Australië en Pakistan is in Abu Dhabi deur Pakistan gewen.

Pakistan 282 en 144/2 (44 bb)

Australië 145 en 164 (49.4 bb, teiken 538)

Pakistan wen met 373 lopies en verower die reeks met 1-0.

  • Die vierde wedstryd in die Eendagreeks tussen Sri Lanka en Engeland is in Kandy gespeel.

Sri Lanka 273/7

Engeland 132/2 (27 bb, teiken was 115)

Engeland wen met 18 lopies (D/L-metode) en wen die reeks met 3-0.

  • Die eerste Eendagwedstryd tussen Indië en die Wes-Indiese Eilande is in Guwahati gespeel.

Windies 322/8

Indië 326/2 (42.1/50 bb, teiken was 323)

Indië wen met 8 paaltjies met nog 47 balle oor.

  • Drie wedstryde in die plaaslike Vierdagreeks begin vandag.

Dolphins 10:00 Warriors

Highveld Lions 10:00 Knights

Titans 10:00 Cape Cobras

Sokker

  • Engelse Premierliga – een wedstryd is gister gespeel.

Everton 2–0 Crystal Palace

  • Die Telkom-Uitdaagtrofee se uitslae van gister lyk só:

Polokwane City 5 (1) teen SuperSport United (1) 6

Kaizer Chiefs 4 (1) teen Black Leopards (1) 2

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.