Vandag se sportnuus

Rugby

  • Die eindstryd van die Curriebekerreeks word Saterdag op Nuweland in Kaapstad beslis. Die Westelike Provinsie en die Sharks pak mekaar om 16:00. 
  • Intussen het WP bekend gemaak dat hul reserweskrumskakel, Paul de Wet, Saterdag ʼn enkelbesering opgedoen het toe hy as plaasvervanger opgegaan het. Boonop sukkel Jano Vermaak steeds met ʼn duimbesering wat beteken dat die 22-jarige Herschel Jantjies weer as skrumskakel sal moet begin. 

Motorwedrenne

  • Ná die Japannese MotoGP (die vierde laaste wedren van die jaar) is Marc Marques (Repsol Honda) as die 2018‑wêreldkampioen gekroon. Op die jongste punteleer is Marquez nou met 102 punte voor.

1 Marc Marquez (Repsol Honda) 296
2 Andrea Dovizioso (Ducati) 194
3 Valentino Rossi (Movistar Yamaha) 185
4 Maverick Vinales (Movistar Yamaha) 155

In Moto2 is Suid-Afrika se Brad Binder derde op die punteleer.

1 Francesco Bagnaia (Kalex) 279
2 Miguel Oliveira (KTM) 244
3 Brad Binder (KTM) 167
4 Lorenzo Baldassarri (Kalex) 148

  • Ná die Amerikaanse Formule Een Grand Prix (wat die vierde laaste wedren van die seisoen was) is Lewis Hamilton (Mercedes) nou 70 punte voor Sebastian Vettel (Ferrari) op die punteleer.

1 Lewis Hamilton (Mercedes) 346
2 Sebastian Vettel (Ferrari) 276
3 Kimi Raikkonen (Ferrari) 221
4 Valtteri Bottas (Mercedes) 217
5 Max Verstappen (Red Bull) 192
6 Daniel Ricciardo (Red Bull) 149 

Tennis

  • By die WTA se jaareind-finaal het Sloane Stephens (5) vir  Naomi Osaka (3) in drie stelle geklop. Kiki Bertens (6) het ook vir ʼn skok gesorg toe sy  Angelique Kerber (1) in drie stelle geklop het. 
  • Op die jongste wêreldranglys vir mans is Suid-Afrika se Kevin Anderson steeds agtste.
  1. Rafael Nadal (SPA) 7 660 punte
  2. Novak Djokovic (SER) 7 445
  3. Roger Federer (SWI) 6 260
  4. Juan Martin Del Potro (ARG) 5 760
  5. Alexander Zverev (DUI) 5 025
  6. Marin Cilic (KRO) 4 185
  7. Dominic Thiem (OOS) 3 825
  8. Kevin Anderson (RSA) 3 730 

Gholf

  • In Europa is die derde en laaste ronde van die Andalucia Valderrama Meesters in Spanje voltooi.

1 Sergio Garcia -12
2 Shane Lowry -8
3 Mikko Korhonen -6
16 Thomas Aiken -1 

  • Die Suid-Afrikaanse Ope-toernooi sal hierdie jaar deur die Stad Johannesburg aangebied word. Dié toernooi sal van 6 tot 9 Desember op beide bane van Randpark gespeel word en 240 spelers sal in aksie wees. Louis Oosthuizen, Branden Grace, Charl Schwartzel en Brandon Stone is van die groot name wat sal meeding. 

Atletiek

  • Caster Semenya is een van tien atlete wat op die kortlys is waaruit vanjaar se IAAF‑vroue-atleet van die jaar aangewys gaan word. Die lys sal op 12 Desember na vyf verkort word. 

Krieket

  • Die een T20-wedstryd tussen Australië en Pakistan is gister in Abu Dhabi gespeel.

Pakistan 117/6
Australië 119/3

Australië wen met 7 paaltjies.

  • Die vyfde en laaste eendagwedstryd tussen Sri Lanka en Engeland word vandag in Colombo

Engeland het reeds die reeks met 3-0 ingepalm.

  • Die tweede eendagwedstryd tussen Indië en die Wes-Indiese Eilande word môre in Indore gespeel.
  • Drie wedstryde in die plaaslike vierdagreeks het gister begin.

Durban

Warriors 175
Dolphins 64/0

Johannesburg

Knights 266
Lions 4/0

Centurion

Titans 122
Cobras 256/8

Sokker

  • In die Engelse Premierliga is een wedstryd gister gespeel.

Arsenal 3 – 0 Leicester City

  • In die Telkom-uitdaagtrofee word vanaand een wedstryd afgehandel.

AmaZulu 19:30 Cape Town City

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.