Vandag se sportnuus

Rugby

  • Jaco Peyper sal Saterdag om 16:00 die skeidsregter wees tydens die eindstryd om die Curriebeker tussen die WP en die Sharks op Nuweland in Kaapstad. Dit sal die 38-jarige Peyper se derde agtereenvolgende eindstryd as skeidsregter wees. Peyper sal bygestaan word deur AJ Jacobs en Cwengile Jadezweni, terwyl Shaun Veldsman die TV-skeidsregter is. 
  • Die Curriebeker se promosie/relegasie-wedstryd tussen die Vrystaat en SWD sal op Dinsdag 30 Oktober in Bloemfontein gespeel word. 
  • Lionel Mapoe is versoek om hom by die Springbokke se oefengroep aan te sluit. Dit volg op die onsekerheid oor die beskikbaarheid van die beseerde Lukhanyo Am. Die finale Bokgroep sal Saterdagaand ná die Curriebeker-eindstryd aangekondig word. 
  • Nieu-Seeland en Australië pak mekaar Vrydag in Japan in ʼn Bledisloe-kragmeting. 
  • Adriaan Strauss sal die Wêreld 15-tal Vrydag teen Japan aanvoer. Ander Suid-Afrikaners wat in aksie sal wees sluit in Willie Britz en Harold Vorster. 

Tennis

  • By die WTA se jaareind-finaal in Singapoer het die tweede ronde gister begin.

(2) Caroline Wozniaki klop (4) Petra Kvitova in drie stelle.
(6) Elina Svitolina klop (7) Karolina Pliskova in drie stelle. 

  • By die ATP-toernooi in Oostenryk was daar in die ronde van 32 ʼn oorwinning vir (2) Kevin Anderson wat vir Nikoloz Basilashvili in drie stelle geklop het. 

Swem

  • Ná twee byeenkomste in vanjaar se Wêreldbeker-reeks is Suid-Afrika se Chad le Clos in die sewende plek op die punteleer. Vladimir Morozov van Rusland spog met 218 punte. Le Clos het 96 punte. Die volgende byeenkoms word aanstaande week in China aangebied. 

Motorwedrenne

  • Die Australiese MotoGP (die derde laaste wedren van die jaar) word Sondag om 05:00 op Phillip Eiland in Australië gejaag. Marc Marques (Repsol Honda) is reeds as die 2018 Wêreldkampioen gekroon. 
  • In Formule Een word die Mexikaanse Formule Een Grand Sondagaand om 21:10 gejaag. Lewis Hamilton (Mercedes) staan op die randjie om as die 2018 kampioen gekroon te word. 

Atletiek

  • Die verspringer Luvo Manyonga is een van die tien benoemdes om vanjaar as die IAAF se mansatleet van die jaar aangewys te word. 

Gholf

  • In die Sonskykreeks slaan die spelers vanoggend af in die Sibaya-uitdaging by Mount Edgecombe in Kwazulu-Natal. 
  • In die Wêreld Gholfuitdaging begin die HSBC se Kampioene-toernooi môre in Sjanghai, China. 
  • In Amerika slaan die spelers môre af in die Sanderson Farms-kampioenskap. 

Krieket

  • Die vyfde en laaste eendagwedstryd tussen Sri Lanka en Engeland is gister in Colombo

Sri Lanka 366/6
Engeland 132/9

Sri Lanka wen die wedstryd met 219 lopies (D/L metode) en Engeland wen die reeks met 3 – 1.

  • Die tweede Eendagwedstryd tussen Indië en die Wes-Indiese Eilande word vandag in Indore gespeel.
  • Australië en Pakistan speel vandag in ʼn T20-wedstryd in Abu Dhabi teen mekaar.
  • Drie wedstryde in die plaaslike Vierdagreeks het gister hul tweede dag beleef.

Durban

Warriors 175 en 82/1 (21 bb)
Dolphins 335

Die Warriors is nog 78 lopies agter met nege paaltjies staande in hul tweede beurt.

Johannesburg

Knights 266
Lions 333/7 (91.4 bb) en is met 67 lopies voor met drie paaltjies staande in hul eerste beurt.

Centurion

Titans 122 en 301/5 (73 bb)
Cobras 337

Titans se voorsprong is 86 lopies met vyf paaltjies staande in hul tweede beurt.

Sokker

  • In Telkom se Uitdaagtrofee is daar gisteraand een wedstryd afgehandel.

AmaZulu 2-0 Cape Town City

  • In Uefa se Kampioeneliga is agt wedstryde gister gespeel.

Shakhtar Donetsk 0-3 Manchester City
Manchester United 0-1 Juventus
AEK Athens 0-2 Bayern Munich
Young Boys 1-1 Valencia
Real Madrid 2-1 Viktoria Plzen
Ajax 1-0 Benfica
Roma 3-0 CSKA Moscow
Hoffenheim 3-3 Olympique Lyonnais

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Derick ·

As Pyper blaas wen die WP toe oe. Hy is n groot WP ondersteuner.

Derick ·

Ek is ook vir die Sharks, maar Pyper het deur die jare gewys hy het n sagte plekkie vir die WP/Stormers

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.