Vandag se sportnuus

Rugby

  • Die spanne vir die Curriebeker-eindstryd tussen die WP en die Sharks sal vandag bekend gemaak word. Die wedstryd op Nuweland in Kaapstad begin Saterdag om 16:00. 
  • In die Pro14-reeks sal die Kings en die Cheetahs weer die naweek op hul tuisveld in aksie wees nadat die kompetisie ʼn ruskans van twee weke geniet het.

Môre

Kings 19:00 Llanelli Scarlets
Zebre 20:00 Edinburgh
Ulster 20:55 Dragons
Ospreys 21:05 Connacht

Saterdag

Benetton Treviso 16:00 Leinster
Munster 18:15 Glasgow Warriors
Cheetahs 19:15 Cardiff Blues

  • Die voormalige Springbok, Jean Deysel, het sy onmiddellike uittrede uit rugby aangekondig. Die 33-jarige Deysel het in die afgelope jare vir Ulster gespeel. 
  • Nieu-Seeland en Australië pak mekaar môre in Japan in ʼn Bledisloe-kragmeting. Die wedstryd begin om 08:00. 
  • Adriaan Strauss sal die Wêreld-15-tal môre teen Japan aanvoer. Die wedstryd begin 12:00 Suid-Afrikaanse tyd. 

Sewesrugby

  • Die Blitsbokke het ʼn moeilike loting vir die eerste toernooi van die wêreldreeks aan die einde van November.

A: Suid-Afrika, Argentinië, Samoa, Zimbabwe
B: Fidji, Kenia, Skotland, Frankryk
C: Nieu-Seeland, VSA, Spanje, Wallis
D: Australië, Engeland, Kanada, Japan

Tennis

  • Die WTA se jaareindfinaal in Singapoer is gister voortgesit.

(1) Angelique Kerber klop (3) Naomi Osaka in drie stelle.
(5) Sloane Stephens klop (8) Kiki Bertens in drie stelle. 

  • By die ATP-toernooi in Oostenryk het (2) Kevin Anderson die kwarteind bereik nadat Jurgen Melzer hom onttrek het aan dié toernooi. 
  • Die ATP het bevestig dat Raven Klaasen en sy dubbelspelmaat, Michael Venus (Nieu-Seeland), gekwalifiseer het vir die jaareindfinaal in Londen. Dit was die twee spelers se eerste jaar saam en hulle vul die agtste en laaste posisie by dié toernooi wat van 11 tot 18 November gespeel word. 

Motorwedrenne

  • Die Australiese MotoGP (die derde laaste wedren van die jaar) word Sondag om 05:00 op Phillip-eiland by Australië gejaag. Die nuut gekroonde 2018-Wêreldkampioen, Marc Marques (Repsol Honda), kan die oorblywende drie wedrenne geniet en kyk hoe die ander jaers sake uitspook om die tweede plek op die punteleer. Dit was reeds Marques se vyfde wêreldtitel in ses jaar en hy kan nou fokus op aanstaande jaar en die voorbereidings vir die 2019-seisoen. 
  • In Formule Een word die Meksikaanse Formule Een Grand Prix Sondagaand om 21:10 afgehandel. Lewis Hamilton (Mercedes) het verlede jaar sy vierde wêreldkroon in Meksiko gewen en staan op die drumpel om dit weer te vermag. 

Gholf

  • In die Sonskynreeks is die eerste ronde van die Sibaya-uitdaging by Mount Edgecombe voltooi.

1 Louis Albertse -5
   Jake Redman -5
   CJ du Plessis -5
   Jean Hugo -5
5 Todd Clements -4
   Jake Roos -4
   Luke Joy -4
   Hennie Otto -4 

  • In die Wêreld-gholfuitdaging het die HSBC se Kampioenetoernooi vanoggend in Sjanghai, China, begin. Van die Suid-Afrikaners wat hul stokke swaai, sluit in Branden Grace, George Coetzee, Bradon Stone en Erik van Rooyen. 
  • In Amerika slaan die spelers vandag af in die Sanderson Farms Kampioenskapsreeks. 

Krieket

  • Die tweede Eendagwedstryd tussen Indië en die Wes-Indiese Eilande is gister in Indore gespeel.

Indië 321/6
Wes-Indiese Eilande 321/7

Die wedstryd eindig gelykop.

  • Australië en Pakistan het gister in ʼn T20-wedstryd in Abu Dhabi teen mekaar gespeel.

Pakistan 155/8
Australië 89

Pakistan behaal sy grootste oorwinning nog van 66 lopies oor die Aussies en loop met 1-0 voor in die reeks van drie wedstryde.

  • Twee wedstryde in die plaaslike Vierdagreeks het gister ten einde geloop.

Johannesburg

Knights 266 en 89
Lions 377

Lions wen die wedstryd met ʼn beurt en 22 lopies. 

Centurion

Titans 122 & 418
Cape Cobras 337 & 204/2

Cape Cobras wen met 8 paaltjies. 

Durban

Warriors
175 & 376

Dolphins
335 & 18/0

Dolphins benodig 199 lopies met 10 paaltjies staande in hul tweede beurt.

Sokker

  • In Uefa se Kampioeneliga is agt wedstryde gister gespeel.

Barcelona 2–0 Internazionale
Paris Saint-Germain 2–2 Napoli
Liverpool 4–0 Crvena Zvezda
Lokomotiv Moskva 1–3 Porto
Borussia Dortmund 4–0 Atlético Madrid
Galatasaray 0–0 Schalke 04
PSV 2–2 Tottenham Hotspur
Club Brugge 1–1 Monaco

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.