Vandag se sportnuus

Rugby

  • Die spanne vir die Curriebeker-eindstryd tussen die WP en die Sharks is bekend gemaak.
    • Die Sharks het vir Jean-Luc du Preez op nommer sewe gekies en sy broer, Dan du Preez, op agtsteman. Tyler Paul sal die nommer ses‑trui dra. Aphelele Fassi sal in Lwazi Mvovo se plek vleuel speel.
    • Vir die WP is Sikhumbuzo Notshe (agtsteman) en Jano Vermaak (skrumskakel) terug in die WP‑span na hul beserings. Josh Stander sal losskakel speel met Damian Willemse wat na binnesenter skuif.
  • In die Pro14-reeks word vandag vier wedstryde gespeel.

Kings 19:00 Llanelli Scarlets

Zebre 20:00 Edinburgh

Ulster 20:55 Dragons

Ospreys 21:05 Connacht

Môre

Saterdag

Benetton Treviso 16:00 Leinster

Munster 18:15 Glasgow Warriors

Cheetahs 19:15 Cardiff Blues

  • Nieu-Seeland en Australië pak mekaar vanoggend in Japan in ʼn Bledisloe-kragmeting.
  • Die Wêreld 15-tal speel vandag om 12:00 onder aanvoering van Adriaan Strauss teen Japan.

Tennis

  • Die WTA se jaareind-finaal in Singapoer is gister voortgesit.

(7) Karolina Pliskova is deur na die halfeind toe sy (4) Petra Kvitova in skoon stelle klop.

(6) Elina Svitolina klop (2) Caroline Wozniaki in drie stelle.

  • By die ATP-toernooi in Oostenryk sal (2) Kevin Anderson in die kwarteind teen (6) Borna Coric te staan kom.

Gholf

  • In die Sonskynreeks is die tweede ronde van die Sibaya-uitdaging by Mount Edgecombe voltooi.

128 – Breyten Meyer 67 61

130 – CJ du Plessis 65 65

131 – Peter Karmis 67 64

132 – Louis de Jager 68 64, Hennie Otto 66 66

133 – Louis Albertse 65 68, Jean Hugo 65 68

  • In die Wêreld-gholfuitdaging het die HSBC se Kampioene-toernooi gister in Sjanghai begin.

1 Patrick Reed -8

2 Xander Schauffele -6

Tony Finau -6

4 Matthew Fitzpatrick -5

10 George Coetzee -3

  • In Amerika is die Sanderson Farms-toernooi se eerste ronde ook voltooi.

1 Cameron Champ -7

2 Cameron Tringale -6

3 Rory Sabbatini -5

D.J. Trahan -5

Andres Romero -5

Krieket

  • Vandag speel Australië teen Pakistan in hul tweede T20-wedstryd in Dubai teen mekaar.
  • Die tweede eendagwedstryd tussen Zimbabwe en Bangladesj word vandag in Chittagong afgehandel.
  • In die plaaslike vierdagreeks het die wedstryd in Durban gister ten einde geloop.

Durban

Warriors

175 & 376

Dolphins

335 & 123

Warriors wen met 93 lopies.

Motorwedrenne

  • Die Australiese MotoGP (die derde laaste wedren van die jaar) word Sondag om 05:00 op Phillip‑eiland in Australië gejaag. Marc Marques (Repsol Honda) is reeds as die 2018‑wêreldkampioen gekroon. Marques kan sake nou rustig vat en fokus op aanstaande jaar en die voorbereidings vir die 2019‑seisoen.
  • In Formule Een word die Meksikaanse Formule Een Grand Sondagaand om 21:10 afgehandel. Op die jongste punteleer spog Lewis Hamilton (Mercedes) met ʼn voorsprong van 70 punte met drie renne oor en het hy slegs vyf punte meer as Sebastian Vettel (Ferrari) nodig om as die 2018‑kampioen gekroon te word.

Sokker

  • In die Engelse Premierliga word môre ses wedstryde gespeel.

Liverpool 16:00 Cardiff City

Watford 16:00 Huddersfield Town

Fulham 16:00 AFC Bournemouth

Brighton & Hove Albion 16:00 Wolverhampton Wanderers

Southampton 16:00 Newcastle United

Leicester City 18:30 West Ham United

  • In die plaaslike Premierliga word môre vier wedstryde gespeel.

Orlando Pirates 15:30 Kaizer Chiefs

Polokwane City 15:30 Maritzburg United

Chippa United 20:15 Mamelodi Sundowns

Cape Town City 20:15 AmaZulu

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.