Vandag se sportnuus

Rugby

  • Die Curriebeker-eindstryd tussen die WP en die Sharks is Saterdag op Nuweland gespeel. Die Sharks het die wedstryd oorheers en met 17 – 12 geseëvier. Die Sharks het twee drieë gedruk en die WP geen. 
  • Die Springbokspan vir die uitgaande toer na Groot-Brittanje en Frankryk is bekend gemaak. Die nuwelinge is Sergeal Petersen (vleuel), Ruhan Nel (senter) en JD Schickerling (slot). Die groep bestaan uit 36 spelers. 
  • In die Pro14-reeks is sewe wedstryde dié naweek afgehandel.

Kings 34 – 41 Llanelli Scarlets
Zebre 34 – 16 Edinburgh
Ulster 36 – 18 Dragons
Ospreys 22 – 17 Connacht
Benetton 3 – 31 Treviso Leinster
Munster 25 – 24 Glasgow Warriors
Cheetahs 21 – 10 Cardiff Blues

  • Nieu-Seeland en Australië het mekaar in Japan in ʼn Bledisloe-kragmeting gepak en die All Blacks was baas met 37 – 20. Daarmee wen die All Blacks die 2018 Bledisloe-reeks met 3 – 0. 

Tennis

  • Die WTA se jaareind-finaal is in Singapoer afgehandel. In die eindstryd het (5) Sloan Stephens met (1) Angelique Kerber afgereken deur met 6 – 3 en 6 – 3 te seëvier. 
  • By die ATP-toernooi in Oostenryk het Kevin Anderson die grootste oorwinning van sy loopbaan behaal deur die eindstryd teen Kei Nishikori met 6-3 en 7-6 te wen. Anderson het met dié oorwinning verseker dat hy by die ATP jaareind-finaal in aksie sal wees. Roger Federer het op sy beurt die toernooi in Switserland gewen. 

Gholf

  • In die Sonskykreeks is die Sibaya-uitdaging by Mount Edgecombe voltooi.

1 Louis de Jager -13
2 CJ du Plessis -12
   Breyten Meyer -12 

  • In die Wêreld-gholfuitdaging is die HSBC se Kampioene-toernooi gister in Sjanghai afgehandel.

1 Xander Schauffele -14 (valbylstryd)
2 Tony Finau -14
3 Justin Rose – 10
22 Erik Van Rooyen +1 

  • In Amerika is die Sanderson Farms-toernooi ook voltooi.

1 Cameron Champ -21
2 Corey Conners -17
3 Carlos Ortiz -15
Sam Burns -15
20 Rory Sabbatini -10 

Krieket

  • Australië het gister teen Pakistan in hul derde T20-wedstryd in Dubai teen mekaar gespeel. Pakistan het gemaklik met 33 lopies gewen en die reeks met 3 – 0 verower.
  • Engeland het Sri-Lanka gister met 30 lopies geklop in hul enigste T20-wedstryd in Colombo.
  • In die plaaslike Vierdagreeks begin daar vandag drie wedstryde.

Cape Cobras 10:00 Dolphins
Warriors 10:00 Knights
Highveld Lions 10:00 Titans

Motorwedrenne

  • Tydens die Australiese Moto GP het die nuut gekroonde 2018 wêreldkampioen, Marc Marquez (Repsol Honda), gister eerste weggespring maar moes na vyf rondes die handdoek ingooi nadat Johann Zarco (Monster Yamaha) kontak met sy motorfiets gemaak het. Die wedren is deur Maverick Vinales (Movistar Yamaha) gewen met Andrea Iannone (Suzuki) tweede en Andrea Dovizioso (Ducati) derde. Suid-Afrika se Brad Binder (KTM) het die Moto2 wedren gewen. 
  • In Formule Een is die Mexikaanse Grand Prix (die derde laaste wedren van 2018) gister oor 71 rondes afgehandel. Lewis Hamilton se vierde plek was genoeg om aan hom sy vyfde wêreldtitel te besorg. Die wedren is deur Max Verstappen (Red Bull) gewen met Sebastian Vettel (Ferrari) tweede en Kimi Raikkonen (Ferrari) derde. 

Sokker

  • In die Engelse Premierliga is daar gister drie wedstryde gespeel.

Crystal Palace 2 – 2 Arsenal
Burnley 0 – 4 Chelsea
Manchester United 2 – 1 Everton

Vanaand speel Tottenham Hotspur teen Manchester City.

  • In die Plaaslike Premierliga is drie wedstryde gister afgehandel.

Black Leopards 1 – 1 Free State Stars
Bloem Celtic 1 – 0 Baroka FC
SuperSport United 1 – 1 Golden Arrows

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Derick ·

Het die Stormers verdien om in die finaal te speel?
Ja as mens na hulle wedstryde kyk deur die jaar.
Nee as mens na die semi kyk teen die Blou Bulle.
Egon Secons wat n X WP speller is en wat die wedstryd geblaas het, het in die laaste minute die WP gehelp.
1 WP laat val skrum, hy laat hulle oor skrum. Moes strafskop vir die BB gewees het.
2 Petersen van WP klap die bal af voor die doellyn. Moes n strafskop met geelkaart gewees het.
Voor ek gestenig word, dit was ook die paneel se sienning op Super Rugby.
My sienning Secons het die WP gehelp om in finaal te speel en sy plan het in sy gesig ontplof.
Hoop nie hy word ooit weer toegelaat om n wedstryd te blaas waarin sy span die WP speel nie.
Well done Sharks.

Corrie ·

Hi Derick stem saam met jou. Het mos gese die Sharks gaan wen. Knap gedaan Sharks

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.