Vandag se sportnuus

Rugby

  • Die Springbokke speel komende Saterdag hul eerste wedstryd van hul toer in Europa.

3 November

Op Twickenham teen Engeland om 17:00

10 November

Op Stade de France teen Frankryk om 22:05

17 November

Op Murrayfield teen Skotland om 19:20

24 November

Op die Principality‑stadion teen Wallis om 19:20 

  • In die Pro14-reeks is die Glasgow Warriors die voorlopers op die punteleer in Konferensie A. In Konferensie B is Leinster die voorlopers.
  • Die Promosie-relegasie-wedstryd tussen die Vrystaat en SWD word vanaand om 18:00 in Bloemfontein gespeel. Die wenner van dié wedstryd sal aanstaande jaar in die Curriebeker in aksie wees. 
  • Die Suid-Afrikaanse skeidsregter, Marius van der Westhuizen, se naam is van Wêreldrugby se lys van wedstrydbeamptes verwyder. Die rede daarvoor word gegee as ʼn fiksheidsprobleem. 

Tennis

  • Alle oë sal van 11 tot 19 November op die ATP se jaareindfinaal in Londen wees wanneer die top agt mans in die wêreld mekaar takel. Suid-Afrika se Kevin Anderson sal in die enkelspel in aksie wees terwyl Raven Klaasen in die dubbelspel sy staal sal toon.
  • Op die jongste wêreldranglys het Kevin Anderson na die sesde plek opgeskuif.

1 Rafael Nadal (ESP) 7 660
2 Novak Djokovic (SRB) 7 445
3 Roger Federer (SUI) 6 260
4 Juan Martin Del Potro (ARG) 5 460
5 Alexander Zverev (GER) 5 115
6 Kevin Anderson (RSA) 4 230 

Gholf

  • Drie voormalige Meesterskampioene sal van 22 tot 25 November aan die Gary Player‑uitdaagtoernooi by Lost City deelneem. Gary Player, Ian Woosnam en Trevor Immelman sal saam met gholfsterre, sakelui en sportmanne in aksie wees.
  • Suid-Afrika het tans net twee spelers onder die voorste 50 in die wêreld.

1 Brooks Koepka
2 Justin Rose
3 Dustin Johnson
4 Justin Thomas
5 Rory McIlroy
40 Louis Oosthuizen
47 Branden Grace 

Krieket

  • Australië het hul eendagkaptein gepos vir die reeks teen Suid-Afrika. Tim Paine (paaltjiewagter) word deur Aaron Finch (openingskolwer) as kaptein vervang.
  • Die Wes-Indiese Eilande en Indië het gister in hul 4de eendagwedstryd in Mumbai teen mekaar gespeel.

Indië 377/5
Wes-Indiese Eilande153

Indië wen die wedstryd met 224 lopies en loop met 2 – 1 in die reeks voor.

  • In die plaaslike vierdagreeks is die Cobras die voorlopers op die punteleer.

1 Cape Cobras 74
2 Highveld Lions 53
3 Warriors 42
4 VKB Knights 35
5 Multiply Titans 31
6 Hollywoodbets Dolphins 29

  • Drie wedstryde het gister in dié reeks begin.

Port Elizabeth

Knights 276/8
Warriors

Kaapstad

Dolphins 225
Cape Cobras 45/4

Potchefstroom

Highveld Lions 385/5
Titans

Motorwedrenne

  • Ná die Australiese MotoGP is die nuutgekroonde 2018‑wêreldkampioen, Marc Marquez (Repsol Honda), nou 88 punte voor Andrea Dovizioso (Ducati).

1 Marc Marquez (Repsol Honda) 296
2 Andrea Dovizioso (Ducati) 210
3 Valentino Rossi (Movistar Yamaha) 195

Suid-Afrika se Brad Binder (KTM) beklee die derde plek in die Moto2-afdeling. 

  • Ná die Meksikaanse Formule Een Grand Prix het Lewis Hamilton seker gemaak hy het genoeg punte om sy vyfde wêreldtitel in te palm. Op die jongste punteleer is Hamilton nou 64 punte voor Sebastian Vettel met net twee wedrenne wat oorbly.

1 Lewis Hamilton (Mercedes) 358
2 Sebastian Vettel (Ferrari) 294
3 Kimi Raikkonen (Ferrari) 236
4 Valtteri Bottas (Mercedes) 227
5 Max Verstappen (Red Bull) 216
6 Daniel Ricciardo (Red Bull) 149

Driekamp

  • Suid-Afrika se Henri Schoeman het tweede geëindig by die super liga se byeenkoms in Malta. Frankryk se Vincent Luis het goud ingepalm. 

Sokker

  • In die Engelse Premierliga is gister een wedstryd gespeel.

Tottenham Hotspur 0 – 1 Manchester City

  • In die plaaslike premierliga is Wits die voorloper op die jongste punteleer.
  • Bidvest Wits 20
  • Orlando Pirates 19
  • Bloemfontein Celtic 17
  • Polokwane City 17
  • SuperSport United 15

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.