Vandag se sportnuus

Rugby

  • Vier internasionale wedstryde word komende Saterdag gespeel.

Japan 07:45 Nieu-Seeland
Wallis 16:45 Skotland

Engeland 17:00 Suid-Afrika

Ierland 22:00 Italië 

  • Die promosie-relegasie-wedstryd tussen die Vrystaat en SWD is gisteraand in Bloemfontein afgehandel. Die Vrystaat het verseker dat hulle weer aanstaande jaar in die Premierafdeling van die Curriebeker in aksie sal wees. Die Vrystaters het ses drieë teen die een van die Arende gedruk en met 36 – 5 geseëvier. 

Gholf

  • Die Tshwane Ope sal ook nie meer aanstaande jaar as deel van die Europese reeks aangebied word nie. Daar was tot onlangs nog meer as ʼn halfdosyn toernooie op die Suid-Afrikaanse kalender wat Europese status gehad het. In 2019 bly slegs die SA Ope, Nedbank-uitdaging en Alfred Dunhill-kampioenskap oor.
  • Die fokus val die week in die Sonskynreeks op die finaal van die Vodacom-reeks wat môre op Pinnacle Point in die Suid-Kaap begin. Neil Schietekat is die voorloper op die meriete-ordelys, met Jake Roos tweede en Garth Mulroy derde.
  • In Europa slaan die spelers môre af in die Turkse Ope in Antalya.
  • In Amerika begin die Shriners Ope môre in Las Vegas, Nevada. 

Krieket

  • Die Proteas se eerste eendagwedstryd teen Australië word Sondag gespeel. Daar sal drie eendagwedstryde en een T20-wedstryd afgehandel word.
  • Suid-Afrika se vrouespan het in hul eerste opwarmingswedstryd vir die T20-wêreldtoernooi pak gekry. Engeland het die Proteas met 17 lopies geklop.
  • Die nuwe Mzansi Superliga (wat op 16 November begin) sal met ʼn prysgeld van R10 miljoen spog. Ses spanne sal om die wentjek van R7.5 miljoen meeding terwyl die span wat tweede eindig R2.5 miljoen sal verdien.
  • Vandag speel Nieu-Seeland en Pakistan in ʼn T20-wedstryd in Abu Dhabi teen mekaar.
  • Die Wes-Indiese Eilande en Indië speel môre in hul 5de eendagwedstryd teen mekaar.
  • In die plaaslike vierdagreeks se drie wedstryde is die tweede dag se spel voltooi.

Port Elizabeth

Knights 279
Warriors 329/7

Die Warriors is met 50 lopies voor met 3 paaltjies staande.

Kaapstad

Dolphins 225
Cape Cobras 317/8

Die Cobras is met 92 lopies voor met 2 paaltjies staande.

Potchefstroom

Highveld Lions 530
Titans 165/3

Die Titans is 365 lopies agter met 7 paaltjies staande.

Motorwedrenne

  • Daar bly nou net twee wedrenne in die MotoGP-reeks van 2018 Komende naweek verskuif die aandag na Maleisië vir die tweede laaste wedren. Marc Marquez (Repsol Honda) is reeds as vanjaar se kampioen gekroon.

Sokker

  • In die Engelse Premierliga spog Man City en Liverpool beide met 26 punte.

1 Manchester City 26
2 Liverpool 26
3 Chelsea 24
4 Arsenal 22
5 Tottenham Hotspur 21

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.