Vandag se sportnuus

Rugby

  • Vier internasionale wedstryde word komende Saterdag gespeel.

Japan 07:45 Nieu-Seeland

Wallis 16:45 Skotland

Engeland 17:00 Suid-Afrika

Ierland 22:00 Italië

  • In die Pro14-reeks word die naweek sewe wedstryde gespeel.

Môre

Edinburgh 21:35 Llanelli Scarlets

Ospreys 21:35 Glasgow Warriors

Saterdag

Benetton Treviso 17:00 Ulster

Connacht 19:15 Dragons

Sondag

Kings 14:45 Leinster

Cardiff Blues 16:45 Zebre

Cheetahs 16:45 Munster

Tennis

  • By die Parys Meesters vir mans was daar gister oorwinnings in die ronde van 32 vir (2) Novak Djokovic, (3) Roger Federer, (4) Alexander Zverev asook Suid-Afrika se (7) Kevin Anderson. Die eerste gekeurde, Rafael Nadal, het hom aan dié toernooi onttrek weens ʼn maagbesering.

Gholf

  • Suid-Afrika se gholf-ikoon, Gary Player, word vandag 83 jaar oud. Gary sal weer van 22 tot 25 November in aksie wees by die Gary Player Uitnodigingstoernooi by Lost City.
  • In die Sonskynreeks begin die finaal van die Vodacom-reeks vanoggend op Pinnacle Point in die Suid-Kaap.
  • In Europa slaan die spelers af in die Turkse Ope in Antalya. Erik van Rooyen, George Coetzee en Brandon Stone is van die Suid-Afrikaners wat in aksie sal wees.
  • In Amerika begin die Shriners Ope ook vandag in Las Vegas. Rory Sabatini is die enigste Suid-Afrikaner wat op die bof sal wees.

Krieket

  • Die Proteas se eerste eendagwedstryd teen Australië word Sondag gespeel. Die wedstryd begin om 05:20. Die Proteas het gister hul opwarmingswedstryd teen ʼn President-elftal met 4 paaltjies verloor.
  • Gister het Nieu-Seeland en Pakistan in ʼn T20-wedstryd in Abu Dhabi kragte gemeet. Pakistan het in die laaste boulbeurt met 2 paaltjies gewen.
  • Die Wes-Indiese Eilande en Indië speel vandag in hul vyfde en laaste eendagwedstryd teen mekaar.
  • In die plaaslike Vierdagreeks se drie wedstryde is die derde dag se spel voltooi.

Port Elizabeth

Knights 279 en 154/4

Warriors 457

Die Knigts is met 24 lopies agter met 6 paaltjies staande in hul tweede beurt.

Kaapstad

Dolphins 225 en 265/7

Cape Cobras 337

Die Dolphins loop met 153 lopies voor met nog 3 paaltjies staande in hul tweede beurt.

Potchefstroom

Highveld Lions 530 en 2/0

Titans 419

Die Lions is met 113 lopies voor met 10 paaltjies staande in hul tweede beurt.

Motorwedrenne

  • Die Maleisiese Moto GP word Sondag gejaag. Die oefenrondes begin môre terwyl die kwalifisering Saterdag afgehandel word. Die hoofwedren begin Sondag om 07:00.

Sokker

  • In die Engelse Premierliga word Saterdag sewe wedstryde gespeel.

Bournemouth 14:30 Manchester United

Cardiff City 17:00 Leicester City

West Ham United 17:00 Burnley

Newcastle United 17:00 Watford

Everton 17:00 Brighton & Hove Albion

Arsenal 19:30 Liverpool

Wolverhampton Wanderers 21:45 Tottenham Hotspur

  • In Suid-Afrika word die Telkom-uitdaging se kwarteindstryde die naweek afgehandel.

Saterdag

Baroka 15:00 Mamelodi Sundowns

AmaZulu 18:00 Orlando Pirates

Maritzburg United 20:15 Bidvest Wits

Sondag

Kaizer Chiefs 15:00 SuperSport United

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.