Vandag se sportnuus

sportnuus-attoohInternasionale krieket

Die Proteas en Nieu-Seeland speel in die eerste toets van die huidige reeks in Dunedin teenmekaar. Spel het net ná middernag ons tyd begin en die Proteas kolf eerste nadat hulle die loot gewen het. Dean Elgar was die uitblinker met sy sewende honderdtal van sy loopbaan.

Suid-Afrika was vroeg Woensdagoggend op 229/4 (90) met Nieu-Seeland wat nog moet kolf.

Die tweede toets tussen Indië en Australië in Bengaluru is iets van die verlede.

Indië               189 & 274

Australië        276 & 112 (35.4 bb, teiken was 188) Aswin het 6/41 platgetrek.

Indië wen met 75 lopies en die reekstelling is nou een elk.

Plaaslike krieket

In die Momentum-eendagreeks word daar vandag een wedstryd gespeel.

 

sport1

Rugby

Die Springbokafrigter, Allister Coetzee het sy tevredenheid uitgespreek ná die naweek se oefenkamp van drie dae wat deur 41 spelers bygewoon is. Dit was die eerste voorbereiding vir die Bokke se seisoen wat in Junie afskop. Die vraag wat nog beantwoord moet word, is wie die nuwe Bokkaptein gaan wees.

Sewesrugby

Die Blitsbokke speel dié naweek in die sesde been van die Wêreldreeks in Kanada. Die toernooi word Saterdag en Sondag in Vancouver beslis.

Superrugby

Komende naweek se aksie skop reeds Vrydag af met twee wedstryde.

 

 

sport2

Hokkie

Op Hartleyvale in Kaapstad in die Somerreeks speel Suid-Afrika se manshokkiespan môre  teen Duitsland. Die Proteas het hul eerste twee wedstryde in die reeks verloor.

Gholf

In die Europese reeks verskuif die aksie môre na Indië. Die spelers sal afslaan in die Indiese Ope in Nieu-Delhi.

En in die VSA is alle oë gerig op die Valspar-kampioenskap wat op Innisbrook in Florida gespeel word.

Tennis

By die BNP Paribas Ope in Indian Wells, Kalifornië, was daar oorwinnings in die eerste ronde, onder andere vir  (10) I. Marchenko en (7) S. Giraldo.

Fietsry

Die 40ste Kaapstad-fietswedren word Sondag 12 Maart in die Kaapse skiereiland gery. Verskeie paaie sal Saterdag en Sondag gesluit wees wanneer duisende fietsryers in aksie is.

Formule 1

Brasilië se Felipe Massa het Williams aan die bopunt van die spanne se vertonings tydens gister se Formule Een-voorseisoen toetse in Barcelona geplaas.

Sokker

In die Engelse Premierliga word een wedstryd vanaand gespeel. Manchester City kom te staan teen Stoke City om 22:00.

In die plaaslike Premierliga is drie wedstryde gister voltooi.

Platinum Stars         2 – 0    Golden Arrows

Chippa United          0 – 0    Bidvest Wits

Orlando Pirates        1 – 1    SuperSport United

Safa se president, Danny Jordaan, het hom intussen onttrek as kandidaat in die wedloop om een van Fifa se raadslede te word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.