Vandag se sportnuus

Rugby

  • Die Springbokspan vir môre se kragmeting teen Engeland op Twickenham is bekend gemaak. Damian Willemse sal op heelagter uitdraf terwyl Ivan van Zyl die skrumskakel is. Duane Vermeulen sal flank speel en Warren Whiteley agtsteman. Pieter-Steph du Toit sak op sy beurt op slot. Suid-Afrika het Engeland in Junie met 2-1 in Suid-Afrika geklop. 

Bokspan:

15 Damian Willemse, 14 S’bu Nkosi, 13 Jesse Kriel, 12 Damian de Allende, 11 Aphiwe Dyantyi, 10 Handre Pollard, 9 Ivan van Zyl, 8 Warren Whiteley, 7 Duane Vermeulen, 6 Siya Kolisi (kaptein), 5 Pieter-Steph du Toit, 4 Eben Etzebeth, 3 Frans Malherbe, 2 Malcolm Marx, 1 Steven Kitshoff.

Plaasvervangers:

16 Bongi Mbonambi, 17 Thomas du Toit, 18 Wilco Louw, 19 RG Snyman, 20 Lood de Jager, 21 Embrose Papier, 22 Elton Jantjies, 23 André Esterhuizen. 

Engeland:

15 Elliot Daly, 14 Jack Nowell, 13 Henry Slade, 12 Ben Te’o, 11 Jonny May, 10 Owen Farrell (medekaptein), 9 Ben Youngs, 8 Mark Wilson, 7 Tom Curry, 6 Brad Shields, 5 George Kruis, 4 Maro Itoje, 3 Kyle Sinckler, 2 Dylan Hartley (kaptein), 1 Alec Hepburn.

Plaasvervangers:

Plaasvervangers: 16 Jamie George, 17 Ben Moon, 18 Harry Williams, 19 Charlie Ewels, 20 Zach Mercer, 21 Danny Care, 22 George Ford, 23 Manu Tuilagi. 

  • Vier internasionale wedstryde word môre gespeel.

Japan 07:45 Nieu-Seeland
Wallis 16:45 Skotland

Engeland 17:00 Suid-Afrika

Ierland 22:00 Italië 

  • In die Pro14-reeks word daar sewe wedstryde afgehandel.

Vandag

Edinburgh 21:35 Llanelli Scarlets
Ospreys 21:35 Glasgow Warriors

Môre

Benetton Treviso 17:00 Ulster
Connacht 19:15 Dragons

Sondag

Kings 14:45 Leinster
Cardiff Blues 16:45 Zebre
Cheetahs 16:45 Munster 

Tennis

  • By die Parys Meesters vir mans was daar gister oorwinnings in die ronde van 16 vir (2) Novak Djokovic, (3) Roger Federer en (4) Alexander Zverev. Suid-Afrika se (7) Kevin Anderson is egter deur (10) Kei Nishikori uitgeskakel. 
  • Intussen gaan Novak Djokovic Maandag die eerste plek op die wêreldranglys by Rafael Nadal oorneem. 

Gholf

  • In die Sonskynreeks is die eerste ronde van die finaal van die Vodacom-reeks op Pinnacle Point in die Suid-Kaap voltooi.

1 Chris Swanepoel -4
Jacques de Villiers -4
3 Steve Surry -3

  • In Europa het die spelers gister afgeslaan in die eerste ronde van die Turkse Ope.

1 Paul Dunne -7
2 Thorbjørn Olesen -6
Justin Rose -6
Padraig Harrington -6
12 Erik Van Rooyen -4

  • In Amerika het die Shriners Ope in Las Vegas ook gister begin.

1 Peter Uihlein -8
2 Seth Reeves -7
3 Harold Varner III -6
Robert Streb -6 

Krieket

  • Die Proteas se eerste eendagwedstryd teen Australië word Sondag gespeel. Die wedstryd begin om 05:20.
  • Nieu-Seeland en Pakistan speel vandag in hul tweede T20-wedstryd in Dubai teen mekaar. Pakistan het die eerste wedstryd gewen.
  • Die Wes-Indiese Eilande en Indië het gister in hul vyfde en laaste eendagwedstryd teen mekaar te staan gekom. Indië het met 9 paaltjies geseëvier.
  • Suid-Afrika se vrouespan het die tweede opwarmingswedstryd, ter voorbereiding van die T20-wêreldbeker, teen Indië verloor.
  • In die plaaslike Vierdagreeks het drie wedstryde gister ten einde geloop.

Port Elizabeth

Knights 279 en 366/6
Warriors 457

Die wedstryd eindig onbeslis.

Kaapstad

Dolphins 225 en 282
Cape Cobras 337 en 173/5

Die Cobras wen met 5 paaltjies.

Potchefstroom

Highveld Lions 530 en 154/5
Titans 419

Die wedstryd eindig onbeslis.

Motorwedrenne

  • Die Maleisiese Moto GP (die tweede laaste wedren van die jaar) word Sondag gejaag. Die Sepang-baan, naby Kuala Lumpur, is in 1999 gebou en is 5,543 km lank. Die baan het 10 draaie na regs en net vyf na links. Die langste pylvak is 920 m lank.
  • In Moto2 het Suid-Afrika se Brad Binder (KTM) verlede week in Australië eerste oor die eindstreep gejaag. Brad is tans derde op die punteleer.

Sokker

  • In die Engelse Premierliga word môre sewe wedstryde gespeel.

Bournemouth 14:30 Manchester United
Cardiff City 17:00 Leicester City
West Ham United 17:00 Burnley
Newcastle United 17:00 Watford
Everton 17:00 Brighton & Hove Albion
Arsenal 19:30 Liverpool
Wolverhampton Wanderers 21:45 Tottenham Hotspur

  • In Suid-Afrika word die Telkom-uitdaging se kwarteindstryde die naweek afgehandel.

Saterdag

Baroka 15:00 Mamelodi Sundowns
AmaZulu 18:00 Orlando Pirates
Maritzburg United 20:15 Bidvest Wits

Sondag

Kaizer Chiefs 15:00 SuperSport United

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.