Vandag se sportnuus

Rugby

  • Die Springbokke het Saterdag op Twickenham teen Engeland gespeel en die wedstryd oorheers maar steeds verloor. Engeland het met 12 – 11 gewen.

S’bu Nkosi het Suid-Afrika se enigste drie gedruk terwyl Handré Pollard met twee strafdoele geslaag het. Engeland se twaalf punte het uit vier strafdoele bestaan. 

  • Drie ander internasionale wedstryde is die naweek gespeel.

Japan 31 – 69 Nieu-Seeland
Wallis 21 – 10 Skotland
Ierland 54 – 7 Italië 

  • In die Pro14-reeks is sewe wedstryde afgehandel.

Vandag

Edinburgh 31 – 21 Llanelli Scarlets
Ospreys 20 – 29 Glasgow Warriors

Saterdag

Benetton Treviso 10 – 15 Ulster
Connacht 33 – 12 Dragons

Sondag

Kings 31 – 38 Leinster
Cardiff Blues 37 – 0 Zebre
Cheetahs 26 – 30 Munster 

Tennis

  • By die Parys‑meesters vir mans is die eindstryd gister tussen (2) Novak Djokovic en Karen Khachanov beslis. Die ongekeurde Khachanov het met Djokovic afgereken en in twee stelle geseëvier.  Die telling was 7– 6 en 6 – 4. 
  • Novak Djokovic is van vandag af weer die voorste speler in die wêreld. Hy neem dié posisie by Rafael Nadal oor. 

Gholf

  • In die Sonskynreeks is die finaal van die Vodacom-reeks op Pinnacle Point in die Suid-Kaap voltooi.

1 Steve Surry -6
2 Derick Petersen -2
3 Philip Eriksson -1

  • In Europa het die Turkse Ope gister ten einde geloop en ’n valbylstryd het die wenner bepaal. Met sy oorwinning het Justin Rose die nommer een‑posisie op die wêreldranglys oorgeneem.

1 Justin Rose -17 (Valbylstryd)
2 Haotong Li -17
3 Thomas Detry -15
Adrian Otaegui -15
10 Thomas Aiken -12

  • In Amerika is die Shriners Ope in Las Vegas afgehandel.

1 Bryson DeChambeau -21
2 Patrick Cantlay -20
3 Sam Ryder -19 

Krieket

  • Die Proteas se eerste eendagwedstryd teen Australië is gister afgehandel. Die Proteas het die wedstryd met 6 paaltjies gewen. Die Proteas se beste bouler was Andile Phehlukwayo wat 3 vir 33 platgetrek het. Australië het 152 lopies in net 38.1 boulbeurte aangeteken. Suid-Afrika het die wentotaal van 153 maklik bereik en net 29.2 boulbeurte nodig gehad vir dié oorwinning.
  • Nieu-Seeland en Pakistan het gister in hul derde T20-wedstryd in Dubai teen mekaar gespeel. Pakistan het met 47 lopies gewen.
  • Die Wes-Indiese Eilande en Indië het gister in ʼn T20-wedstryd op Eden Gardens kragte gemeet. Indië het met 5 paaltjies geseëvier.
  • In die plaaslike vierdagreeks begin vandag drie wedstryde om 10:00.

Durban

Dolphins
Titans 

Kimberley

Knights
Warriors 

Paarl

Cape Cobras
Highveld Lions

Motorwedrenne

  • Die Maleisiese MotoGP (die tweede laaste wedren van die jaar) is gister op die Sepang-baan naby Kuala Lumpur gejaag. Marc Marquez (Repsol Honda) het sy dominansie van die MotoGP-reeks onderstreep toe hy ook dié wedren gemaklik gewen het. Dit was Marquez se sewentigste oorwinning van sy loopbaan. Alex Rins (Suzuki Ecstar) was tweede en Johann Zarco (Monster Yamaha Tech 3) derde.

In Moto2 het Suid-Afrika se Brad Binder (KTM) agtste oor die eindstreep gejaag terwyl sy broer, Darryn Binder, sewende was in die Moto3-afdeling. 

Hokkie

  • Frankryk het Suid-Afrika met 4 – 0 geklop in die tweede toets tussen die twee lande. Die eerste toets het met twee elk gelykop geëindig. Die derde toets word Vrydag gespeel. 

Sokker

  • In die Engelse Premierliga is daar gister twee wedstryde gespeel.

Manchester City 6 – 1 Southampton
Chelsea 3 – 1 Crystal Palace

  • In Suid-Afrika is die Telkom-uitdaging se kwarteindstryde die naweek afgehandel.

Baroka 2 – 0 Mamelodi Sundowns
AmaZulu 1 – 3 Orlando Pirates
Maritzburg United 1 – 2 Bidvest Wits
Kaizer Chiefs 1 – 0 SuperSport United

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.