Vandag se sportnuus

Rugby

  • Ná die Springbokke se nederlaag teen Engeland is Suid-Afrika steeds vyfde op die wêreldranglys.
  1. Nieu-Seeland 92.96
  2. Ierland 90.12
  3. Wallis 86.35
  4. Engeland 86.16
  5. Suid-Afrika 83.03
  • Dit lyk of die Bokke Saterdag hul sterkste span teen Frankryk sal kan kies. Faf de Klerk, Willie le Roux, Cheslin Kolbe, Franco Mostert, Francois Louw en Vincent Koch het hulle by die Bokgroep in Parys aangesluit vir Saterdag se toets. 
  • In die Pro14-reeks is die Glasgow Warriors die voorlopers op die punteleer in Konferensie A. Leinster is gemaklik voor in Konferensie B. 

Sewesrugby

  • Die Blitsbokke is besig met hul finale voorbereidings vir Wêreldrugby se sewesreeks wat aan die einde van die maand in Dubai afskop. Seabelo Senatla, Kwagga Smith, Dylan Sage, Ruhan Nel, Rhyno Smith en Tim Agaba fokus nie meer op sewes nie terwyl Cecil Afrika, Stedman Gans en Heino Bezuidenhout beseer is.

Die Blitsbokke se huidige groep is:

Chris Dry, Impi Visser, Ryan Oosthuizen, Philip Snyman, Zain Davids, Kyle Brown, Selvyn Davids, Dewald Human, Justin Geduld, Werner Kok, Siviwe Soyizwapi, Stedman Gans, Cecil Afrika, Rosko Specman, Branco du Preez, Muller du Plessis, Mfundo Ndhlovu, James Murphy en JC Pretorius. 

Tennis

  • Ná die Parys‑meesters vir mans is Novak Djokovic weer die voorste speler in die wêreld.
  1. Novak Djokovic (SRB) 8 045
  2. Rafael Nadal (ESP) 7 480
  3. Roger Federer (SUI) 6 020
  4. Juan Martín Del Potro (ARG) 5 300
  5. Alexander Zverev (GER) 5 085
  6. Kevin Anderson (RSA) 4 310 
  • Rafael Nadal het hom aan aanstaande week se ATP‑toer-finale in Londen onttrek. Nadal is steeds beseer. 

Gholf

  • Hierdie week is alle aandag op Suid-Afrika wanneer die Nedbank-uitdaagtoernooi in Sun City gespeel word. Dié toernooi begin Donderdag en verskeie Suid-Afrikaners sal skouer skuur met die room uit Europa. Dit is die tweede laaste toernooi in die wedloop na Dubai en bekendes soos Rory McIlroy en Sergio Garcia sal ook in aksie wees.
  • Op die jongste wêreldranglys is Justin Rose terug as die voorste speler.

1 Justin Rose
2 Brooks Koepka
3 Dustin Johnson
39 Louis Oosthuizen
48 Branden Grace 

Krieket

  • Die Proteas het hul eerste eendagwedstryd teen Australië gemaklik gewen. Die tweede wedstryd in dié reeks word Vrydag in Adelaide gespeel.
  • Die toets tussen Sri Lanka en Engeland begin vandag in Galle.
  • In die plaaslike vierdagreeks het drie wedstryde gister om 10:00 begin.

Durban

Dolphins 183/8
Titans 

Kimberley

Knights 284/9
Warriors 

Paarl

Cape Cobras
Highveld Lions 300/7

Motorwedrenne

  • Ná die Maleisiese MotoGP (die tweede laaste wedren van die jaar) is Marc Marquez (Repsol Honda) nou 101 punte voor sy naaste teenstander.

1 Marc Marquez (Repsol Honda) 321
2 Andrea Dovizioso (Ducati Team) 220
3 Valentino Rossi (Movistar Yamaha) 195
4 Maverick Vinales (Movistar Yamaha) 193
5 Alex Rins (Suzuki Ecstar) 149

  • In Moto2 is Suid-Afrika se Brad Binder (KTM) derde op die punteleer.

1 Francesco Bagnaia (Kalex) 304
2 Miguel Oliveira (KTM) 272
3 Brad BINDER (KTM) 201 

Hokkie

  • Frankryk en Suid-Afrika se derde toets word Vrydag gespeel. Frankryk loop met 1 – 0 voor in die reeks van vier wedstryde. 

Sokker

  • In die Engelse Premierliga is daar gister een wedstryd gespeel.

Huddersfield Town 1 – 0 Fulham

  • In Suid-Afrika is die Telkom-uitdaging se vier laaste spanne bepaal.

Die spanne is Kaizer Chiefs, Bidvest Wits, Orlando Pirates en Baroka.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.