Vandag se sportnuus

Gholf

  • Die Nedbank-Uitdaging begin môre en duur tot Sondag by die Gary Player-buiteklub by Sun City. Altesaam 72 spelers sal hulle stokke vanjaar in al vier rondes swaai. Verlede jaar het Branden Grace die eerste Suid-Afrikaner in tien jaar geword, sedert Trevor Immelman in 2007, om met die louere weg te stap. Die toernooi word vandag voorafgegaan deur die inhuldiging van Dale Hayes in die Suid-Afrikaanse Heldesaal by Sun City.

Rugby

  • Verskeie internasionale wedstryde word komende naweek gespeel.

Italië 15:00 Georgië

Skotland 16:30 Fidji

Engeland 17:00 Nieu-Seeland

Wallis 19:20 Australië

Ierland 20:30 Argentinië

Frankryk 22:05 Suid-Afrika

Sewesrugby

  • Die eerste toernooi in Wêreldrugby se sewesreeks word aan die einde van die maand in Dubai gespeel. Die week daarna verskuif die aksie na Kaapstad.

Tennis

  • Sondag begin die ATP-toerfinaal in Londen. Die agt enkelspelspelers is in twee groepe verdeel met Kevin Anderson wat saam met Roger Federer ingedeel is.
  • Lleyton Hewitt-groep:

(2) Roger Federer (SWI)

(4) Kevin Anderson (RSA)

(6) Dominic Thiem (OOS)

(7) Kei Nishikori (JPN)

  • Guga Kuerten-groep:

(1) Novak Djokovic (SER)

(3) Alexander Zverev (DUI)

(5) Marin Cilic (KRO)

(8) John Isner (VSA)

In die dubbelspel is Raven Klaasen (RSA) en Michael Venus (NSL) sesde gekeur vir die toerfinaal wat ook in Londen gespeel word.

Krieket

  • Die Proteas speel Vrydag in Adelaide hul tweede eendagwedstryd teen Australië. Die Aussies het intussen vir Ben McDermott (paaltjiewagter-kolwer) in hul span ingesluit vir die oorblywende kragmetings teen die Proteas.
  • Die toets tussen Sri Lanka en Engeland het gister in Galle begin. Engeland het eerste gekolf en 321/8 in sy eerste beurt opgestapel.
  • Zimbabwe het sy eerste toetsoorwinning in meer as vyf jaar behaal toe hy Bangladesj met 151 lopies geklop het. Zimbabwe loop nou met 1-0 voor in die reeks van twee toetse.
  • Indië het sy tweede T20-wedstryd teen die Wes-Indiese Eilande ook gewen deur met 71 lopies te seëvier.
  • In die plaaslike Vierdagreeks het drie wedstryde gister hul tweede dag beleef.

Durban (reën)

Dolphins 186

Titans 4/1

Kimberley

Knights 293 en 206/4 (46 bb)

Warriors 134

Knights is reeds 365 lopies voor met ses paaltjies staande in hul tweede beurt.

Paarl

Cape Cobras 138

Highveld Lions 337 en 104/4 (39 bb)

Lions loop met 303 lopies voor met ses paaltjies staande.

Motorwedrenne

  • Die tweede laaste Formule Een Grand Prix van 2018 word Sondag in Brasilië Die wedren word om 19:10 afgehandel. Lewis Hamilton is reeds as die 2018-kampioen gekroon.

1 Lewis Hamilton (Mercedes) 358

2 Sebastian Vettel (Ferrari) 294

3 Kimi Räikkönen (Ferrari) 236

4 Valtteri Bottas (Mercedes) 227

5 Max Verstappen (Red Bull) 216

Sokker

  • Agt wedstryde is in UEFA se kampioeneliga afgehandel.

Napoli 1–1 Paris Saint-Germain

Porto 4–1 Lokomotiv Moskva

Atlético Madrid 2–0 Borussia Dortmund

Schalke 04 2–0 Galatasaray

Internazionale 1–  Barcelona

Tottenham Hotspur 2–1 PSV

Monaco 0–4 Club Brugge

Crvena Zvezda 2–0 Liverpool

  • In die plaaslike Premierliga is een wedstryd gisteraand gespeel.

Polokwane City 1–2 Orlando Pirates

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.