- Die 2018 Nedbank-Uitdaging begin vanoggend wanneer 72 spelers op die Gary Player-buiteklub by Sun City afslaan. Die eerste driebal-groepering is Danny Willet, Martin Kaymer en Sam Horsfield wat om 08:50 op die bof is. Daar sal 11 Suid-Afrikaners in aksie wees. Tydens die vorige 37 aanbiedings van dié toernooi was daar by 14 geleenthede ʼn speler van Suider Afrika wat die titel verower het.
Rugby
- Die spanne sal vandag bekend gemaak word vir komende naweek se ses Internasionale wedstryde wat Saterdag gespeel word.
Italië 15:00 Georgië
Skotland 16:30 Fidji
Engeland 17:00 Nieu-Seeland
Wallis 19:20 Australië
Ierland 20:30 Argentinië
Frankryk 22:05 Suid-Afrika
- Nigel Owens van Wallis is intussen aangewys om die fluitjie in Parys te hanteer.
- Suid-Afrika se vrouespan speel Saterdag teen Wallis op Cardiff Arms Park. Hulle sal ook teen Spanje en Italië tydens hul toer deur Europa speel.
Tennis
- Die ATP se toer-finale begin Sondag in die O2-Arena in Londen. Suid-Afrika sal deur Kevin Anderson in die enkelspel verteenwoordig word. Dit sal die eerste keer wees dat Suid-Afrika gelyktydig in die enkelspel asook in die dubbelspel verteenwoordig word. In die dubbelspel is Raven Klaasen (RSA) en Michael Venus (Nieu-Seeland) sesde gekeur vir die toer-finale wat ook in Londen gespeel word. Dit sal die derde keer in ʼn ry wees dat Klaasen by dié toer-finale in aksie sal wees
Krieket
- Die Proteas speel môreoggend om 05:20 in Adelaide hul tweede eendagwedstryd teen Australië. Die Proteas het die eerste wedstryd op ʼn drafstap gewen. Die laaste van drie wedstryde word Sondag beslis.
- Die toets tussen Sri Lanka en Engeland het gister sy tweede dag in Galle beleef. Engeland het 342 lopies in sy eerste beurt opgestapel en was op 38/0 (12 bb) in sy tweede beurt. Dit gee aan Engeland ʼn voorsprong van 177 lopies nadat Sri Lanka net 203 in sy eerste beurt kon aanteken.
- Pakistan en Nieu-Seeland se tweede T20-wedstryd is in Abu Dhabi gespeel. Die Black Caps het met 47 lopies gewen.
- Die vroue se T20-Wêreldbeker begin môre in die Karibiese Eilande. Suid-Afrika sal Dinsdag in sy eerste wedstryd teen Sri Lanka speel.
- Aanpassings is gemaak aan ʼn paar van die spanne wat aanstaande week aan die Mzanzi Superliga gaan deelneem.
Paarl Rocks
- Michael Klinger (Australië) vervang Paul Stirling
- David Wiese vervang Cameron Delport
Cape Town Blitz
- Muhammad Nawaz (Pakistan) vervang Samuel Badree (Windies) wat sukkel met ʼn enkelbesering.
- Hussain Tallat (Pakistan) vervang Asif Ali (Pakistan)
Tshwane Spartans
- Rilee Rossouw vervang Sean Williams vir die eerste naweek.
- In die plaaslike Vierdagreeks het drie wedstryde gister hul derde dag beleef.
Durban (reën)
Dolphins 186
Titans 325/8
Kimberley
Knights 293 en 206/4 (46 bb)
Warriors 134
Knights is reeds 365 lopies voor met 6 paaltjies staande in hul tweede beurt.
Paarl
Cape Cobras 138 en 186/5
Highveld Lions 337 en 233
Die Cobras benodig nog 242 lopies met 5 paaltjies staande.
Motorwedrenne
- Die tweede laaste Formule Een Grand Prix van 2018 word Sondag in Brasilië Die oefenrondes begin môre en die kwalifisering vind Saterdag plaas. Die wedren word Sondag om 19:10 afgehandel.
- Die bekendste tydren in Suider Afrika, die Dak van Afrika, word weer vroeg in Desember in Lesotho aangebied. Daar sal 400 deelnemers van 20 lande in aksie wees. Dit is die 51ste aanbieding van dié tydren wat van 5 tot 8 Desember gejaag word.
Sokker
- Agt wedstryde is gisteraand in UEFA se kampioeneliga
Juventus 1 – 2 Manchester United
Bayern München 2 – 0 AEK Athens
Manchester City 6 – 0 Shakhtar Donetsk
Olympique Lyonnais 2 – 2 Hoffenheim
Benfica 1 – 1 Ajax
Viktoria Plzeň 0 – 5 Real Madrid
CSKA Moskva 1 – 2 Roma
Valencia 3 – 1 Young Boys
- In die plaaslike Premierliga is twee wedstryde gisteraand gespeel.
Kaizer Chiefs 1 Black Leopards 0
Mamelodi Sundowns 3 Free State Stars 1