Vandag se sportnuus

Gholf

  • Die 2018 Nedbank-uitdaagtoernooi se eerste ronde het gister in sonskynweer op die Gary Player‑buiteklub by Sun City begin. Dag een is deur Sergio Garcia oorheers wat ʼn ronde van 64 gespeel het, wat agt houe beter is as baansyfer. Garcia spog met ʼn voorsprong van vier houe.

1 Sergio Garcia -8
2 Mikko Korhonen -4
   Charl Schwartzel -4
Mike Lorenzo-Vera -4
5 Louis Oosthuizen -3
11 Branden Grace -2 

Rugby

  • Die spanne vir more ses internasionale wedstryde is bekend gemaak.

Italië 15:00 Georgië
Skotland 16:30 Fidji
Engeland 17:00 Nieu-Seeland

Die All Blacks het net drie spelers behou van hul span wat verlede week teen Japan gespeel het.

Wallis 19:20 Australië
Ierland 20:30 Argentinië
Frankryk 22:05 Suid-Afrika

Vir die Springbokke maak Willie le Roux, Faf de Klerk en Franco Mostert hul terugkeer na die beginspan. Hulle vervang Damian Willemse, Ivan van Zyl en die beseerde Eben Etzebeth. Daar is ook drie veranderinge op die bank met Vincent Koch, Francois Louw en Cheslin Kolbe wat ingesluit is. 

Tennis

  • Die ATP se toer-finale begin Sondag in Londen. In die eerste enkelspelwedstryd Sondag, speel Kevin Anderson teen Dominic Thiem.
  • In die dubbelspel is Raven Klaasen (RSA) en Michael Venus (Nieu-Seeland) sesde gekeur. 

Krieket

  • Die Proteas speel vanoggend in Adelaide hul tweede eendagwedstryd teen Australië. Die Proteas het die eerste wedstryd op ʼn drafstap gewen. Die laaste van drie wedstryde word Sondag beslis.
  • Die toets tussen Sri Lanka en Engeland het gister sy derde dag in Galle beleef.

Engeland 342 & 322/6 verklaar
Sri Lanka 203 & 15/0 (7 bb, teiken 462) en het 447 lopies nodig met 10 paaltjies staande.

  • Pakistan en Nieu-Seeland speel vandag in ʼn eendagwedstryd in Dubai teen mekaar. 
  • Die vroue se T20-Wêreldbeker begin vandag in die Karibiese Eilande met drie wedstryde wat gespeel word.

Indië teen Nieu-Seeland
Australië teen Pakistan
Wes‑Indiese Eilande teen Bangladesj

  • In die plaaslike vierdagreeks het drie wedstryde gister ten einde geloop.

Durban

Dolphins 186 en 302/8
Titans  381

Die wedstryd eindig onbeslis. 

Kimberley

Knights 293 en 330/4 (verklaar)
Warriors 134 en 205

Knights wen met 284 lopies. 

Paarl

Highveld Lions 337 en 233
Cape Cobras 138 en 246

Lions wen met 186 lopies.

Motorwedrenne

  • Die tweede laaste Formule Een Grand Prix van 2018 word Sondag in Brasilië gejaag. Die wedren word op die José Carlos Pace-baan in die distrik van Interlagos in Sao Paulo aangebied. Lewis Hamilton het reeds die wêreldtitel vir 2018 gewen. In die vervaardigersafdeling gaan Mercedes komende naweek poog om vir ʼn vyfde agtereenvolgende jaar die titel in te palm. 

Sokker

  • In die plaaslike Premierliga word een wedstryd vanaand gespeel.

Maritzburg United 20:00 Highlands Park

  • In die Engelse Premierliga word môre ses wedstryde gespeel.

Cardiff City 14:30 Brighton & Hove Albion
Huddersfield Town 17:00 West Ham United
Newcastle United 17:00 AFC Bournemouth
Leicester City 17:00 Burnley
Southampton 17:00 Watford
Crystal Palace 19:30 Tottenham Hotspur

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.