Vandag se sportnuus

Rugby

  • Ses internasionale wedstryde is Saterdag gespeel. Die Bokke het twee drieë in die doodsnikke gedruk wat nie toegeken is nie en het in die 84ste minuut die wendrie gedruk om Frankryk met 29 – 26 te klop.

Frankryk 26 – 29 Suid-Afrika
Italië 28 – 17 Georgië
Skotland 54 – 17 Fidji
Engeland 15 – 16 Nieu-Seeland
Wallis 9 – 6 Australië
Ierland 28 – 17 Argentinië

  • Suid-Afrika se vrouespan het Saterdag teen Wallis gespeel en met 19 – 5 verloor. 

Gholf

  • Die grootste gholftoernooi op die Suid-Afrikaanse gholfkalender, die Nedbank-uitdaging, is Sondag op die Gary Player-buiteklub by Sun City afgehandel. Vanjaar se toernooi is deur Lee Westwood gewen nadat hy op -15 geëindig het. Westwood het ʼn laaste ronde van 64 gespeel om vir ʼn derde keer die Nedbank-toernooi te wen. Dit was ook sy eerste oorwinning op die Europese toer in meer as vier jaar. Sergio Garcia het 70 houe gespeel en op -12 die tweede plek ingeneem met Louis Oosthuizen derde op -11 ná ʼn ronde van 69.

1 Lee Westwood -15
2 Sergio Garcia -12
3 Louis Oosthuizen -11
4 Ross Fisher -8
5 Haotong Li -7
Matt Wallace -7

  • In die PGA-reeks is die Mayakoba Gholf Classic in Mexiko gespeel.

1 Matt Kuchar -22
2 Danny Lee -21
3 J.J. Spaun -19
Richy Werenski -19 

Tennis

  • Die ATP se toer-finale het gister in Londen begin. Suid-Afrika se Kevin Anderson het in sy eerste wedstryd met Dominic Thiem in skoon stelle afgereken. Die telling was 6-3 en 7-6 (12-10). 

Krieket

  • Die Proteas het Sondag in Hobart in die derde en laaste eendagwedstryd teen Australië gespeel en met 40 lopies gewen. Faf du Plessis en David Miller het albei honderdtalle aangeteken. Met dié oorwinning het die Proteas die reeks met 2 – 1 ingepalm. Die Proteas het die eerste wedstryd op ʼn drafstap gewen terwyl die Aussies die tweede een met 7 lopies gewen het. Die Proteas speel komende Saterdag in ʼn enkel T20-wedstryd teen Australië waarna hulle na Suid-Afrika terugkeer.
  • Die toets tussen Sri Lanka en Engeland het die naweek in Galle ten einde geloop.

Engeland 342 & 322/6 verklaar
Sri Lanka 203 & 250

Engeland wen met 211 lopies.

  • Die vroue se T20-Wêreldbeker is gister in die Karibiese Eilande voorgesit met twee wedstryde wat afgehandel is.

Australië het Ierland met 9 paaltjies geklop.

Indië klop Pakistan met 7 paaltjies.

Vandag:

Suid-Afrika teen Sri Lanka.

  • In die plaaslike Vierdagreeks word die volgende wedstryde eers weer op 19 Desember gespeel.

Motorwedrenne

  • Die tweede laaste Formule Een Grand Prix van 2018 is Sondag in Sao Paulo, Brasilië, gejaag. Dié wedren oor 71 rondes is deur Lewis Hamilton (Mercedes) gewen met Max Verstappen (Red Bull) tweede en Kimi Raikkonen (Ferrari) derde. Die eerste vier motors het binne vyf sekondes van mekaar geëindig. Mercedes het ook met dié oorwinning die vervaardigers-afdeling vir ʼn vyfde jaar in ʼn ry gewen. 

Hokkie

  • Die Proteas se manspan het die naweek hul vierde toets teen Frankryk met 2 – 1 verloor. Dit was die laaste toets ter voorbereiding van die wêreldbeker wat voorlê. 

Sokker

  • In die plaaslike Premierliga is twee wedstryde gister gespeel.

Cape Town City 3 – 1 Black Leopards
AmaZulu 0 – 0 Polokwane City

  • In die Engelse Premierliga

Arsenal 1 – 1 Wolverhampton Wanderers
Manchester City 3 – 1 Manchester United

Chelsea 0 – 0 Everton
Liverpool 2 – 0 Fulham

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.