Vandag se sportnuus

Tennis

  • Die ATP se toerfinaal het gister sy tweede dag in Londen beleef.

(1) Novak Djokovic  klop (8) John Isner  6-4 en 6-3

(3) Alexander Zverev klop (5) Marin Cilic 7-6 en 7-6

  • Vandag speel Suid-Afrika se Kevin Anderson teen Key Nishikori en Roger Federer teen Dominic Thiem.
  • In die dubbelspel sal Raven Klaasen en Michael Venus vandag hul tweede wedstryd speel. Hulle het hul eerste wedstryd in drie stelle verloor.

Rugby

  • Suid-Afrika is steeds vyfde op die jongste wêreldranglys.
  1. Nieu-Seeland 93.58
  2. Ierland 90.12
  3. Wallis 86.70
  4. Engeland 85.54
  5. Suid-Afrika 83.94
  6. Skotland 82.75
  7. Australië 82.51
  8. Frankryk 78.20
  9. Argentinië 78.01
  10. Fidji 76.40
  • Die Springbokke speel komende Saterdag teen Skotland in hul derde van vier wedstryde op hul Europese toer. Eben Etzebeth het genoegsaam van sy enkelbesering herstel en oefen weer saam met die Bokke. Warren Whiteley sukkel egter met ʼn kuitbesering.
  • Die All Blacks sal sonder hul senter, Sonny Bill Williams, teen Ierland moet speel nadat hy sy skouer beseer het.
  • Suid-Afrika se vrouespan speel komende naweek teen Spanje.

Gholf

  • Op die jongste wêreldranglys het Louis Oosthuizen na die 37ste posisie opgeskuif.

1 Brooks Koepka

2 Justin Rose

3 Dustin Johnson

4 Justin Thomas

5 Bryson DeChambeau

37 Louis Oosthuizen

46 Branden Grace

Motorwedrenne

  • Ná die Brasiliaanse Formule Een Grand Prix is Lewis Hamilton nou 80 punte voor Sebastian Vettel.

1 Lewis Hamilton (Mercedes) 382

2 Sebastian Vettel (Ferrari) 302

3 Kimi Räikkönen (Ferrari) 251

4 Valtteri Bottas (Mercedes)  237

5 Max Verstappen (Red Bull) 234

6 Daniel Ricciardo (Red Bull) 158

  • In die vervaardigersafdeling het Mercedes sy vyfde agtereenvolgende titel verower. Op die punteleer is Mercedes nou 67 punte voor Ferrari.

1 Mercedes 620

2 Ferrari 553

3 Red Bull 392

4 Renault 114

Krieket

  • Die veelsydige Albie Morkel is aangewys as kaptein van Durban Heat se span vir die Mzansi Superliga wat Vrydag begin. Hulle speel hul eerste wedstryd Sondag teen die Cape Town Blitz.
  • Henry Davids is aangewys as kaptein van die Paarl Rocks vir die eerste twee wedstryde terwyl Faf du Plessis nog in Australië is.
  • Die toets tussen Bangladesj en Zimbabwe in Mirpur het gister sy tweede dag beleef.

Bangladesj 522/7 verklaar

Zimbabwe 25/1

  • Die vroue se T20-Wêreldbeker is in die Karibiese Eilande voortgesit met twee wedstryde wat afgehandel is.

Engeland klop Bangladesj met 7 paaltjies.

Suid-Afrika reken met Sri Lanka af deur met 7 paaltjies te wen.

Intussen moes Suid-Afrika se paaltjiewagter, Trisha Chetty, haar aan die toernooi onttrek weens ʼn rugbesering.

Sporttoekennings

  • Die Suid-Afrikaanse 2018-Sporttoekennings is Sondagaand in Bloemfontein oorhandig. Caster Semenya is as Suid-Afrika se sportster van die jaar asook sportvrou van die jaar aangewys. Die sportman van die jaar is Chad le Clos.

Sokker

  • In die plaaslike Premierliga is Orlando Pirates die voorloper op die jongste punteleer.

1 Orlando Pirates 23

2 Bidvest Wits 20

3 Bloemfontein Celtic 20

  • In die Engelse Premierliga is Man City met twee punte voor Liverpool op die punteleer.

1 Manchester City 32

2 Liverpool 30

3 Chelsea 28

4 Tottenham Hotspur 27

5 Arsenal 24

6 AFC Bournemouth 20

7 Watford 20

8 Manchester United 20

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.