Vandag se sportnuus

Tennis

  • Die ATP se toer-finale het gister sy derde dag in Londen beleef.
    • Suid-Afrika se (4) Kevin Anderson het teen (7) Key Nishikori gespeel en Anderson het soos ʼn warrelwind die eerste stel met 6-0 binne 31 minute gewen. Anderson het alle fasette van die spel oorheers en die tweede stel met 6-1 ingepalm om die wedstryd binne 65 minute te beklink. Hy sal môre teen Roger Federer in sy laaste groepkragmeting te staan kom.
    • (2) Roger Federer het vir (6) Dominic Thiem ook gemaklik met 6-2 en 6-3 geklop.

Vandag speel (1) Novak Djokovic teen (3) Alexander Zverev en (5) Marin Cilic teen (8) John Isner.

  • In die dubbelspel het (6) Raven Klaasen en Michael Venus in hulle tweede wedstryd van dié toernooi gespeel. Hulle het teen (7) Mektic en Peya te staan gekom en in skoon stelle met 7-6 en 7-6 gewen. 

Rugby

  • Die Springbokke sal Saterdag sonder hul skrumskakel Faf de Klerk teen Skotland speel. De Klerk is terug na sy klubspan, die Sale Sharks, waar hy die naweek in aksie sal wees.
  • Engeland se slot George Kruis sal nie dié maand in die toetse teen Japan en Australië speel nie. Kruis sukkel met ʼn kuitbesering.

Gholf

  • Die Wêreldtoerkampioenskap begin môre in Dubai. Dit is ook die laaste toernooi in 2018 se wedloop na Dubai met die top‑sestig spelers wat mekaar die stryd sal aansê. Op die jongste punteleer beklee Francesco Molinari die eerste plek.

1 Francesco Molinari 4,709,921
2 Tommy Fleetwood 3,684,755
3 Justin Rose 3,431,616
4 Patrick Reed 3,268,511
5 Xander Schauffele 3,092,488

  • In die PGA-reeks begin die RSM Classic in Georgia ook môre. 
  • Rory McIlroy het intussen aangekondig dat hy aanstaande jaar sy Europese toer se lidmaatskap gaan opgee om te konsentreer op die Amerikaanse PGA-reeks. Hy sal die meeste van sy tyd in die VSA deurbring.

Motorwedrenne

  • Die aandag verskuif vandeesweek na die laaste MotoGP van die seisoen wat Sondag gejaag word. Die aksie is in Spanje waar die Grand Prix van Valencia gejaag word. Marc Marques is met 101 punte voor sy naaste teenstander op die jongste punteleer.

1 Marc Marquez (Repsol Honda) 321
2 Andrea Dovizioso (Ducati Team) 220
3 Valentino Rossi (Movistar Yamaha) 195
4 Maverick Vinales (Movistar Yamaha) 193
5 Alex Rins (Suzuki Ecstar) 149 

Krieket

  • Die Proteas speel Saterdag in hul laaste wedstryd van hul kort toer deur Australië in ʼn T20-wedstryd teen die Aussies. Suid-Afrika het die eendagreeks met 2-1 ingepalm.
  • Nóg twee spanne het hul kapteine vir die Mzansi Superliga bekend gemaak. AB de Villiers sal die kapteinsarmband dra vir die Tshwane Spartans terwyl Dane Vilas as kaptein van die Jozi Stars aangewys is.
  • Die toets tussen Bangladesj en Zimbabwe in Mirpur het gister sy derde dag beleef.

Bangladesh 522/7 verklaar
Zimbabwe 304

  • Die vroue se T20-Wêreldbeker is in die Karibiese Eilande voortgesit.

Pakistan het Ierland met 38 lopies geklop.

  • Suid-Afrika se vroue speel môre teen die Wes-Indiese Eilande in hul tweede wedstryd nadat hulle met Sri Lanka in hul eerste kragmeting afgereken het.

Sokker

  • ʼn Groot aantal internasionale wedstryde word dié week gespeel. Suid-Afrika sal Saterdag in Afcon se kompetisie teen Nigerië speel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.