Vandag se sportnuus

sportnuus-attoohInternasionale krieket

Die Proteas en Nieu-Seeland speel in die eerste toets van die huidige reeks in Dunedin teen mekaar. Ná dag een het die Proteas op 229/4 (90.0 bb) gestaan.

Die Proteas het vanoggend voortgekolf en was almal terug in die pawiljoen vir 308 lopies in hul eerste beurt. Dean Elgar het 140 aangeteken.

Aan die einde van 3 was SA op 38/1. Dit beteken ‘n voorsprong van 3 lopies met 9 tweede beurt paaltjies staande.

Vandag speel die Wes-Indiese Eilande teen Engeland in die derde Eendagwedstryd van die huidige reeks in Barbados teen mekaar.

In die eerste T20 tussen Ierland en Afghanistan het Afghanistan met 6 paaltjies geseëvier.

Ierland 165/5 (20 bb)

Afghanistan 171/4 (18/20 bb)

Plaaslike krieket

In die Momentum-eendagreeks is daar gister een wedstryd afgehandel.

Cape Cobras 271/7 (50.0 bb)

Dolphins 273/6 (49.1 bb)

Dolphins wen met 4 paaltjies (met 5 balle oor).

Môre se bepalings lyk so:

sport1

 

Sewesrugby

Die Blitsbokke speel die naweek in die sesde been van die Wêreldreeks in Kanada. In die groepfase kom ons te staan teen Engeland, Kenia en Chili. Intussen is die beseerde Justin Geduld deur Sandile “Stix” Ngcobo vervang vir die toernooi.

Superrugby

Komende naweek se aksie skop reeds môre af met twee wedstryde.

 

sport2

Sesnasiesrugby

Drie wedstryde word die naweek gespeel:

 

sport3

Hokkie

Op Hartleyvale in Kaapstad in die Somerreeks speel SA se manshokkiespan vandag teen Duitsland in hul laaste wedstryd van die reeks. Die wedstryd begin om 18:00 vanaand.

Gholf

In die Europese reeks is die Indiese Ope in Nieu-Delhi aan die gang. Die vroeë voorlopersbord lyk so:

 

sport4

Later vandag slaan die spelers in die VSA af in die Valspar-kampioenskap wat op Innisbrook in Florida gespeel word. Suid-Afrika word verteenwoordig deur Retief Goosen, Ernie Els, Charl Schwartzel en Tyrone van Aswegen.

Formule 1

By die voorseisoentoetse in Barcelona het Valtteri Bottas in sy Mercedes die vinnigste tyd opgestel. Kimi Raikkonen was in ʼn ongeluk betrokke in sy Ferrari.

Sokker

In die Engelse Premierliga is daar gister een wedstryd gespeel.

Manchester City       0 – 0    Stoke City

In die plaaslike sokkerarena was daar een Nedbankbekerwedstryd.

Polokwane City        3 – 1    African All Stars

In die Afrika Nasiesbeker-halfeind vir 0/20 spelers is Suid-Afrika gisteraand met 1-0 deur Zambië geklop.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.