Vandag se sportnuus

Rugby

  • Die Springbokspan wat môre om 19:20 teen Skotland op Murrayfield speel, is bekend gemaak. Twee veranderinge is aan die beginspan gemaak. RG Snyman sal slot speel en Embrose Papier skrumskakel. Twee verskuiwings is ook onder die voorspelers aangebring. Duane Vermeulen dra weer die nommer 8-trui en Pieter-Steph du Toit sal in trui 7 op die veld draf. Ivan van Zyl en Lood de Jager is op die plaasvervangersbank ingesluit.

Springbokspan:

  1. Willie le Roux
  2. Sbu Nkosi
  3. Jesse Kriel
  4. Damian de Allende
  5. Aphiwe Dyantyi
  6. Handré Pollard
  7. Embrose Papier
  8. Duane Vermeulen
  9. Pieter-Steph du Toit
  10. Siya Kolisi (Kaptein)
  11. Franco Mostert
  12. RG Snyman
  13. Frans Malherbe
  14. Malcolm Marx
  15. Steven Kitshoff

Plaasvervangers

  1. Bongi Mbonambi
  2. Thomas du Toit
  3. Vincent Koch
  4. Lood de Jager
  5. Francois Louw
  6. Ivan van Zyl
  7. Elton Jantjies
  8. Cheslin Kolbe
  • Vyf ander internasionale wedstryde word môre afgehandel.

Italië 16:00 Australië

Australië het twee nuwelinge in sy span ingesluit.

Wallis 16:30 Tonga

Engeland 17:00 Japan

Engeland het 11 veranderinge aangebring vir dié kragmeting.

Ierland 21:00 Nieu-Seeland

Ryan Crotty sal binnesenter speel in die beseerde Sonny Bill Williams se plek. Aaron Smith speel in sy 82ste wedstryd as skrumskakel en skuif daarmee verby Justin Marshall wat 81 gespeel het.

Frankryk 22:05 Argentinië

Tennis

  • Die ATP se toerfinaal het gister sy vyfde dag in Londen beleef.
    • Suid-Afrika se (4) Kevin Anderson het in sy die laaste groepwedstryd teen (2) Roger Federer gespeel en pak gekry. Federer het met 6-4 en 6-3 gewen om eerste in hul groep te eindig. Albei spelers kwalifiseer egter vir môre se halfeindstryde.
    • (6) Dominic Thiem het vir (7) Key Nishikori met 6-1 en 6-4 geklop.

Die laaste groepwedstryde word van vandag af afgehandel. (1) Novak Djokovic speel teen (5) Marin Cilic en (3) Alexander Zverev op sy beurt teen (8) John Isner.

  • In die dubbelspel het (6) Raven Klaasen en Michael Venus in hul laaste wedstryd pak gekry. (2) Juan Sebastian Cabal en Robert Farah het hulle met 6-3 en 7-6 geklop.

Krieket

  • Die Proteas speel môreoggend om 10:20 teen Australië in die enigste T20-wedstryd van hul toer. Die wedstryd word op die Carrara Ovaal aan die Australiese Goue Kus gespeel.
  • Die Mzansi Superliga begin vandag wanneer die eerste wedstryd op Nuweland in Kaapstad beslis word.

Cape Town Blitz 19:00 Tshwane Spartans

Môre:

19:00 – Jozi Stars teen Nelson Mandela Bay Giants, Wanderers.

Sondag:

11:00 – Durban Heat teen Cape Town Blitz, Kingsmead.

15:30 – Paarl Rocks teen Tshwane Spartans, Boland Park.

  • Die eerste toets tussen Pakistan en Nieu-Seeland begin vandag in Abu Dhabi.
  • Sri Lanka en Engeland se tweede toets het gister in Pallekele sy tweede dag beleef.

Engeland 285

Sri Lanka 336 (voorsprong van 46 lopies)

  • Die vroue se T20-Wêreldbeker is in die Karibiese Eilande voortgesit.

Nieu-Seeland klop Pakistan met 54 lopies.

Indië reken af met Ierland deur met 52 lopies te wen.

Suid-Afrika speel vanaand om 22:00 in sy derde wedstryd van dié toernooi teen Engeland.

Gholf

  • Die Wêreldtoerkampioenskap het gister in Dubai begin.

1 Adrian Otaegui -6

Jordan Smith -6

3 Jon Rahm -5

Danny Willett -5

22 Dylan Frittelli -2

28 Erik van Rooyen -1

     Dean Burmester -1

     Branden Grace -1

  • In die PGA-reeks het die spelers gister afgeslaan in die eerste ronde van die RSM Classic in Georgia.

1 Charles Howell III -8

2 J.J. Spaun -6

Austin Cook -6

16 Retief Goosen -3

  • Dylan Frittelli en Erik van Rooyen sal Span Suid-Afrika verteenwoordig by aanstaande week se 2018- Wêreldbeker van Gholf in Melbourne. Dit volg op die onttrekking van Branden Grace en Charl Schwartzel.

Motorwedrenne

  • Die Moto GP van Valencia (die laaste wedren in vanjaar se reeks) word Sondag in Spanje gejaag. Marc Marquez (Repsol Honda) gaan poog om sy 71ste oorwinning van sy loopbaan te behaal terwyl een van die legendes van dié sport, Dani Perdrosa, in sy laaste wedren sal jaag. Die Moto3-wedren begin Sondag om 12:00 en die Moto2-wedren om 13:20. Die hoofwedren word Sondag om 15:00 afgehandel.

Sokker

  • Drie internasionale wedstryde is gister gespeel.

Republiek van Ierland 0–0 Noord-Ierland

Engeland 3–0 VSA

Duitsland 3–0 Rusland

  • Bafana Bafana speel môre in Afcon se kompetisie teen Nigerië.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Stan ·

Kan iemand vir my asb se hoekom daai Mzansi krieket nie op tv uitgesaai word nie???

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.