Vandag se sportnuus

Rugby

  • Die Springbokke is steeds vyfde op die jongste wêreldranglys. Nieu-Seeland klou steeds vas aan die eerste plek gevolg deur Ierland, Wallis en Engeland. 
  • Die Bulls het die drie name op hul kortlys bekend gemaak vir die pos van afrigter van die Superrugbyspan in 2019. Hulle is die Southern Kings se afrigter, Deon Davids, die afrigter van die Bulls se voorspelers asook Curriebeker-afrigter, Pote Human, en die oud-Springbok, Victor Matfield. 

Tennis

  • Ná die ATP se toerfinaal is Novak Djokovic die voorste speler op die wêreldranglys. Alexander Zverev, wat as kampioen in Londen gekroon is, beklee die vyfde plek.

1 Novak Djokovic 8 045
2 Rafael Nadal 7 480
3 Roger Federer 6 020
4 Juan Martin Del Potro 5 300
5 Alexander Zverev 5 085
6 Kevin Anderson 4 310 

Krieket

  • Nadat die Proteas skoonskip gemaak het op hul toer deur Australië is hulle nou vierde op die ranglys vir eendagspanne en sesde op die T20-ranglys. 

Eendagranglys

1 Engeland 126
2 Indië 121
3 Nieu-Seeland 112
4 Suid-Afrika 111

T20-ranglys:

1 Pakistan 138
2 Indië 127
3 Australië 118
4 Engeland 118
5 Nieu-Seeland 112
6 Suid-Afrika 111

  • Een wedstryd word vanaand in die Mzansi Superliga gespeel.

Paarl Rocks 19:00 Jozi Stars

  • Die eerste toets tussen Pakistan en Nieu-Seeland het gister in Abu Dhabi uiters spannend geëindig.

Nieu-Seeland 153 & 249
Pakistan 227 en 171

Nieu-Seeland wen met 4 lopies.

  • By die vroue se T20-Wêreldbeker is die vier spanne vir die halfeind bepaal. Die halfeindstryde sal Donderdag en Vrydag in die Karibiese Eilande gespeel word. Die eindstryd sal Sondag afgehandel word.

Gholf

  • Ná die Wêreldtoerkampioenskap in Dubai is Justin Rose die voorste speler op die jongste ranglys.

1 Justin Rose
2 Brooks Koepka
3 Dustin Johnson
4 Justin Thomas
5 Bryson DeChambeau
37 Louis Oosthuizen
49 Branden Grace                                                                             

Motorwedrenne

  • Die Moto GP van Valencia was die laaste wedren in vanjaar se reeks. Hoewel Marc Marquez nie die wedren kon voltooi nie, het hy gemaklik eerste op die finale punteleer geëindig.

1 Marc Marquez Honda 321
2 Andrea Dovizioso Ducati 245
3 Valentino Rossi Yamaha 198
4 Maverick Vinales Yamaha 193
5 Alex Rins Suzuki 169

  • In die Moto2-afdeling het Brad Binder die jaar in die derde plek op die punteleer afgesluit.

1 Francesco Bagnaia (Kalex) 306
2 Miguel Oliveira (KTM) 297
3 Brad Binder (KTM) 201

Sokker

  • Een internasionale wedstryd is gister gespeel.

Ysland 0–0 Katar

Vandag word daar agt wedstryde gespeel. Bafana Bafana speel vanaand teen Paraguay.

  • In Uefa se Nasiesliga is nege wedstryde gisteraand afgehandel.

Duitsland en Nederland het gelykop gespeel met twee doele elk.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Sparkplug ·

Jaag weg vir Davids..kyk watse skande is die kings. Pote se tyd is verby en sy styl is oudtyds. Kom ons probeer iets nuuste en gee vir ou Vic n kans

KK ·

Vic was ‘n goeie rugby speler en dit is waar dit bly. Hy het Ludeke daardie jare gehelp met lynstaan afrigting en dit was ook nie wat wonders, kyk waar het dit Ludeke besorg. Anton Leonard het ‘n beter rating op lynstaanafrigting as wat Vic het – nou wil hulle Vic aanstel as hoofafrigting net omdat hy die regte naam is? ‘n Goeie speler maak nie noodwendig ‘n goeie afrigter.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.