Vandag se sportnuus

Rugby

  • Die Springbokke speel Saterdag teen Wallis in hul laaste wedstryd van hul toer deur Europa. Ses internasionale wedstryde word Saterdag afgehandel.

Italië 16:00 Nieu-Seeland

Skotland 16:30 Argentinië

Engeland 17:00 Australië

Wallis 19:20 Suid-Afrika

Ierland 20:30 VSA

Frankryk 22:05 Fidji

  • Die Pro14-reeks word dié naweek voortgesit met sewe wedstryde wat gespeel word. Die Cheetahs en die Kings is onderskeidelik Saterdag en Sondag in aksie.
  • Suid-Afrika se vrouespan speel hierdie naweek hul laaste wedstryd van hul toer deur Europa teen Italië. Die wedstryd word Sondag in Prato

Gholf

  • Die Wêreldbeker van Gholf begin môre in Melbourne. Suid-Afrika sal verteenwoordig word deur Dylan Frittelli en Erik van Rooyen. Suid-Afrika het dié titel al vyf keer gewen wat die derde meeste in die geskiedenis is. Indien Frittelli en Van Rooyen komende naweek seëvier, sal Suid-Afrika na die tweede plek opskuif.
  • Gary Player se Uitnodigingstoernooi begin môre op die Lost City‑baan in Pilanesberg en duur tot Sondag. Verskeie professionele spelers, sportlui en sakemanne sal aan dié toernooi deelneem.

Krieket

  • Een wedstryd is gisteraand in die Mzansi Superliga

Jozi Stars 209/2

Paarl Rocks 149

Jozi Stars wen met 60 lopies

Vandag word twee wedstryde in die Mzansi Superliga afgehandel.

Durban Heat 14:00 Tshwane Spartans

Cape Town Blitz 19:00 Nelson Mandela Bay Giants

  • Die eerste T20-wedstryd tussen Australië en Indië word vandag in Brisbane afgehandel.
  • Die voormalige Protea, Nic Pothas, is aangestel as tussentydse hoofafrigter van die Wes-Indiese Eilande se manspan. Dié aanstelling is met die oog op die Windies se toer na Bangladesj.
  • By die vroue se T20-wêreldbeker word die eerste halfeind môre gespeel.

Australië speel om 22:00 teen die Wes-Indiese Eilande (gasheerland).

Vrydag om 02:00 speel Engeland teen Indië in die tweede halfeind.

Die eindstryd sal Sondag afgehandel word.

Motorwedrenne

  • Die Formule Een Grand Prix van Abu Dhabi word Sondag gejaag. Dit is die laaste wedren op die 2018‑kalender en sal om 15:00 begin. Lewis Hamilton is reeds as kampioen gekroon.

1 Lewis Hamilton (Mercedes) 383

2 Sebastian Vettel (Ferrari) 302

3 Kimi Raikkonen (Ferrari) 251

4 Valtteri Bottas (Mercedes) 237

5 Max Verstappen (Red Bull) 234

Tennis

  • Die Davisbeker se eindstryd word die naweek in Lille, Frankryk, beslis. Verlede jaar het die Franse die titel ingepalm toe hulle België geklop het. Hierdie naweek speel die Franse teen Kroasië om die titel te behou.

Sokker

  • Agt internasionale wedstryde is gister gespeel. Van die uitslae lyk só:

Suid-Afrika 1 – 1 Paraguay

Argentinië 2 – 0 Mexiko

Italië 1 – 0 Verenigde State

Brasilië 1 – 0 Kameroen

Frankryk 1 – 0 Uruguay

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.