Vandag se sportnuus

Gholf

  • Die Wêreldbeker van Gholf begin vanoggend in Melbourne. Suid-Afrika word verteenwoordig deur Dylan Frittelli en Erik van Rooyen. Suid-Afrika se trotse rekord sluit vyf oorwinnings in sedert dié toernooi in 1953 aangebied is. Gary Player en Harold Henning het Suid-Afrika se eerste Wêreldbeker-toernooi in 1965 gewen, gevolg deur die 1974-oorwinning van Dale Hayes en Bobby Cole. In 1996 het Ernie Els en Wayne Westner die botoon gevoer en in 2001 Els en Retief Goosen. In 2003 was dit die beurt van Trevor Immelman en Rory Sabbatini.
  • Gary Player se Uitnodigingstoernooi begin ook vandag op die Lost City-baan in die Pilanesberg en duur tot Sondag. Van die spelers wat sal afslaan sluit in

Gary Player, Trevor Immelman, Ian Woosnam en Annika Sorenstam.

Rugby

  • Die Springbokspan wat Saterdag teen Wallis speel word vandag bekend gemaak. Daar word verwag dat Rassie Erasmus nie veel aan sy beginspan gaan torring nie.

Ses Internasionale wedstryde word Saterdag afgehandel.

Italië 16:00 Nieu-Seeland

Skotland 16:30 Argentinië

Skotland het nege veranderinge aan sy span aangebring met Josh Strauss wat agtsteman sal speel.

Engeland 17:00 Australië

Wallis 19:20 Suid-Afrika

Wallis se ster-heelagter, Leigh Halfpenny, sal nie Saterdag in Cardiff vir Wallis beskikbaar wees nie as gevolg van harsingskudding.

Ierland 20:30 VSA

Frankryk 22:05 Fidji

  • In die Pro14-reeks word daar die naweek sewe wedstryde afgehandel.

Môre

Glasgow Warriors 21:35 Cardiff Blues

Llanelli Scarlets 21:35 Ulster

Leinster 21:35 Ospreys

Saterdag

Cheetahs 14:30 Benetton Treviso

Zebre 17:30 Munster

Dragons 19:30 Edinburgh

Sondag

Kings 15:00 Connacht

  • Suid-Afrika se vroue-span speel Sondag die laaste wedstryd van hul toer deur Europa teen Italië.

Swem

  • Chad le Clos het swem se Wêreldbeker-titel wat hy verlede jaar gewen het afgestaan. Rusland se Vladimir Morozov het vanjaar se titel opgeraap terwyl Swede se Sarah Sjostrom weer die vrouekampioen is.

Krieket

  • Twee wedstryde is gisteraand in die Mzansi Superliga

Durban Heat het Tshwane Spartans, in ʼn wedstryd wat deur reën onderbreek was, met tien lopies geklop.

Cape Town Blitz en die Nelson Mandela Bay Giants het kragte gemeet en die Blitz het met 12 lopies geseëvier (Duckworth/Lewis metode).

  • Die eerste T20-wedstryd tussen Australië en Indië is in Brisbane afgehandel.

Australië 158/4

Indië 169/7

Australië het die wedstryd met vier lopies gewen (Duckworth/Lewis metode).

  • Die eerste toets tussen Bangladesj en die Wes-Indiese Eilande begin vandag in Chittagong.
  • By die vroue se T20-Wêreldbeker word die eerste halfeind vandag gespeel.
    • Australië speel om 22:00 teen die Wes-Indiese Eilande.
    • Môreoggend om 02:00 speel Engeland teen Indië in die tweede halfeind.
    • Die eindstryd word Sondag gespeel.

Motorwedrenne

  • Die Formule Een Grand Prix van Abu Dhabi (die laaste wedren van die jaar) word Sondag op die Yas Marina-baan in Abu Dhabi gejaag. Die baan is in 2009 voltooi en is 5,554 km lank. Die renjaers sal 55 rondes voltooi en ʼn totaal van 305,355 km aflê. Die langste pylvak is 1,2 km lank en is geleë tussen draai 7 en 8. Die baanrekord (1:40,279) staan agter die naam van Sebastian Vettel (2009).

Tennis

  • Die eindstryd van die Davisbeker word dié naweek in Lille, Frankryk, beslis.
    • Frankryk se span bestaan uit Jo-Wilfried Tsonga, Lucas Pouille, Pierre-Hugues Herbert, Nicolas Mahut en die kaptein is Yannick Noah.
    • België se span is David Goffin, Steve Darcis, Ruben Bemelmans en Arthur de Greef terwyl Johan van Herck die kaptein is.

Sokker

Die halfeindstryde in Telkom se uitdaagtoernooi word Saterdag en Sondag in die Moses Mabhida Stadion in Durban gespeel.

Saterdag

Kaizer Chiefs 15:00 Orlando Pirates

Sondag

Baroka 15:00 Bidvest Wits

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.