Vandag se sportnuus

Rugby

  • Die Springbokspan wat môre om 19:20 teen Wallis speel, is bekend gemaak. Die beginspan is dieselfde gelaat as die een wat verlede Saterdag teen Skotland gespeel het. Op die plaasvervangersbank is Eben Etzebeth in die plek van Lood de Jager ingesluit. 
  • Vyf ander internasionale wedstryde word ook môre afgehandel.

Italië 16:00 Nieu-Seeland
Skotland 16:30 Argentinië

Matias Moroni sal as buitesenter vir Argentinië op die veld draf.

Engeland 17:00 Australië

Curtly Beale sal dié wedstryd misloop, maar David Pocock is fiks verklaar om vir die Aussies uit te draf.

Ierland 20:30 VSA
Frankryk 22:05 Fidji 

  • In die Pro14-reeks word daar vandag drie wedstryde gespeel.  

Vandag

Glasgow Warriors 21:35 Cardiff Blues
Llanelli Scarlets 21:35 Ulster
Leinster 21:35 Ospreys

Môre

Cheetahs 14:30 Benetton Treviso
Zebre 17:30 Munster
Dragons 19:30 Edinburgh

Sondag

Kings 15:00 Connacht

  • Suid-Afrika se vrouespan speel Sondag die laaste wedstryd van hul toer deur Europa teen Italië. 

Krieket

  • Een wedstryd word vanaand in die Mzansi Superliga gespeel.

Nelson Mandela Bay Giants 19:00 Durban Heat

  • Die tweede T20-wedstryd tussen Australië en Indië word vandag in Melbourne afgehandel.

Australië het die eerste wedstryd met 4 lopies gewen.

  • Die eerste toets tussen Bangladesj en die Wes-Indiese Eilande het gister in Chittagong begin.

Bangladesj  315/8

  • By die vroue se T20-Wêreldbeker is die eerste halfeind gespeel.

Australië het die Wes-Indiese Eilande met 71 lopies verslaan.

Engeland het in die tweede halfeind vir Indië met 8 paaltjies geklop.

Die eindstryd word Sondag afgehandel.

Gholf

  • Die $9 miljoen-uitdaging tussen Tiger Woods en Phil Mickelson word vandag op Shadow Creek in Las Vegas gespeel. Die wenner sal al die prysgeld in sy sak steek. 
  • Die Wêreldbeker van Gholf het gister in Melbourne begin.

1 Korea (B. An / S. Kim) -10
Engeland (T. Hatton / I. Poulter) -10
Australië (M Leishman / C. Smith) -10          
13 Suid-Afrika (D. Frittelli / E. van Rooyen) -6 

  • Gary Player se Uitnodigingstoernooi se eerste ronde word vandag op die Lost City-baan in die Pilanesberg gespeel. 

Motorwedrenne

  • Die Formule Een Grand Prix van Abu Dhabi (die laaste wedren van die jaar) word Sondag op die Yas Marina-baan in Abu Dhabi gejaag. Die oefenrondes begin vandag met die kwalifisering wat môre plaasvind. Die hoofren begin Sondag om 15:10.

Tennis

  • Die eindstryd van die Davisbeker begin vandag in Frankryk tussen die spanne van Frankryk en België. Die Franse is die verdedigende kampioenspan. 

Sokker

  • In die Engelse Premierliga word daar môre sewe wedstryde gespeel.

Brighton & Hove Albion 17:00 Leicester City
Fulham 17:00 Southampton
Everton 17:00 Cardiff City
Watford 17:00 Liverpool
West Ham United 17:00 Manchester City
Manchester United 17:00 Crystal Palace
Tottenham Hotspur 19:30 Chelsea

  • Die halfeindstryde in Telkom se uitdaagtoernooi word môre en Sondag in die Moses Mabhida-stadion in Durban gespeel.

Môre

Kaizer Chiefs 15:00 Orlando Pirates

Sondag

Baroka 15:00 Bidvest Wits

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.