Vandag se sportnuus

Rugby

  • Die Springbokke het Saterdag in hul laaste wedstryd van hul toer deur Europa teen Wallis gespeel en pak gekry. Wallis het koning gekraai met 20 – 11.
  • Vyf ander Internasionale wedstryde is ook die naweek gespeel.

Italië 3 – 66 Nieu-Seeland

Skotland 14 – 9 Argentinië

Engeland 37 – 18 Australië

Ierland 57 – 14 VSA

Frankryk 14 – 21 Fidji

  • Die vleuel van die Springbokke en die Leeus, Aphiwe Dyantyi, is gisteraand in Monaco as Wêreldrugby se nuwelingspeler van die jaar aangewys.
  • In die Pro14-reeks was die twee Suid-Afrikaanse spanne die naweek in aksie.   

Cheetahs 31 – 25 Benetton Treviso

Kings 14 – 31 Connacht

  • Suid-Afrika se vrouespan het Sondag in hul laaste wedstryd van hul toer deur Europa teen Italië gespeel en met 35 – 10 verloor.

Sewesrugby

  • Die Wêreldreeks begin komende naweek wanneer die Dubai-sewes gespeel word. Die Blitsbokke is die verdedigende kampioene.

Krieket

  • Twee wedstryde is gister in die Mzansi Superliga gespeel.

Paarl Rocks klop die Cape Town Blitz met 5 paaltjies.

NMB Giants klop die Tshwane Spartans met 7 lopies (D/L metode).

  • Die derde T20-wedstryd tussen Australië en Indië is gister in Sydney afgehandel.

Aussies 164/6

Indië 168/4 (19,4/20 bb, teiken was 165)

Indië wen met 6 paaltjies met 2 balle oor.

  • In Colombo het die toets tussen Engeland en Sri Lanka sy derde dag beleef.

Engeland 336 & 230

Sri Lanka 240 & 53/4

Sri Lanka benodig 274 lopies met ses paaltjies staande.

  • Die tweede toets tussen Nieu-Seeland en Pakistan se tweede dag is gister afgehandel.

Pakistan 418/5 verklaar

Nieu-Seeland 24/0

  • By die vroue se T20-Wêreldbeker (in die Wes-Indiese Eilande) is die eindstryd gister gespeel en Australië is as die kampioen gekroon.

Engeland 105

Australië 106/2 (15,1/20 bb, teiken was 106)

Australië wen met agt paaltjies met 29 balle oor.

Gholf

  • Die $9 miljoen-uitdaging tussen Tiger Woods en Phil Mickelson is die naweek op Shadow Creek in Las Vegas gespeel. Mickelson het op die vierde valbylputjie dié tweestryd gewen.
  • Die 59ste Wêreldbeker van gholf is Sondag in Australië afgehandel met België wat as oorwinnaar uit die stryd getree het. Thomas Pieters en Thomas Detry het met drie houe geseëvier nadat hulle die laaste dag met ʼn voorsprong van vyf houe begin het. Dit was België se eerste oorwinning in die toernooi. Daar was 27 deelnemende lande wat elkeen deur twee spelers verteenwoordig was.

-23 België

-20 Australië en Mexiko

-17 Denemarke en Kanada

-16 Suid-Korea en Italië

-15 Engeland

– 8 Suid-Afrika (Dylan Frittelli en Eric van Rooyen)

  • Gary Player se Uitnodigingstoernooi is op die Lost City-baan deur die span van Ian Woosnam op -34 gewen.

Motorwedrenne

Die Formule Een Grand Prix van Abu Dhabi (die laaste wedren van die jaar) is gister gejaag. Dié wedren oor 305,355 km is op die Yas Marina-baan in Abu Dhabi afgehandel. Lewis Hamilton (Mercedes), wat reeds as die wêreldkampioen gekroon is, het voor wegspring en hy het die wedren gemaklik gewen. Sebastian Vettel (Ferrari) was tweede en Max Verstappen (Red Bull) derde.

Tennis

  • Die eindstryd van die Davisbeker is deur Kroasië gewen toe hy die huidige houer, Frankryk, onttroon het.

Sokker

  • In die Engelse Premierliga is twee wedstryde gister gespeel.

Wolverhampton Wanderers 0 – 2 Huddersfield Town

AFC Bournemouth 1 – 2 Arsenal

  • Die halfeindstryde in Telkom se uitdaagtoernooi is in die Moses Mabhida Stadion in Durban gespeel.

Kaizer Chiefs 1 – 2 Orlando Pirates

Baroka 1 – 0 Bidvest Wits

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.