- Die Springbokke sluit 2018 in die vyfde plek op die wêreldranglys af.
- Nieu-Seeland 92.54
- Ierland 91.17
- Wallis 87.24
- Engeland 86.22
- Suid-Afrika 84.58
- Australië 82.40
- Skotland 81.84
- Fidji 77.95
- Frankryk 77.33
- Argentinië 77.05
- Saterdag speel die Barbarians teen Argentinië met Rassie Erasmus as afrigter. Daar is spelers van sewe lande in die Barbarian-groep wat 13 Suid-Afrikaners insluit. Onder die agterspelers is Aphiwe Dyantyi, Damian de Allende, Elton Jantjies, Jesse Kriel en Handre Pollard. Onder die voorspelers is Malcolm Marx, Schalk Brits, Lood de Jager, Pieter-Steph du Toit, Steven Kitshoff, Siya Kolisi, Trevor Nyakane en Sikhumbuzo Notshe.
- In die Pro14-reeks beklee die Glasgow Warriors tans die eerste posisie op die punteleer in Konferensie A. Die span van Leinster loop voor in Konferensie B.
Sewesrugby
- Die Wêreldreeks begin komende naweek wanneer die Dubai-sewes afgehandel word. Daar sal tien toernooie tot 2 Junie gespeel word.
Krieket
- In die Mzansi Superliga is die Cape Town Blitz die voorloper op die punteleer.
1 Cape Town Blitz 18
2 Nelson Mandela Bay Giants 12
3 Jozi Stars 5
4 Durban Heat 4
5 Paarl Rocks 4
6 Tshwane Spartans 4
- Een wedstryd word vanaand in die Mzansi Superliga gespeel.
Nelson Mandela Bay Giants 19:00 Cape Town Blitz
Môre
Tshwane Spartans 14:00 Jozi Stars
Durban Heat 19:00 Paarl Rocks
- In Colombo is die derde toets tussen Engeland en Sri Lanka afgehandel.
Engeland 336 & 230
Sri Lanka 240 & 284
Engeland wen met 42 lopies en verower die reeks met 3-0.
- Die tweede toets tussen Nieu-Seeland en Pakistan se derde dag is gister afgehandel.
Pakistan 418/5 verklaar
Nieu-Seeland 90 en 132/2 in sy opvolgbeurt.
Gholf
- Brooks Koepka beklee tans die eerste plek op die jongste wêreldranglys.
1 Brooks Koepka
2 Justin Rose
3 Dustin Johnson
4 Justin Thomas
5 Bryson DeChambeau
35 Louis Oosthuizen
48 Branden Grace
Motorwedrenne
- Die laaste Formule Een-wedren van 2018, die Grand Prix van Abu Dhabi, is Sondag gejaag. Op die finale punteleer vir 2018 het Hamilton die seisoen met 88 punte voor Vettel afgesluit.
1 Lewis Hamilton (Mercedes) 408 (nuwe rekordtal punte in ʼn seisoen)
2 Sebastian Vettel (Ferrari) 320
3 Kimi Räikkönen (Ferrari) 251
4 Max Verstappen (Red Bull) 249
5 Valtteri Bottas (Mercedes) 247
Netbal
- Suid-Afrika het twee nasionale spanne wat vandeesweek aan die Diamant-uitdaging in Limpopo gaan deelneem. Die ander spanne is Namibië, Botswana, Zimbabwe en Zambië.
Hokkie
- Suid-Afrika se vrouespan sal in Desember teen ʼn wêreldspan in vier wedstryde by UCT speel. Die eerste wedstryd is op 14 Desember en die laaste op 19 Desember.
Sokker
- In Uefa se Kampioeneliga word daar vanaand agt wedstryde gespeel.
CSKA Moskva 19:55 Viktoria Plzeň
AEK Athens 19:55 Ajax
Hoffenheim 22:00 Shakhtar Donetsk
Bayern München 22:00 Benfica
Olympique Lyonnais 22:00 Manchester City
Juventus 22:00 Valencia
Roma 22:00 Real Madrid
Manchester United 22:00 Young Boys
- In die plaaslike Premierliga word daar vandag drie wedstryde afgehandel.
Maritzburg United 19:30 Chippa United
Polokwane City 19:30 Cape Town City
Highlands Park 19:30 AmaZulu FC