Vandag se sportnuus

Rugby

  • Die Springbokke sluit 2018 in die vyfde plek op die wêreldranglys af.
  1. Nieu-Seeland 92.54
  2. Ierland 91.17
  3. Wallis 87.24
  4. Engeland 86.22
  5. Suid-Afrika 84.58
  6. Australië 82.40
  7. Skotland 81.84
  8. Fidji 77.95
  9. Frankryk 77.33
  10. Argentinië 77.05 
  • Saterdag speel die Barbarians teen Argentinië met Rassie Erasmus as afrigter. Daar is spelers van sewe lande in die Barbarian-groep wat 13 Suid-Afrikaners insluit. Onder die agterspelers is Aphiwe Dyantyi, Damian de Allende, Elton Jantjies, Jesse Kriel en Handre Pollard. Onder die voorspelers is Malcolm Marx, Schalk Brits, Lood de Jager, Pieter-Steph du Toit, Steven Kitshoff, Siya Kolisi, Trevor Nyakane en Sikhumbuzo Notshe.
  • In die Pro14-reeks beklee die Glasgow Warriors tans die eerste posisie op die punteleer in Konferensie A. Die span van Leinster loop voor in Konferensie B.   

Sewesrugby

  • Die Wêreldreeks begin komende naweek wanneer die Dubai-sewes afgehandel word. Daar sal tien toernooie tot 2 Junie gespeel word. 

Krieket

  • In die Mzansi Superliga is die Cape Town Blitz die voorloper op die punteleer.

1   Cape Town Blitz 18
2   Nelson Mandela Bay Giants 12
3   Jozi Stars 5
4   Durban Heat 4
5   Paarl Rocks 4
6   Tshwane Spartans 4

  • Een wedstryd word vanaand in die Mzansi Superliga gespeel.

Nelson Mandela Bay Giants 19:00 Cape Town Blitz

Môre

Tshwane Spartans 14:00 Jozi Stars
Durban Heat 19:00 Paarl Rocks

  • In Colombo is die derde toets tussen Engeland en Sri Lanka afgehandel.

Engeland 336 & 230
Sri Lanka 240 & 284

Engeland wen met 42 lopies en verower die reeks met 3-0.

  • Die tweede toets tussen Nieu-Seeland en Pakistan se derde dag is gister afgehandel.

Pakistan 418/5 verklaar

Nieu-Seeland 90 en 132/2 in sy opvolgbeurt.

Gholf

  • Brooks Koepka beklee tans die eerste plek op die jongste wêreldranglys.

1 Brooks Koepka
2 Justin Rose
3 Dustin Johnson
4 Justin Thomas
5 Bryson DeChambeau
35 Louis Oosthuizen
48 Branden Grace 

Motorwedrenne

  • Die laaste Formule Een-wedren van 2018, die Grand Prix van Abu Dhabi, is Sondag gejaag. Op die finale punteleer vir 2018 het Hamilton die seisoen met 88 punte voor Vettel afgesluit.

1 Lewis Hamilton (Mercedes) 408 (nuwe rekordtal punte in ʼn seisoen)
2 Sebastian Vettel (Ferrari) 320
3 Kimi Räikkönen (Ferrari) 251
4 Max Verstappen (Red Bull) 249
5 Valtteri Bottas (Mercedes) 247

Netbal

  • Suid-Afrika het twee nasionale spanne wat vandeesweek aan die Diamant-uitdaging in Limpopo gaan deelneem. Die ander spanne is Namibië, Botswana, Zimbabwe en Zambië. 

Hokkie

  • Suid-Afrika se vrouespan sal in Desember teen ʼn wêreldspan in vier wedstryde by UCT speel. Die eerste wedstryd is op 14 Desember en die laaste op 19 Desember. 

Sokker

  • In Uefa se Kampioeneliga word daar vanaand agt wedstryde gespeel.

CSKA Moskva 19:55 Viktoria Plzeň
AEK Athens 19:55 Ajax
Hoffenheim 22:00 Shakhtar Donetsk
Bayern München 22:00 Benfica
Olympique Lyonnais 22:00 Manchester City
Juventus 22:00 Valencia
Roma 22:00 Real Madrid
Manchester United 22:00 Young Boys 

  • In die plaaslike Premierliga word daar vandag drie wedstryde afgehandel.

Maritzburg United 19:30 Chippa United
Polokwane City 19:30 Cape Town City
Highlands Park 19:30 AmaZulu FC

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.