Vandag se sportnuus

Rugby

  • Saterdag speel die Barbarians teen Argentinië op Twickenham in Londen. Die afskop is om 16:30.
  • Die Springbokke se agtsteman, Duane Vermeulen, het verlede Saterdag vir langer as 30 minute met ʼn ontwrigte skouer teen Wallis gespeel. Vermeulen het sy skouer reeds in die 30ste minuut beseer en het tot in die 63ste minuut op die veld gebly. Dit was blykbaar ook die rede waarom Vermeulen met die afrigter, Rassie Erasmus, oor ʼn gehoorstuk gepraat het.
  • In die Pro14-reeks speel die Cheetahs en die Kings komende naweek in tuiswedstryde teen Europese spanne.

Sewesrugby

  • Die 2018/19 Wêreldreeks begin komende naweek met die Dubai-sewes wat Vrydag en Saterdag gespeel word. Die eerste wedstryd begin Vrydag om 07:00. Die Blitsbokke speel om 08:52 hul eerste wedstryd teen Zimbabwe.

Krieket

  • Suid-Afrika se reeks teen Pakistan begin op 19 Desember terwyl Sri Lanka se toer deur Suid-Afrika op 13 Februarie afskop. Kaartjies vir albei toere is reeds beskikbaar.
  • Intussen het Engeland in die tweede plek ingeskuif op die IKR se toetsranglys ná hul reeks-oorwinning oor Sri Lanka. Indië (116) is steeds eerste met Engeland (108) nou tweede en Suid-Afrika (106) derde. Australië is vierde (102) en Nieu-Seeland (101) vyfde.
  • Een wedstryd was vir gister in die Mzansi Superliga

Geen spel was egter moontlik in die wedstryd tussen die Nelson Mandela Bay Giants en die Cape Town Blitz nie as gevolg van reën.

Vandag

Tshwane Spartans 14:00 Jozi Stars

Durban Heat 19:00 Paarl Rocks

  • Die tweede toets tussen Nieu-Seeland en Pakistan het gister op dag vier ten einde geloop.

Pakistan 418/5 verklaar

Nieu-Seeland 90 en 312 (opvolgbeurt).

Pakistan wen met ʼn beurt en 16 lopies. Yasir Shah het 14 paaltjies in die wedstryd platgetrek.

Gholf

  • Die aandag verskuif die week na Mauritius wanneer die spelers môre afslaan in die Mauritius Ope. Dylan Frittelli van Suid-Afrika is die verdedigende kampioen.
  • In die Bahamas word Hero se Wêrelduitdaging die week gespeel.
  • In Australië begin die Australiese PGA ook môre aan die Goue Kus van Queensland.

Netbal

  • Ses spanne is in aksie by die week se Diamant-uitdaging in Limpopo. Die Proteas het Namibië gister met 78 – 28 verinneweer en die SA Presidentsspan het Zambië met 48 – 46 geklop.

Motorwedrenne

  • Mick Schumacher, die seun van die legendariese Michael Schumacher, sal aanstaande jaar in Formule Twee in aksie wees.  

Sokker

  • Suid-Afrika se vrouespan, Banyana Banyana, het gisteraand hul halfeindstryd van die Afrikabeker teen Mali met 2 – 0 gewen. Met dié oorwinning kwalifiseer hulle ook vir die Wêreldbeker-toernooi aanstaande jaar in Frankryk.
  • In Uefa se Kampioeneliga is daar gisteraand agt wedstryde afgehandel.

Hoffenheim 2 – 3 Shakhtar Donetsk

Bayern München 5 – 1 Benfica

Olympique Lyonnais 2 – 2 Manchester City

Roma 0 – 2 Real Madrid

Juventus 1 – 0 Valencia

Manchester United 1 – 0 Young Boys

CSKA Moskva 1 – 2 Viktoria Plzeň

AEK Athens 0 – 2 Ajax

  • In die plaaslike Premierliga is daar gister drie wedstryde gespeel.

Maritzburg United 0 – 0 Chippa United

Polokwane City 1 – 2 Cape Town City

Highlands Park 1 – 2 AmaZulu FC

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.