Vandag se sportnuus

Sewesrugby

  • Die Wêreldreeks se eerste toernooi, die Dubai-sewes, begin môreoggend om 07:00.

Die Blitsbokke is in Groep A.

Groep A: Argentinië, Suid-Afrika, Samoa en Zimbabwe.
Groep B: Fidji, Frankryk, Kenia en Skotland.
Groep C: Nieu-Seeland, Spanje, VSA en Wallis.
Groep D: Australië, Kanada, Engeland en Japan. 

  • Suid-Afrika se vrouespan sal reeds vandag aan die seweskompetisie in Dubai deelneem. Hul eerste wedstryd is teen Wallis. 

Rugby

  • Die span van die Barbarians wat Saterdag teen Argentinië op Twickenham speel, sal deur Wyatt Crockett van Nieu-Seeland aangevoer word. Daar is agt Bokke in die beginspan en vyf Bokke op die bank. Die afskop is om 16:30.
  • In die Pro14-reeks word ses wedstryde komende naweek gespeel. Dit sal die Cheetahs en Kings se laaste wedstryde vir die jaar wees voor die aanbreek van die somervakansie.

Môre

Munster 21:35 Edinburgh
Ospreys 21:35 Zebre

Saterdag

Ulster 17:00 Cardiff Blues
Cheetahs 17:00 Connacht
Kings 19:15 Benetton Treviso
Dragons 19:15 Leinster

Krieket

  • Die Proteas se Kagiso Rabada is weer die voorste bouler op die IKR se ranglys vir toetsboulers. Die 23-jarige Rabada het by Engeland se James Anderson verbygeskuif nadat Anderson die laaste toets teen Sri Lanka misgeloop het. Vernon Philander van Suid-Afrika is vierde.
  • Virat Kohli is steeds die voorste toetskolwer in die wêreld met Dean Elgar agtste en Aiden Markram negende.
  • Twee wedstryde is gister in die Mzansi Superliga gespeel.

Tshwane Spartans het die Jozi Stars met 4 paaltjies geklop.
Paarl Rocks klop die Durban Heat met 32 lopies (Duckworth/Lewis‑metode).

Gholf

  • Die Mauritius Ope het vanoggend by die Four Seasons Gholfklub naby Anahita begin. Dié baan is deur Ernie Els ontwerp en Els is self dié week in aksie. Vyftig Suid-Afrikaners is op die inskrywingslys. 
  • In die Bahamas word Hero se Wêrelduitdaging die week gespeel. Net agttien spelers sal in aksie wees wat Tiger Woods insluit. 
  • In Australië het die Australiese PGA vanoggend aan die goue kus begin. Die vroeë voorlopers is Jake McLeod en Matt Jager wat beide op -6 is. 

Netbal

  • By die Diamant-uitdaging in Limpopo het die Proteas gister teen Botswana gespeel en met 83 – 16 koning gekraai.
  • Twee ander wedstryde is ook gespeel.

SA Presidentspan 61 – 31 Namibië
Zambië 57 – 51 Zimbabwe 

Hokkie

  • Die Proteas het hul Wêreldbekertoernooi met ʼn pakslae afgeskop. Indië het Suid-Afrika in hul eerste wedstryd met 5 – 0 getroef. Suid-Afrika speel Sondag in hul volgende kragmeting teen Kanada.
  • België het Kanada in die ander Groep C‑wedstryd met 2 – 1 geklop. 

Sokker

  • Banyana Banyana sal Saterdag (18:00) in die eindstryd van die Afrikabeker teen Nigerië speel. Nigerië is die verdedigende kampioene. 
  • In Uefa se Kampioeneliga is gisteraand agt wedstryde afgehandel.

Napoli 3 – 1 Crvena Zvezda
Tottenham Hotspur 1 – 0 Internazionale
Porto 3 – 1 Schalke
PSV 1 – 2 Barcelona
Borussia Dortmund 0 – 0 Club Brugge
Paris Saint-Germain 2 – 1 Liverpool
Lokomotiv Moskva 2 – 0 Galatasaray
Atlético Madrid 2 – 0 Monaco 

  • In die plaaslike Premierliga is gister een wedstryd gespeel.

Bloem Celtic 0 – 0 SuperSport United

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.