Vandag se sportnuus

sportnuus-attoohInternasionale krieket

Die Proteas en Nieu-Seeland speel in die eerste toets van die huidige reeks in Dunedin teen mekaar. Die Proteas het eerste gekolf en was almal uit vir 308 lopies in hul eerste beurt. Dean Elgar het 140 aangeteken.

Aan die einde van dag 3 was SA op 38/1 wat aan hulle ʼn voorsprong van 5 lopies gee met 9de tweede beurt paaltjies staande.

NS is vanoggend uitgehaal vir 341 (114.3 bb) wat aan dié span ʼn voorsprong op die eerste beurt gee van 33 lopies. Keshav Maharaj het 5 paaltjies vir 94 lopies platgetrek.

Die Wes-Indiese Eilande het gister teen Engeland in die derde Eendagwedstryd van die huidige reeks in Barbados gespeel.
Engeland 328 (50 bb)
Wes-Indië 142 (39.2/50 bb)
Engeland wen met 186 lopies.

In die eerste toets in Galle staan sake so:
Sri Lanka eerste beurt 494
Bangladesj antwoord met 312 (97.2 ov)
ʼn Agterstand vir Bangladesj van 182 lopies op die eerste beurt.

Plaaslike krieket

In die Momentum-eendagreeks word daar vandag twee wedstryd gespeel.

sport-vir-dag-krieket

Sewesrugby

Die Blitsbokke begin hul aanslag op die sesde been van die Wêreldreeks in Kanada môreaand teen Chili. Die wedstryd sal om 21:18 (SA tyd) gespeel word. Daarna is dit Kenia om 00:54 en dan die belangrike wedstryd teen Engeland om 04:34 Saterdagoggend.

Superrugby

Sanzar se beamptes sal vandag in Londen vergader om die toekoms van Superrugby se formaat te bespreek. Daar is sprake dat die getal spanne van 18 na 16 gaan verminder.

Die naweek se aksie lyk so: Twee wedstryde word vanoggend gespeel.

super-rugby

Sesnasiesrugby

Drie wedstryde word die naweek gespeel met die eerste reeds vanaand.

sesnasierugby

Indien Engeland vir Skotland klop, sal hy 18 oorwinnings agtereenvolgend agter sy naam skryf. Dit sal die All Blacks se rekord van 18 agtereenvolgende oorwinnings ewenaar.

Hokkie

In die Somerreeks op Hartleyvale in Kaapstad het Suid-Afrika se manshokkiespan gisteraand teen Duitsland te staan gekom. Duitsland het met 5-2 koning gekraai.

Gholf

In die Europese reeks is die Indiese Ope se eerste ronde gister gespeel. Spel is in ʼn stadium weens donderweer gestaak en kon nie voltooi word nie.

gholf

En in die VSA staan sake so ná die eerste ronde van die Valspar-kampioenskap op Innisbrook in Florida.

gholf-2

Formule 1

By die voorseisoentoetse in Barcelona het Sebastian Vettel Ferrari se vooruitsigte vir die 2017-seisoen baie positief afgesluit. Hy het gister die vinnigste oefentyd aangeteken.

Fietsry

Die 40ste Kaapse Fietswedren word Sondag in die Kaapse skiereiland gejaag. Dit is die wêreld se grootste fietsren waar daar amptelik tyd gehou word. Altesaam 300 mense sal op die roete meer as 200 000 liter vloeistof aan deelnemers uitdeel.

Sokker

Op die jongste FIFA-ranglys is Engeland die 14de beste span in die wêreld.

  1. Argentinië
  2. Brasilië
  3. Duitsland

In die Engelse Premierliga word daar môre drie wedstryde gespeel:

sokker

Op die plaaslike sokkerfront word daar môre ses Nedbankbekerwedstryde afgehandel:

sokker2

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.