Vandag se sportnuus

Sewesrugby

  • Die Wêreldreeks begin vandag met die Dubai-sewes wat om 07:00 afskop.

Die Blitsbokke speel vandag in drie wedstryde in Groep A.

Suid-Afrika 8:52 Zimbabwe

Suid-Afrika 12:36 Samoa

Suid-Afrika 17:53 Argentinië

Die eindstryd van dié toernooi word môre om 17:29 gespeel.

  • Suid-Afrika se vrouespan was reeds gister in aksie in die seweskompetisie in Dubai. Hulle het twee van hulle wedstryde in die groepfase gewen en een verloor. Hulle het Wallis met 24 – 5 en Almaty van Kazakstan met 12 – 5 geklop. Hulle het egter met 12 – 24 vasgeval teen die Japanse span Arukas Queen Kumagaya.

Rugby

  • Net een Internasionale wedstryd word die naweek gespeel. Die Barbarians speel môre op Twickenham om 16:30 teen Argentinië. Daar is 13 Springbokke in die Barbarians se groep van 23 spelers. Die flank van Argentinië, Pablo Matera, sal as kaptein van sy span op die veld draf.
  • In die Pro14-reeks word daar vandag twee wedstryde afgehandel.

Vandag

Munster 21:35 Edinburgh

Ospreys 21:35 Zebre

Môre

Ulster 17:00 Cardiff Blues

Cheetahs 17:00 Connacht

Kings 19:15 Benetton Treviso

Dragons 19:15 Leinster

Krieket

  • Twee wedstryde word vanaand in die Mzansi Superliga

Port Elizabeth: Nelson Mandela Bay Giants 14:00 Paarl Rocks

Johannesburg: Jozi Stars 19:00 Durban Heat.

  • Die Suid-Afrikaanse Krieketjaarboek het gister verskyn waarin sy vyf top-spelers van die jaar ook aangewys word. Dié vyf is Aiden Markram, Lungi Ngidi, Junior Dala, Jon-Jon Smuts en Rassie van der Dussen.

Gholf

  • Die Mauritius Ope se eerste ronde is gister by die Four Seasons Gholfklub naby Anahita voltooi. Jaco van Zyl het ʼn eerste ronde van 65 houe aangeteken om op -7 net een hou agter die voorlopers te wees.

1 Chikkarangappa S -8

Victor Perez -8

3 Kurt Kitayama -7

Masahiro Kawamura -7

   Jaco van Zyl -7

6 Lee Slattery -5

   Justin Harding -5

   Alex Haindl -5

   Oliver Bekker -5

  • In die Bahamas is die eerste ronde van die Hero-Wêrelduitdaging afgehandel. Tiger Woods (+1) is 8 houe agter die voorlopers.

1 Patrick Cantlay -7

Patrick Reed -7

3 Henrik Stenson -4

Dustin Johnson -4

  • In Australië is die tweede ronde van die Australiese PGA reeds aan die gang. Die vroeë voorlopers is Jake McLeod en Dimitrios Papadatos wat albei op -7 is.
  • Intussen het ʼn paar kranige spelers bevestig dat hulle van 13 tot 16 Desember aan die Alfred Dunhill Kampioenskap op Leopard Creek gaan deelneem. Die spelers is Ernie Els, Louis Oosthuizen, Charl Schwartzel, Branden Grace en Brandon Stone.

Netbal

  • By die Diamant-uitdaging in Limpopo het die Proteas gister teen die SA Presidentspan gespeel en met 62 – 35 koning gekraai.
  • Twee ander wedstryde is ook afgehandel.

Botswana 42 – 58 Zambië

Namibië 43 – 62 Zimbabwe

Hokkie

  • Die Proteas se manspan speel Sondag in hul tweede wedstryd by vanjaar se Wêreldbekertoernooi teen Kanada. Suid-Afrika het hul eerste kragmeting teen Indië verloor.

Sokker

  • In die Engelse Premierliga is daar een wedstryd geskeduleer vir vanaand.

Cardiff City 22:00 Wolverhampton Wanderers

  • In die plaaslike Premierliga word daar vanaand ook een wedstryd gespeel.

Chippa United 20:00 AmaZulu FC

  • Banyana Banyana speel môre in die eindstryd van die Afrikabeker teen Nigerië. Nigerië is die verdedigende kampioen.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.