Vandag se sportnuus

Sewesrugby

  • Ná die eerste toernooi in die Wêreldreeks in Dubai is Suid-Afrika tien punte agter Nieu-Seeland op die punteleer.

1 Nieu-Seeland 22
2 VSA 19
3 Engeland 17
4 Australië 15
5 Fidji 13
6 Suid-Afrika 12 

  • Die volgende toernooi in dié reeks word komende naweek in Kaapstad gespeel. Die Blitsbokke sal in ʼn spesiale Mandela-trui in aksie wees. Daarmee word Nelson Mandela, wat sy 100ste verjaardag vanjaar sou vier, gedenk. 

Rugby

  • Die Bokafrigter, Rassie Erasmus, het aangedui dat Siya Kolisi die kaptein van die Bokke sal wees in aanstaande jaar se Wêreldbekertoernooi in Japan.
  • In die Pro14-reeks is die Glasgow Warriors gemaklik voor op die punteleer in Konferensie A. In Konferensie B loop Leinster gemaklik voor.

Krieket

  • Een wedstryd word vandag in die Mzansi Superliga Chris Gayle is terug in Suid-Afrika en sal vanaand in aksie wees vir die Jozi Stars terwyl Reeza Hendricks gaan poog om sy derde honderdtal in ʼn ry aan te teken.

Cape Town Blitz 19:00 Jozi Stars

Op die jongste punteleer loop die Cape Town Blitz gemaklik voor.

1   Cape Town Blitz 25
2   Nelson Mandela Bay Giants 19
3   Jozi Stars 15
4   Paarl Rocks 13
5   Tshwane Spartans 8
6   Durban Heat 4

  • Die derde en finale toets tussen Nieu-Seeland en Pakistan het gister in Abu Dhabi begin. Teen die einde van dag een was Nieu-Seeland op 229/7 in sy eerste beurt.

Gholf

  • Die SA Ope-gholftoernooi begin Donderdag met ʼn groot aantal bekende spelers wat in aksie sal wees by die Randparkklub in Gauteng. Die SA Ope is die tweede oudste toernooi ter wêreld en dit word vanjaar gesamentlik deur die Europese, Sonskyn- en Asiatiese toer aangebied. 
  • Op die jongste ranglys is Brooks Koepka steeds die voorste speler in die wêreld.

1 Brooks Koepka
2 Justin Rose
3 Dustin Johnson
4 Justin Thomas
5 Bryson DeChambeau
36 Louis Oosthuizen
50 Branden Grace 

Hokkie

  • In vanjaar se Wêreldbekertoernooi in Indië speel die Proteas se manspan komende Saterdag teen België in hul derde wedstryd van die toernooi.
  • Gister was twee wedstryde in Groep A gespeel.

Spanje 1-1 Frankryk
Nieu-Seeland 0 – 3 Argentinië.

  • Vandag speel Engeland teen Australië en Ierland teen China. 

Sokker

  • In die Engelse Premierliga word daar vanaand vier wedstryde afgehandel.

West Ham United 21:45 Cardiff City
AFC Bournemouth 21:45 Huddersfield Town
Brighton & Hove Albion 21:45 Crystal Palace
Watford 22:00 Manchester City

  • In die plaaslike Premierliga loop Orlando Pirates met ʼn enkel punt voor op die punteleer.

1 Orlando Pirates 24
2 Bidvest Wits 23
3 Mamelodi Sundowns 21
4 Bloemfontein Celtic 21
5 Polokwane City 21

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.