Vandag se sportnuus

Gholf

  • In die Europese reeks begin die SA Ope-gholftoernooi môre by die Randparkklub in Gauteng. Gary Player het dié toernooi 13 keer gewen en Bobby Locke het nege keer geseëvier. Die afgelope twee jaar het Chris Paisley en Graeme Storm van Engeland die titel opgeraap. Brandon Stone van Suid-Afrika het drie jaar gelede gewen. Van die bekendes wat vanjaar sal afslaan, sluit in Louis Oosthuizen, Branden Grace, Charl Schwartzel, Ernie Els en Brandon Stone. Onder die buitelandse spelers trek die name van Matt Wallace en Edoardo Molinari aandag.  
  • Op die Amerikaanse PGA-toer word die QBE Valbyl-toernooi in Florida gespeel.

Sewesrugby

  • Die Wêreldreeks se tweede toernooi word Saterdag en Sondag in Kaapstad afgehandel. Die Blitsbokke verloor ná die naweek nog een van hul spelskeppers en sterre. Rosko Specman sal komende naweek by die Kaapstad-sewes in sy laaste toernooi vir Suid-Afrika uitdraf. Specman keer terug na 15-man-rugby en hy sal aanstaande jaar in die Superrugby-reeks vir die Bulls speel. Die Blitsbokke is komende naweek saam met Nieu-Seeland, Samoa en Zimbabwe ingedeel vir die groepfase.

Rugby

  • Superrugby trek aanstaande jaar ʼn splinternuwe baadjie aan wanneer Marvel se bekende Super Heroes deel word van die Suid-Afrikaanse Franchises. Die Bulls en Captain America gaan hande vat. Die Lions en Spider-Man gooi hul kragte bymekaar, die Sharks en Black Panther is saam en die Stormers sal die kleure van Thor dra.

Atletiek

  • Die IAAF het sy skorsing van Rusland uit alle vorme van atletiek gehandhaaf weens dié land se betrokkenheid by grootskaalse opkikkerverwante gebeure tussen 2011 en 2015. Dit beteken dat Rusland nie onder sy eie vaandel aan die Europese Binnenshuis-kampioenskapsreeks in Februarie sal kan deelneem nie. Die IAAF se raad sit eers weer in Maart.

Krieket

  • Die derde en finale toets tussen Nieu-Seeland en Pakistan het gister in Abu Dhabi sy tweede dag beleef.

Nieu-Seeland 274

Pakistan 139/3 (61 bb). Pakistan is nog 135 lopies agter met sewe paaltjies staande.

  • Een wedstryd is gister in die Mzansi Superliga

Jozi Stars 196/4 (Reeza Hendricks 79 lopies van 48 balle met 5 x 4 en 6 x 6)

Cape Town Blitz 146

Die Stars wen met 50 lopies en verdien ook ʼn bonus.

Op die jongste punteleer het die Stars nou opgeskuif na die tweede plek.

1   Cape Town Blitz 25

2   Jozi Stars 20

3   Nelson Mandela Bay Giants 19

4   Paarl Rocks 13

5   Tshwane Spartans 8

6   Durban Heat 4

  • Vandag word daar twee wedstryde in die Mzansi Superliga afgehandel.

Centurion: Tshwane Spartans 14:00 Paarl Rocks

Durban: Durban Heat 19:00 Nelson Mandela Bay Giants

Hokkie

  • By die mans se Wêreldbekertoernooi in Indië is daar gister twee wedstryde in Groep B gespeel.

Engeland 0–3 Australië

Ierland 1–1 China

  • Vandag speel Duitsland teen Nederland en Maleisië teen Pakistan.

Sokker

  • In die Engelse Premierliga is daar gisteraand vier wedstryde afgehandel.

West Ham United 3–1 Cardiff City

AFC Bournemouth 2–1 Huddersfield Town

Brighton & Hove Albion 3–1 Crystal Palace

Watford 1–2 Manchester City

Vanaand word daar vyf wedstryde in die Engelse Premierliga gespeel.

Wolverhampton Wanderers 21:45 Chelsea

Fulham 21:45 Leicester City

Everton 21:45 Newcastle United

Burnley 21:45 Liverpool

Tottenham Hotspur 22:00 Southampton

Manchester United 22:00 Arsenal

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.