Vandag se sportnuus

Gholf

  • Die SA Ope-gholftoernooi begin vandag by die Randparkklub in Randburg. Die eerste twee dae se groeperings is gedoen. Van die interessante groeperings sluit in dié van (07:40) Ernie Els, George Coetzee en Justin Walters. (08:25) Louis Oosthuizen speel saam met die laaste twee wenners, Chris Paisley en Matt Wallace. (11:55) Haydn Porteous is op die bof saam met Charl Schwartzel en Bernd Wiesberger. 
  • Op die Amerikaanse PGA-toer word die QBE Valbyl-toernooi in Florida gespeel. Net 12 spanne met twee spelers elk sal in aksie wees. 

Sewesrugby

  • Die Wêreldreeks se tweede toernooi word Saterdag en Sondag in Kaapstad afgehandel. Alle kaartjies vir dié geleentheid is uitverkoop. Daar is soos gebruiklik vier groepe met vier spanne elk vir die eerste dag se rondomtalie wedstryde.

Groep A

1 Nieu-Seeland
2 Samoa
3 Suid-Afrika
4 Zimbabwe 

Groepe B

1 Argentinië
2 Japan
3 Spanje
4 VSA

Groep C

1 Engeland
2 Fidji
3 Frankryk
4 Kenia 

Groep D

1 Australië
2 Kanada
3 Skotland
4 Wallis 

Rugby

  • SA Rugby het nege skeidsregters op hul Premiers-paneel aangewys vir 2019: Aimee Barrett-Theron, Stuart Berry, Quinton Immelman, AJ Jacobs, Cwengile Jadezweni, Jaco Peyper, Rasta Rasivhenge, Egon Seconds en Marius van der Westhuizen. 
  • Die Springbok-losvoorspeler, Arno Botha, is een van 12 spelers wat sy kontrak met die Ierse klub, Munster, verleng het. 

Krieket

  • Die derde en finale toets tussen Nieu-Seeland en Pakistan het gister in Abu Dhabi sy derde dag beleef.

Nieu-Seeland 274 en 26/2 (14 bb)
Pakistan 348

Nieu-Seeland is nog 48 lopies agter met agt paaltjies staande in hul tweede beurt.

  • Australië se onderkaptein Mitchell Marsh is weggelaat uit die span vir die eerste toets teen Indië wat vandag op die Adelaide Ovaal begin. Sy plek word ingeneem deur Peter Handscomb.
  • Twee wedstryd is gister in die Mzansi Superliga

Centurion: Tshwane Spartans klop die Paarl Rocks met vier paaltjies.

Durban: Die Durban Heat en Nelson Mandela Bay Giants het elk twee punte gekry nadat die wedstryd uitgereën het. Die span van Durban kan nou nie meer die uitspeelronde haal nie.

Op die jongste punteleer het die Giants nou opgeskuif na die tweede plek.

1 Cape Town Blitz 25
2 Nelson Mandela Bay Giants 21
3 Jozi Stars 20
4 Paarl Rocks 13
5 Tshwane Spartans 10
6 Durban Heat 6

  • Môre word daar twee wedstryde in die Mzansi Superliga afgehandel.

Durban: Durban Heat 14:00 Jozi Stars
Kaapstad: Cape Town Blitz 19:00 Paarl Rocks

Hokkie

  • By die mans se Wêreldbekertoernooi in Indië was daar gister twee wedstryde in Groep D gespeel.

Duitsland 4 – 1 Nederland
Maleisië 1 – 1 Pakistan

  • Vandag speel Spanje teen Nieu-Seeland en Argentinië teen Frankryk. 

Tennis

  • Serena Williams sal in Januarie poog om haar 24ste Grand Slam-titel in te palm wanneer sy in die Australiese Ope in aksie is. Onder die 102 vroue en 101 mans wat ingeskryf het, is Andy Murray wat herstel het van sy besering asook die verdedigende kampioen, Roger Federer. Dié toernooi word van 14 tot 27 Januarie in Melbourne gespeel. 

Olimpiese Spele

  • Die organiseringskomitee van die 2020 Tokio Olimpiese Spele het versoek dat verskeie items vroeër daagliks moet begin weens die versengende hitte in die somer. Die Spele word van 24 Julie tot 9 Augustus aangebied. 

Sokker

  • In die Engelse Premierliga is daar gisteraand ses wedstryde afgehandel.

Wolverhampton Wanderers 2 – 1 Chelsea
Fulham 1 – 1 Leicester City
Everton 1 – 1 Newcastle United
Burnley 1 – 3 Liverpool
Tottenham Hotspur 3 – 1 Southampton
Manchester United 2 – 2 Arsenal

  • In CAF se Kampioenliga speel Orlando Pirates vanaand teen Light Stars.
  • Die Telkom-uitdaging se eindstryd word Saterdag gespeel. Orlando Pirates en Baroka sal sake uitspook om die eerste plek wat spog met ʼn prysgeld van R4 miljoen. Die span wat verloor sal R1,5 miljoen in die sak steek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.