Vandag se sportnuus

Gholf

  • Die SA Ope-gholftoernooi het gister by die Randparkklub in Randburg begin. Daar is 240 spelers wat meeding wat 111 Suid-Afrikaners insluit. Die beste tellings is op die Bushwillow-baan aangeteken. Daar word ook op die Firethorn-baan gespeel.

1 Louis Oosthuizen -9 (ná ʼn ronde van 62)

2 Madalitso Muthiya -8

Kurt Kitayama -8

4 Zander Lombard -7

8 Ernie Els -5

   Branden Grace -5

17 Charl Schwartzel -4

Sewesrugby

  • Die Wêreldreeks se tweede toernooi word Saterdag en Sondag in Kaapstad afgehandel. Justin Geduld het van sy besering herstel wat die span van 12 onveranderd laat. Selvyn Davids is die plaasvervanger. Spel begin môre om 10:15 wanneer Skotland en Kanada mekaar pak.

Die Blitsbokke speel môre drie wedstryde in die groepfase.

Suid-Afrika 12:27 Samoa

Suid-Afrika 15:48 Zimbabwe

Suid-Afrika 19:56 Nieu-Seeland

Krieket

  • KSA het ʼn groep van 13 spelers bekend gemaak wat vir Suid-Afrika teen Pakistan in drie toetse gaan speel. Zubayr Hamza is ʼn nuweling terwyl Duanne Olivier die beseerde Lungi Ngidi vervang.

Die Protea-groep is: Faf du Plessis (kapt), Hashim Amla, Temba Bavuma, Theunis de Bruyn, Quinton de Kock, Dean Elgar, Zubayr Hamza, Keshav Maharaj, Aiden Markram, Duanne Olivier, Vernon Philander, Kagiso Rabada en Dale Steyn.

  • Die derde en finale toets tussen Nieu-Seeland en Pakistan het gister in Abu Dhabi sy vierde dag beleef.

Nieu-Seeland 274 en 272/4

Pakistan 348

Nieu-Seeland is 198 lopies voor met ses paaltjies staande in hul tweede beurt.

Yasir Shah het ʼn nuwe wêreldrekord daargestel deur 200 paaltjies in slegs 33 toetse te neem as draaibalbouler.

  • Dit is dag twee van die eerste toets tussen Australië en Indië wat op die Adelaide Ovaal gespeel word. Indië is vir 250 lopies in hul eerste beurt uitgehaal. Australië het ʼn rukkie gelede op 65/3 gestaan ná 32 boulbeurte.
  • Twee wedstryde word vandag in die Mzansi Superliga

Durban: Durban Heat 14:00 Jozi Stars

Kaapstad: Cape Town Blitz 19:00 Paarl Rocks

Op die jongste punteleer is die Cape Town Blitz steeds gemaklik voor.

1 Cape Town Blitz 25

2 Nelson Mandela Bay Giants 21

3 Jozi Stars 20

4 Paarl Rocks 13

5 Tshwane Spartans 10

6 Durban Heat 6

Hokkie

  • By die mans se Wêreldbekertoernooi in Indië is daar gister twee wedstryde in Groep A gespeel.

Spanje 2–2 Nieu-Seeland

Argentinië 3–5 Frankryk

  • Vandag speel Australië teen China en Ierland teen Engeland.
  • Suid-Afrika speel môre teen België in Groep C.

Sokker

  • In die Engelse Premierliga word daar môre agt wedstryde afgehandel.

Bournemouth 14:30 Liverpool

Manchester United 17:00 Fulham

West Ham United 17:00 Crystal Palace

Burnley 17:00 Brighton & Hove Albion

Cardiff City 17:00 Southampton

Arsenal 17:00 Huddersfield Town

Chelsea 19:30 Manchester City

Leicester City 21:45 Tottenham Hotspur

  • Die Telkom-uitdaging se eindstryd word môre gespeel. Orlando Pirates en Baroka sal sake uitspook om die eerste plek wat spog met ʼn prysgeld van R4 miljoen. Die span wat verloor, sal R1,5 miljoen in die sak steek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.