Vandag se sportnuus

Gholf

  • Die 108ste SA Ope-toernooi by die Randparkklub in Randburg is deur Suid-Afrika se voorste speler op die wêreldranglys, Louis Oosthuizen, gewen. Oosthuizen het rondes van 62, 70, 67 en 67 aangeteken om op -18 te eindig en met ses houe te seëvier.

Op die voorlopersbord was daar nege Suid-Afrikaners onder die top veertien spelers.

1 Louis Oosthuizen -18
2 Romain Langasque -12
3 Charl Schwartzel -10
Thomas Aiken -10
Oliver Wilson -10
Bryce Easton -10
7 Brandon Stone -9
Anthony Michael -9
Jbe’ Kruger -9
Branden Grace -9
Madalitso Muthiya -9
Haydn Porteous -9
Jeff Winther -9
Yikeun Chang -9

Onder die amateurs het Jovan Rebula (-6) die Freddie Tait troefee ingepalm.

Sewesrugby

  • Die Wêreldreeks se tweede toernooi is gister in Kaapstad afgehandel. Die Blitsbokke het in die groepfase met Samoa en Zimbabwe afgereken maar teen Nieu-Seeland vasgeval. In die kwarteind het ons vir Skotland geklop maar in die halfeind die knie gebuig teen Fidji.

Fidji is as kampioene gekroon nadat hulle die VSA met 29 – 15 in die eindstryd oorrompel het. Suid-Afrika het derde geëindig nadat hulle Nieu-Seeland met 10 – 5 geklop het.

Krieket

  • Die derde en finale toets tussen Nieu-Seeland en Pakistan het in Abu Dhabi ten einde geloop.

Nieu-Seeland 274 en 353/7 verklaar
Pakistan 348 en 156
Nieu-Seeland wen met 123 lopies.

  • Dit is dag vyf van die eerste toets tussen Australië en Indië wat op die Adelaide Ovaal gespeel word. Die Aussies jaag ʼn teiken van 323 om te wen.

Indië
250 en & 307
Australië
235 & 202/7 (89.1 bb, teiken 323)

Die Aussies benodig nog 121 lopies met net 3 paaltjies staande.

  • In Dhaka het Bangladesj die eerste eendagkragmeting teen die Windies met vyf paaltjies gewen.
  • Twee wedstryde is gister in die Mzansi Superliga

Josi Stars 170/6
Paarl Rocks 172/4 (19.3/20 bb, teiken was 171)
Rocks wen met 6 paaltjies met 3 balle oor.

In die ander wedstryd het die Durban Heat en Cape Town Blitz kragte gemeet.
Cape Town Blitz 161/6
Durban Heat 162/4 (19.3/20 bb, teiken was 162)
Durban Heat wen met 6 paaltjies.

Op die jongste punteleer is die Cape Town Blitz steeds gemaklik voor.
1 Cape Town Blitz 30
2 Jozi Stars 24
3 Nelson Mandela Bay Giants 21
4 Paarl Rocks 17
5 Tshwane Spartans 16
6 Durban Heat 10

Hokkie

  • By die mans se Wêreldbekertoernooi in Indië was daar gister twee wedstryde gespeel.

Maleisië 3 – 5 Duitsland
Nederland 5 – 1 Pakistan

  • Suid-Afrika het Saterdag teen België in Groep C gespeel en met 5 -1 pak gekry.

Vandag speel Engeland teen Nieu-Seeland en Frankryk teen Spanje.

Sokker

  • In die Engelse Premierliga

Newcastle United 1 – 2 Wolverhampton Wanderers

  • Die Telkom-uitdaging se eindstryd is Saterdag gespeel. Baroka is as kampioene gekroon na ʼn doeluitskietstryd.

Baroka FC (3) 2 – 2 (2) Orlando Pirates

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Hendrik UAE ·

Blitsbokke het wraggies pateties onbeholpe gelyk teen Fidji.Kan nie glo hulle speel so swak in vergelyking met verlede jaar nie.

Robbie Cameron ·

More my pale toe dateer vir die laaste week glad nie meer op nie hoekom nie?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.